Thursday 24 January 2013

WEBER-RESEPTE





Dries Von Weidtz
Hoe om jou Weber te gebruik
n Suksesvolle Weber braai hang af jou hitte !
Hoe lui die spreekwoord ? Goed begin is half gewin .
Maak seker die ventilasie gate aan die onderkant van jou Weber is oop.
Rede : Die kole moet n trek kry .
Kole : Gebruik die brikette (wat lyk soos n koekie seep) Nie die houtskool nie
Rede : Die houtskool is nie saamgepers nie en gaan nie lank genoek brand nie.


Aansteek: Gebruik eerder te veel as te min blits.
Rede : Niemand wil regtig blaas en hoes en proes om n vuur aan die gang te kry nie.
(Al laat dit jou voel soos Bear Grylls of Mcguyver)
Wag dat jou blits lekker brand voor jy jou brikette op gooi . Gebruik genoeg brikette
vir die tipe vleis wat jy wil gaarmaak . Ek pak altyd myne so 3lae elke kant.
+- 15 brikette elke kant . Nou wag jy totdat al jou brikette mooi wit warm is
(letterlik) As jy jou deksel toemaak voor al die kole aan die gloei is gaan hulle vrek.

Dit was nou op julle merke , gereed , en nou ......

Gaan : Nou plaas jy jou vleisie op die boonste rooster , in die middel van die 2 rye kole .
Nou is dit ook die perfekte tyd om jou skaafsels oor die kole te strooi as jy die vleis wil rook.(net so n handjievol op elke ry kole)
Sit die deksel op . Maak seker die ventilasie gate bo op die deksel is oop , anders gaan jou kole smoor.

Vir die gaarmaak van verkillende snitte vleis kan jy dieselfde kriteria as die vir die oonde gebruik bv. 1/2 uur per 500g en so aan.
Dit is nie nodig om jou skepping kort kort om te draai in n Weber nie.
Inteendeel hoe langer hy toe bly hoe beter hou hy die teperatuur konstant, net soos jou oond, hy vat net 2x langer om weer op temperatuur te kom.

Sit nou terug saam met jou gaste en ontspan totdat dit tyd is om jou skepping af te haal , te kerf , te bewonder en dan te smul (of verslind).http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/weber-resepte.html


  


Dries Von Weidtz
Weber resep 2
Skaap Rug op Weber.
Kry vir jou die Skaap se rugstring.
(Agterste deel maw saddle soos ingelse se )
Spessery na smaak .
Ek smeer dit goed in met worcestershire sous.
Sout en peper en kruie bv fyn roosmaryn.
Plaas op weber met vet kant na bo.
(net vir so n halfuur dan draai jy hom om.)
As hy gaar is en jy het nie n vleissaag om hom
tjoppies te saag nie , dan kan jy die rug biltonge so
uit sny. Of n ou wat vleis goed ken sal deur die litte kan sny .
Dit klink dalk na n vermorsing en tydrowend , maar om daai vleisie met been en al so in een stuk te braai is voorwaar iets om te proe.
Dit wys net weer hoekom kokke verkies om vleis met been dele in voor te bery . Dit gee beter smaak.
Daai vleis is so geurig ,, en so sag soos murg !!http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/weber-resepte.html



Dries Von Weidtz
Weber resep 1
Hoender stukke op Weber
Neem jou gunsteling hoender stukkies
Berei voor met speserye na smaak.
Draai toe in strokies bacon en steek vas met tandestokkies
Braai op weber tot gaar.
Smaak voortreflik !
NS. (Onthou om altyd in die middel van die weber jou items te plaas
dan is dit nie op die direkte hitte nie , en sal nie sommer brand nie
Bron onbekend.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/weber-resepte.html

No comments:

Post a Comment