Saturday 2 February 2013

SOUSE / SOUTE /RUBS





BRAAIVLEIS SOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/souse-soute-rubs.html
*eie resep Helena*

4E Botter
6E Bruin Suiker
1-1/2 t Sout
1K Tamatiesous
1/2K Asyn aangemaak met 4T Mosterd poeier.
1K Gekapte Uie
1+1/2 T Kerriepoeier
METODE:
Braai uie in Botter tot sag [moenie brand nie]
Voeg alles by en Prut vir so 5-8min.
Baie lekker sous en julle kan dit vries ook .
Maak dit baie by rest. vir braai gesellighede  Helena
Kruger*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


Helena Kruger
Jofranie se braaivleis sousresep

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/souse-soute-rubs.html
Jofranie Venter het hierdie resep by 'n vorige kerel se Ma, Tannie Dorah Vogel van Phalaborwa, gekry wie dit van ‘n sjef by die destydse Swazi Sun afgesmeek het. Jofranie sê hierdie braaisous is heerlik oor pap of met braaibroodjies en is gewoonlik ‘n treffer.
Braaivleis sousresep
Twee (2) groot uie, fyngekap
Een (1) pakkie knopiesampioene, opgesny
Een (1) pakkie (250 gram) opgesnyde gerookte spek
Twee (2) groot GROEN tamaties
Een (1) blikkie gerookte mossels
Kerriepoeier na smaak (verkieslik matig)
Sout en pepper
Aromat
Braai die uie in enige olie, maar verkieslik olyfolie met ‘n lepeltjie botter oor matige hitte.
Sodra die uie DEURGEBRAAI is, voeg nou die sampioene by en roer saam.
Sodra die sampioene DEURGEBRAAI is, voeg nou die stukkies spek by en roer.
Sodra die spek DEURGEBRAAI is, sny dan die GROEN tamaties op en voeg dit ook by. Dis belangrik dat die tamaties nie heeltemal groen moet wees nie maar beslis ook nie ryp nie.
Sodra die tamaties DEURGEBRAAI is, sny (breek) die mossels een vir een in die helfde op en voeg by die pruttende sous.
Voeg aan die einde al die olie in die mosselblikkie ook by die sous. (Die mossels moet eintlik halfpad wegkook)
Geur na smaak en voeg ‘n groot eetlepel kerriepoeier by.
Die kerrie moet verkieslik matig wees omdat die geur daarvan baie subtiel moet deurkom en nie die ander smake moet oorheers soos dikwels die geval is as kerrie te warm is nie.
Sodra die kerrie gaar is, is die sous gereed om voorgesit
Dankie "TOKS N TJOP" 8/11/11
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/souse-soute-rubs.html


Marinade/Bedruipsous

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/souse-soute-rubs.html150ml suurlemoensap
150ml lemoensap
150ml olyfolie
10 tot 15 knoffelhuisies, gekneus
vars kruie na smaak
Appel- en rysvulsel
5 appels, ontkern en in wiggies gesny
8 x 250ml rys, half gaar;
500ml sultanas oornag in port geweek
500ml droë perskes gesnipper
125ml vars gekapte pietersielie
sout en vars gemaalde swartpeper
knoffel, gekneus (opsioneel).
Meng bestanddele en vul holte van karkas. Werk holte toe en braai
stadig oor spit. Bedruip gereeld met marinade.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Carol van Heerden Vroue Beeld

TUISGEMAAKTE  BRAAISOUT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/souse-soute-rubs.html15ml knoffelpoeier
5ml droë basiliekruid
5ml droë marjolein
5ml droë tiemie
5ml droë pietersielie
5ml droë salie
5ml vars gemaalde swartpeper
2ml rooipeper.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Carol van Heerden
Vroue Beeld
Kruie- en oliebedruipsous
125ml olyfolie
15ml suurlemoensap
3 knoffelhuisies, gekneus
5ml vars gekapte roosmaryn
5ml vars gekapte marjolein
10ml vars gekapte pietersielie
Berei bedruipsous en hou gereed vir gebruik. Meng bestanddele en gebruik soos benodig.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/souse-soute-rubs.html


Carol van Heerden
Vroue Beeld
SOET BEDRUIPSOUS
Pynappelbedruipsous
*150ml droë wit wyn
50ml olyfolie
410g fyn pynappel (1 blik)
15ml sojasous
15ml suurlemoensap
50ml lemoensap
5ml mosterdpoeier
50ml heuning
25ml Worcestersous
2 knoffelhuisies, gekneus.
Meng al die bestanddele saam en bring tot kookpunt vir 3 min. Laat
vloeistof afkoel en gebruik as marinade en bedruipsous. Wenk: Onthou dat bedruipsous wat 'n soet bestanddeel bevat, maklik aanbrand.
Draai die vleis meer gereeld en bedruip nader aan die einde van die
gaarmaakproses.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/souse-soute-rubs.html


Engela Van Niekerk
ROMERIGE AVOKADO-EN-PESTO-SOUS
(Vrouekeur)
1 avokado
120g vars basiliekruidblare
250ml suurroom
sap van 'n halwe suurlemoensap
sout en swartpeper na smaak.
METODE: Verwerk die avokado, basiliekruid en suurroom in voedselverwerker tot glad. Voeg suurrlemoensap, sout en peper by. Skep in bakkie en verkoel tot gebruik.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/souse-soute-rubs.html



Engela Van Niekerk
AARBEIBLATJANG 
(Vrouekeur)
60ml rooiwynasyn
60ml balsemieke asyn
125ml bruinsuiker
250g aarbeie, in blokkies gesny.
METODE: Meng die 2 asyne en bruinsuiker in 'n kastrol. Roer oor lae hitte tot suiker opgelos is. Voeg die aarbeie by, kook vir 5 minute en laat afkoel.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/souse-soute-rubs.html


Christina Bosch
LEKKER CHAKALAKA SOUS
Probeer bietjie die vir n lekker sous oor jou pap, wat chalaka gooi dit in in pot, gooi n bietjie suiker by, prit dit n bietjie, gooi dan vars room by n kook dit bietjie op n lae hitte!
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/souse-soute-rubs.html

No comments:

Post a Comment