NOUGAT
(Gluten, koring en
melk vry)
Kry al die
bestandele en gereedskap gereed en voer of smeer die pan voordat jy die nougat
begin maak. Die maak van nougat is baie bevredigend, maar word nie vir
beginnerkokke aanbeveel nie.
2 x 250ml witsuiker
2 x 100ml vloeibare
glukose
2 x 125ml koue
water
3 eierwitte (groot
eiers- 75g)
5ml vanilla
150g neute gekap
100g kersies gekap
Ryspapier
Metode:
Plaas die suiker,
glukose en koue water in twee kastrolle. Verhit die inhoud van die een kastrol
terwyl oor lae hitte geroer word totdat die suiker opgelos is. Kook die suiker
mengsel. Sonder om te roer, totdat dit ‘n stywe bal vorm wanneer dit in koue water
getoets word.
Klits intussen die
eierwitte en sout styf, maar nie droog nie, met ‘n elektriese menger. Voeg die
warm stroop stadig by terwyl aanhoudend geklits word.
Terwyl hierdie
mengsel geklits word, word die inhoud van die 2de kastrol net soos die eerste
gekook. Klits die tweede hoeveelheid stroop ook by die eiermengsel soos reeds
beskryf.
Voeg die geursel,
neute en kersies by. Giet die mengsel in ‘n 320 x 230mm gesmeerde pan/ of met
ryspapier uitgevoer. Maak gelyk, plaas ryspapier bo-oor. Laat staan 1-2dae om
styf te word. Sny in staffies met skerp dunlemmes. * SA kookboek –http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/nougat.html
Hilda Lategang
No comments:
Post a Comment