KOESKOES GEVULDE PATATS
4 patats, gewas
olyfolie
KOESKOES
375 ml (1½ k) koeskoes
60 ml (¼ k) koljanderpesto
15 ml (1 e) olyfolie
2 wiele fetakaas, in blokkies
15 ml (1 e) suurlemoensap
sout en peper
Verhit die oond tot 180 °C.
Pak die patats op ’n bakplaat; besprinkel met die olie. Oondbraai 30-45
minute.
Sny die bokant van die patats af; hol effens uit.
Koeskoes
Maak dit gaar volgens die
aanwysings.
Meng die res van die bestanddele by; geur met die sout en peper.
Skep die koeskoes in die patats en sit voor saam met Griekse jogurt en
koljanderblare.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/03/koeskoes-gevulde-patats.html
No comments:
Post a Comment