Thursday 6 March 2014

PERSKEKERRIE





PERSEKERRIE
1 ½ k suiker  (375ml)
1 ½ eetlp maizena (18,7ml)
2 k wit asyn (500ml)
1 eetlp Kerrie (12,5ml)
1 eetlp borrie (12,5ml)
1tlp sout (5ml)
6 – 8 uie

Kook asyn, Kerrie, borrie, sout en uieringe saam tot uie sag is.
Voeg perskes met stroop en suiker by.
Laat net opborrel.
Verdik met maizena.
Wenk:
Wanneer opgedien word, kan piesang bygevoeg word.
Dieselfde resep, sonder die perskes, kan gebruik word om vis in te le.
Kotie Joubert         



 



KERRIE PERSKES MET PYNAPPEL
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/03/perskekerrie.html

Eie verwerking Helena*

3 Blikke Perskesnippers[410g]kerf hulle in stukkies[of n halwe A10 blik]gooi sousie af
1 blik A10 pynappelstukkies [gooi sousie af]
1 kg Gekerfde Uie
1t sout
2 k Asyn
3 k Suiker
2 t Kerrie
1t Borrie
2e Appelkooskonfyt
1 k Perskestroop
2k Pynappelstroop
1/4 k Sweet Chilli Sous
2 e Mielieblom [Maziena]
Kook jou sous eenkant klaar [asyn suiker kerrie appelkooskonfyt perskestroop pynappelstroop en borrie]

Voeg jou vrugte by en kook 10min tot goed deurgekook..[roer stadig vir brand]
Maak mielieblom aan met bietjie water en roer in
Kook 5min tot mooi blink en bottle warm *Helena Kruger*baie lekker>>Maart 2016


No comments:

Post a Comment