Friday 11 April 2014

CANNELLONI


CANNELLONI
Marlene Minderon
Braai uie mushrooms en garlic tot bruin.
Voeg dan maalvleis by en braai tit goudbruin en gaar.
Voeg spices by en so 2 eetlepels chutney en tamatiesous meng goed en sit die plaat af.
Laat afkoel.
Witsous:
1 lt melk met 1 eetlepel botter bring tot kookpunt.
Meng 3 hoogvol eetlepels koekmeel met so 3/4 koppie melk en een teelepel sout.
As melk tot kookpunt is meng meelmengsel in en meng goed sodat dit nie brand nie.
Voeg dan 1 eetlepel hoogvol smeerkaas en meng goed.
Sit plaat af en dan begin die gevul van die cannelloni.
Vat die vleismengsel as dit afgekoel is en stop die cannelloni buise vol.
As jy alles kla gevul het vat dan die witsous gooi in n bak en pak dan die cannelloni op die witsous.
Gooi dan die res van die witsous bo oor en gerasperde kaas.
Bak op 180 grade tot bruin en as jy n mes indruk moet cannelloni sag wees. 11/4/14 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/cannelloni.html


No comments:

Post a Comment