Saturday 26 January 2013

CURRY EGGS / KERRIE EIERS


                                                   Foto>Helena Kruger

KERRIE-EIERS INGELE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerrie-eiers-sampioene.html
Hierdie is n resep uit my Moeder se resepte boek van 1967!!
24 eiers [so n week oud]
6 uie fyn gekerf [med]
10ml kerriepoeier
1t borrie
1 lt. water
30ml suiker
25ml appelkooskonfyt
35ml asyn[bruin of wit]
25ml mielieblom[ maziena]
15ml blatjang
Knippie rooipeper
1t sout
n.s Ek sal so 20ml Sweet-Chilli sous byvoeg[Helena]
METODE:
Kook jou eiers hard en dop dit mooi af, plaas dit in n bak met n deksel op en maak gou jou sousie. Kook jou uie,kerrie,borrie en 500ml water tot jou uie sag is en die meeste van die water weggekook het. Meng nou die ander best. met die orige 500ml water en voeg dit by die uiemengsel en kook dit vir so 20min. Gooi jou warm sousmengsel oor jou eiers en laat dit afkoel. Plaas dit dan in die yskas met n deksel op.
BYSKRIF by die resepie !!!Dit is baie lekker ek maak dit baie!!
Dankie Mamma♥ Helena Kruger 19/7/10
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


 Hier is die boonste resep se foto deur *Lindi Claassens*gemaak*25/11/2014




                     


Helena Kruger
KERRIE-EIERS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerrie-eiers-sampioene.html
"in die kerrie -uie sous
En om dit KERRIE-EIERS" te maak Kom ons gebruik die lekker resep!!
Trudie Brand
Kerrie uie
4lb (ongeveer 1,8kg) uie gesnipper
3/4 bottel asyn
3k Suiker
3 e Kerrie
sout
Kook alles goed deur (die uie moenie pap gekook word nie) Verwyder van die stoof, laat afkoel en bottel (of Bottel warm en maak bietjie dik met mielieblom )
N.S DIT IS NIE EERS NODIG OM DIT DIKKER TE MAAK NIE VIR DIE EIERS[Kook die sous en pak eiers in bottel styf en gooi dan die sous oor] maar as jy wil kan jy!!9/11/11 Helena Kruger

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.

KERRIE EIERS 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerrie-eiers-sampioene.html
Maryna Coetzee
Ek maak sommer so n vinnige een, binne halfuur kan ek eet. Kook eiers en gooi na afgekoel in n pakkie Veda kerrie gort slaai by. Soms, as ek "moeite" wil doen, gooi ek geblikte perskes wat ek gesnipper het daarby. Dis nou hoe n enkel persoon dit maak na n lang dag se werk....lol!  9/11/11
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.


Marie Rheeder Troskie
Kerrie Eiers

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerrie-eiers-sampioene.html
Kook 6 eiers en dop af. Sny in lengte deur en hou eenkant. Maak sous: In kastrol, braai 2 groot uie, gekap, 1 geskilde, in blokkies gekapte aartappel, 2 t kerriepoeier en 2 E koekmeel. Roer by: 1 beef blokkie, opgelos in 350 ml kookwater en roer 1 E appelkooskonfyt by. Prut vir 20 minute op lae hitte. Roer af en toe. Voeg eiers versigtig by en kook deur. Skep op gaar rys of bedien op rooster brood.

radio namakwalan
d*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.



KERRIE EIERS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerrie-eiers-sampioene.html

Marcel Upfold
Jy kook die eiers en dop hulle af.
Dan maak jy 'n kerrie sous met gekapte uie en borrie en kerrie daarby sodat dit lekker dikkerig is. Sodra die sous amper reg is plaas jy die eiers daarby en laat dit net deurprut. Bedien dit op vars brood of rys of selfs kapok aartappels
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.

No comments:

Post a Comment