Saturday 26 January 2013

KOMKOMMER




KOMKOMMER EN UIE
Lizelle Lehman De Jager!!
4 groot uie in ringe gesny
1 groot engelse komkommer
kook 1 kop water, gooi uie en komkommer in en kook tot droog
voeg by:
1 kop asyn
1 kop suiker
2 eetl kerrie
2 tl mosterdpoeier
1 tl pietrsielie en tiemie (opsioneel)
Kook tot suiker opgelos,moenie droogkook nie, Meng 2 eetl mielieblom met 1 kop asyn en gooi by, kook tot verdik, bottel dadelik warm "Helena Kruger"
HEERLIK***2012
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
                       




En hier het ek die Boonste Resep gebruik maar dit bygevoeg**Groenbone**Appel**<Helena Kruger*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/komkommer.html

KERRIE-KOMKOMMERS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/komkommer.html

(Heerlik as n slaai by braaivleis of sommer so op brood)
1KG Engelse komkommers
500 g Uie, geskil
250 ml (1kop) Water
5 ml (1tl) sout
250 ml (1kop) Suiker
500 ml (2kop) Wit druiwe asyn
30 ml (2e) Kerriepoeier
10 ml (2tl) Mosterdpoeier
30 ml (2e) Mielieblom, aangemaak met ‘n bietjie koue water
METODE:
Sny die komkommers en uie in dun skywe en halveer. Bring die water tot kookpunt en kook die komkommer en uie dan 10 minute lank daarin. Voeg die sout en suiker by en verhit tot die suiker opgelos is. Voeg die res van die bestanddele by en kook goed deur tot die mengsel verdik.
Skep die warm mengsel in skoon gesteriliseerde flesse en bottel.
Lewer 1,75 liter.
Ek het dit self al gemaak en kan sê dat dit heerlik smaak.
Wenresepte Huisgenoot 16 Januarie 1997*
Maré Nieuwoudt*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*




KOMKOMMER IN KERRRIE SOUS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/komkommer.html

Theresa Pretorius

 (Baie lekker by soutkoekies of as bygerg by vleise)
2 groot komkommers –
Sny die komkommer in ringetjies en elke ringetjie dan in 4 (dws daar moet van 1 ringetjie – 4 blokkies le as jy dit klaar gesny het
1 tot 2 uie (gekap)
Growwe sout
Gooi bogenoemde in vergietes in lae – sit ietsie swaar op sodat die sout die ergste water uittrek – Laat staan so vir omtrent 1 uur.
 Maak intussen ‘n sous op die stoof:
 2 kop asyn (wit of bruin)
 1.5 kop bruin suiker
 1 eetl mosterdsaad
2 tl dille saad (opsioneel)
 2 tot 3 tl maizina
 2 tl Kerrie
1 tl borrie
1 tl mosterdpoeier
 Kook nou bogenoemde – dit moet kookpunt bereik
 Spoel jou komkommer mengsel af onder lopende water en druk ergste water af
Kap fyn – of ½ rooi greenpepper of so 5 tot 6 peppadews (mild of hot) opsioneel
 Gooi in kokende sous en kook so vir ongeveer 30 min oor lae hitte
 Bottel warm
Ek sit hierdie altyd by ‘n bordjie southappies of kaasbord.



KERRIE KOMKOMMERS 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/komkommer.html

1 Kg Engelse komkommers in dyn skywe
500 g uie in dun skywe
250 ml water
5 ml sout
250 ml suiker
500 ml wit asyn
30 ml kerriepoeier
10 ml mosterdpoeier
30 ml mielieblom, aangemaak met bietjie water.
METODE:
Bring die water tot kookpunt en kook die komkommmer en uie dan 10 minute lank daarin.
Voeg die sout en suiker by en los op.
Voeg die res van die bestandele by en kook goed deur tot die mengsel verdik.
Skep in skoon gesteriliseerde bottels en seel.
"Susan "28/4/11"Helena Kruger"
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



GEPIEKELDE KOMKOMMERS 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/komkommer.html

Los 700g sout in 5 liter water op. Plaas 3,5kg komkommers vir 4 dae in die pekel. Dreieer dit en laat die komkommers 3 dae lank in vars koue water le. Spoel hulle af en sny hulle oorlangs in repe op. Plaas die stukke In ;n kastrol, voeg 625ml asyn, 5ml aluin en 5 druiweblare by asook net genoeg koue water om die repe te bedek. Verhit die mengsel oor stadige hitte, maar moenie kook nie Laat dit 2 uur lank op die stadige hitte staan. Dreineer en plaas in groot erde bak. Vermeng 1.875liter wit asyn, 500g wit suiker of na smaak, 30g wonderpeperkorrels en 30 g pypkaneelstukke en verhit dit stadig tot kookpunt. Giet dit oor die komommers en laat oornag daarin marineer. Verhit die mengsel die volgende ogend tot warm – moenie kook nie – en laat dit weer oornag marineer. Skep die komkommers met ‘n gleuflepel uit en pak dit in flesse. Verhit die asynmengsel tot kookpunt, syg dit deur ‘n klam doek en vul die flesse tot oorlopens toe met die filtraat Verseel die flesse dadelik.
*Kook en Geniet*

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

VINNIGE KOMKOMMERSUURTJIES 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/komkommer.html

1.5 liter water
200ml wit asyn
70g sout
12,5ml wit suiker
7ml speseryemengsel vir suurtjies
Dille na smaak
12 gewone komkommers, elk ongeveer 10cm lank
METODE:
Vermeng al die bestandele buiten die komkommers in ‘n 5 liter houer met ‘n wye nek wat geskik is vir die maak van suurtjies. Plaas die komkommers in die mengsel en laat 24uur tot 48 uur by kamertemperatuur daarin marineer. Bewaar die suurtjies in die koelkas.
*Lekker vir later*

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



KOMKOMMER BLATJANG 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/komkommer.html

3 jong engelse komkommers
2 middelslag uie
500ml water
250ml wit asyn
15ml wit suiker
10ml sout
5 swart peperkorrels
2 lourierblare
METODE:
Sny die komkommers oorlangs in kwarte op en sny die kwarte in dun skyfies op. Hou eenkant. Skil en snipper die uie. Verhit dit saam met die res van die bestandele tot kookpunt en kook tot die uie sag is. Voeg die komkommers by, verhit die mengsel tot kookpunt en kook vir 4 min. Laat die blatjang afkoel voordat dit gebottel enverseel word.* Lekker vir later*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


BOERE-KOMKOMMER-PIEKELS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/komkommer.html

12 Boere-komkommers
1.25liter Warm water
500ml Asyn
15ml Sout
65ml Suiker
18 Peperkorrels
6 Lourierblare
10ml Speserye vir suurtjies
METODE:
Moenie die komkommers skil nie. Krap dit met 'n vurk. Sny in kwarte en dan weer in klein stukkies. Meng die res van die bestanddele in 'n diep kastrol en verhit. Voeg die komkommer stukke by wanneer die mengsel kook en bring weer tot kookpunt.[Vinnig] Verwyder die komkommer stukke met 'n gaatjieslepel en skep uit in in jou flesse. Gooi die vloeistof in die kastrol deur 'n sif. Skep 'n 1t van die gedreineerde speserye in elke fles. Maak jou flesse goed vol met die vloeistof. Verseël dadelik. Baie lekker!!!
Helena “Moeder se Resepte Boek’ 1971
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


GEPIEKELDE KOMKOMMERSLAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/komkommer.html

1 Engelse komkommer in dun skyfies gesny
2e Sout
1/2k Asyn
1 knoffelhuisie fyn gesny
1-2 e suiker
METODE:
Plaas jou gesnyde komkommers met die sout in lae in n bak en laat rus vir 30min. Spoel dit goed af en maak dit droog. Meng nou jou asyn/knoffel en suiker goed, en gooi oor jou komkommerskywe. Plaas in yskas oornag of vir n paar ure as jy haastig is. Dit hou baie goed in jou yskas vir+- so 4-5 dae en dan is dit baie lekker.
Bedien dit saam met kraakvars blaarslaai en koue gekookte eiers, met n bietjie slaaisous of olyfolie of van die marinade oor. Sprinkel gekapte grondbone of neute ook oor heerlik!!!
N.S. ek het al Peppedews ook saam met die komkommers gemarineer!!
Helena Kruger" 10/8/10
.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

1 comment:

  1. Ek het by 'n vroutjie hier op de Wildt die heerlikste komkommerskyfies gekoop- gepreserveer. Die sousie was suur maar die dunste dun skyfies was soet. Sooo heerlik. Maar die resep bly by haar familie. Het sak boerekomkommers in die yskas wat wag vir 'n resep...

    ReplyDelete