Thursday 24 January 2013

MOSSELS / MUSSELS



Helena Kruger
Mossel Chowder
500 g vars Mossels [ halwe skulpe]
250 ml Room
3e Koekmeel
1/2 koppie melk
1 tl swart peper
1 k Witwyn
1 e fyngekapte knoffel
Aromat en n bietjie vis speserye
Vars gekapte Pietersielie
Plaas alles behalwe die meel en die melk in 'n wok en laat dit stadig warm word. Sodra dit liggies kook verdik met meel en melk gemeng. Sit voor in 'n bakkie en bedien met lekker vars broodjies ....Helena http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html




DIEPGEBRAAIDE MOSSELS
Helena Kruger 
125 ml Broodkrummels
sout en gemaalde swartpeper
30 Mossels - gestoom en skulpe verwyder
1 eierwit, liggies geklits
olie vir diepbraai
Metode:
Meng broodkrummels, sout en swartpeper
Doop die mossels in eierwit en rol in broodkrummel mengsel totdat mossels heeltemal bedek is.
Verhit die olie oor matige hitte.
Diepbraai die mossels vinnig, vir ongeveer 1 minuut, of tot goudbruin
Sit voor met suurlemoenskywe lekker soetrissiesous en n brandsoutjie ‘Baie Lekker en vinnig  Helena 15/4/11
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html


Helena Kruger
Kruie Mossels
50 vars, swart mossels
15 ml botter
1 groot ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
30 ml grof gekapte pietersielie
5 ml gedroogde basiliekruid
5 ml gedroogde oreganum
250 ml witwyn
5 ml sout
vars gemaalde swartpeper na smaak
vars, gekapte pietersielie vir garnering
Week die mossels 30 minute lank in vars, koue water. Gooi mossels weg wat oop is. Skrop die skulpe skoon en trek die baard af. Verhit die botter en soteer die ui en knoffel daarin totdat dit deurskynend is. Voeg die pietersielie, basiliekruid, oreganum, wyn, sout en peper by en laat dit prut vir 4 minute lank. Voeg die skoongemaakte mossels by, bedek dit en laat dit nog 5 minute lank prut totdat die mossels oopgaan. Gooi mossels wat nie oopgaan nie, weg. Strooi die gekapte pietersielie oor en dien dit op.Kosmater http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html



Helena Kruger
Calamari en Mossels Gereg
300 g calamari - ringe
30 ml botter
300 g mossels
4 grasuie, gekap
skil van 1 suurlemoen en sap uitgedruk
15 ml sojasous
30 ml sweet chilli sous
20 ml sesamesaad [opt]
60 ml olyfolie
1 ml suiker
15 ml pietersielie, gekap
1. Soteer calamari vinnig in verhitte botter vir sowat 2 minute. Moenie te lank braai nie, anders word dit taai.
2. Plaas mossels in kokende water tot skulpe oopgaan. Dreineer en giet suurlemoensap en -skil bo-oor die gemengde mossels en calamari.
3. Laat afkoel, meng die oorblywende bestanddele en giet bo-oor die calamari en mossels. Marineer ten minste 2 uur lank en geur met sout en peper. Bedien op lekker vars blaarslaai en n heerlike broodjie daarby KOSMATER Helena
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html

Helena Kruger
SOUS VIR SLAKKE OF MOSSELS 
1 ui gekap,
1 bakkie vars sampioene,
vars knoffel na smaak,
1pakkie paste sous (kaas knoffel en sampioene,
1 pakkie (garlic and herb patato bake)
gerasperde cheddar kaas,
250 ml. room,
250 ml. water,
250 ml. melk.
peper en aromat.
Braai uie knoffel en gesnyde sampioene in botter, meng room, melk, water met pakkies souse.Voeg by sampioene, voeg slakke en kaas by, prut stadig vir 10 min. as sous te dik is, vedun met melk. Kan ook vir mossels gebruik word.Kosmater
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html





                                                           <Foto >Helena Kruger*
Helena Kruger
Ingelegde Mossels 
Bestandele as volg
375 ml olyfolie
250 ml witasyn
50 ml suiker
5 heel naeltjies
3 lourierblare
12 swart peperkorrels en
1 medium opgekapte ui
Kook saam vir 12-15 minute
Verwyder naeltjies en lourierblare
In aparte kastrol met 250 ml kokende water en 20 ml sout gooi jy 500gram mossels en kook vir 3 minute
Voeg dan die mengsel van die eerste kastrol by die kokende mossels en kook net deur.
Le in terwyl dit nog warm is en verseel.. *Anton Welman* Dankie. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html



Benhet Nieuwenhuis
Mosselsop Resep
Bestandele nodig vir resep.
Uie
Garlic
Mossels
Room
1 x Royco (Gourmet Soup) Seafood a la cream
1 x pakkie Dik Wit Uie Sop
Was Mossels in bak water – gooi suurlemoen sap ook oor.
Dreineer laat dit bietjie droog word – anders as jy dit by die uie en garlic gaan braai gaan dit te waterrig wees.
As dit is, is dit ook nie doodsake nie.
1. Braai uie en garlic met botter
2. Gooi Mossels by en braai vir so 5 min.
3. Gooi suurlemoen sap by – na smaak.
4. Meng die room en Royco Pakkie sop en dik wit uie sop saam.
5. Meng in by uie, garlic en Mossels sop te maak.
As die gekook vir jou te dik is – kan jy nog room of melk by gooi – hang af hoe jy van jou sop se dikte hou.
Jy kan sout en peper ook na smaak bysit as jy dink dis nodig.
Laat prit vir so halfuur of so – jy sal proei as dit reg is (na jou smaak.) Dankie Benhet
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html



Helena Kruger
Swart Mossels met Oosterse Rooi Kerriesous
15 ml grondboonolie
2 uie, fyn gekap
15 ml vars gemmer, fyn gerasper
15 ml gemaalde komyn
stewige mespunt kaneel
15 ml koljandersade
10 ml paprika
5 ml kerriepoeier
10 ml rooi kerriepasta (in flessies beskikbaar)
10 ml vissous
10 ml sojasous
50 ml tamatie pasta
2 blikkies klappermelk
250 ml vars room
10 ml bruinsuiker
40 swart Weskusmossels
250 ml visaftreksel (of groenteaftreksel)
Metode:
1. Soteer uie en gemmer tot sag.
2. Voeg droë speserye by en sweet vir 2 minute.
3. Voeg klappermelk, room, tamatiepasta, sojasous, vissous en suiker by. Roer tot dit begin kook en hou eenkant.
4. Stoom mossels in kokende visaftreksel tot die skulpe oopgaan. Gooi mossels weg wat nie oop gaan nie.
5. Voeg rooi kerriesous by en verhit deur.
Bedien in sopborde, gegarneer met vars koljanderblare en gerasperde suurlemoenskil. Sit voor met Franse baguette om die sous op te mop. "Roer"!!!8/12/10 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html




                                                              <Foto>Helena Kruger

J.P SE MOSSELSOP 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.htmlUi [gekap]
Mossels
1k room
1 pakkie Dik Wit Uie Sop
Pietersielie
Sout en peper na smaak
Was Mossels in bak water
Dreineer laat dit bietjie droog word
Braai uie in botter
Gooi Mossels by en braai vir so 5 min.
Meng die room en dik Wit uie sop saam.
Meng in by uie
Laar prut vir so 20-15min.
Voeg vars gekapte pietersielie by en as dit te dik is na smaak voeg nog room of n bietjie melk by
N.S 'Ma Helena" As jy hou van n Knoffel-Mosselsop voeg bietjie vars gekapte knoffel en n skeut Suurlemoensap by wanneer jy die uie braai!!!! 28/4/11 “Jan Piet Labuschagne”Dankie Boeta dit was Baie Lekker op so n koue aand




MOSSELS OOR DIE KOLE
Hier is ‘n baie lekker manier om mossels voor te sit, eintlik mak jy die mossels met verskillende bolae net oor die kole warm, gereed om van die rooster af te pik.  Maak mossels heel skoon deur ulle in vars water te week sodat die sand wat in die skulp sit ook kan uit. Maak die heel mossel gaar, of koop klaargaarmossels in halfskulpe.
MAAK DIE MOSSELS GAAR
2kg mossels baarde verwyder en skoongemaak
1 ui fyn gekap2 knoffelhuisies fyn gekap
30ml olyfolie
125ml witwyn of bier
Braai die uie en knoffel in ‘n groot,diep kastrol in die olie tot sag.  Gooi al die mossels in die kastrol en gooi die wyn by.  Sit die deksel op en laat die mossels vir 5-6 min stoom. Loer of al die mossels oopgegaan het, indien nie, stoom vir nog sowat 3min.  Gooi die mossels weg wat steeds toe is.  Breek die boonste skulpie af en pak die onderste skulpie met die mossel in op ‘n bord http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html

MAAK DIE BOLAAG
Mossels met geurige krummels
30ml olyfolie
1 brandrissie in die lengte gesny
6 knoffelhuisies heel
250 growwe broodkrummels
125ml parmesaan gerasper
Gerasperde skil van 1 suurlemoen
Sout
30ml botter gesmelt
30ml room
Verhit die olyfolie, brai die brandrissie en knoffel vir 2 min. Voeg die broodkrummels by en braai saam tot broodkrmmels goudbruin verkleur.  Skep uit op kombuispapier en dreineer.  Hou eenkant.  Roer die parmesaan en suurlemoenskil deur die afgekoelde krummels en geur na smaak.  Meng die botter en room en skep ‘n klein bietjie daarvan op die mossels  Strooi die broodkrummels oor en braai die mossels op die kole tot hulle deurwarm is.  Eet sommer van die kole af.  *Rooi Rose* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html

NOG ‘N BOLAAG
Spaanse Chorizo mossels
Die spaanse worsie is nogal aan die duur kant, en kan met enige ander worsie of bros gebraaide  spek vervang word.
30ml olyfolie
1 roi ui gekap
60ml sjerrie
15ml tamatiepasta
60ml vis of hoenderaftreksel
‘n paar takkies vars tiemie blaartjies afgestoop
125g choriza wors in blokkies gesny
Verhit die olie en braai die ui tot sag.  Voeg die sjerrie by en kook vir 1 min.  Voeg die tamatiepasta, aftreksel en tiemie by en prut vir 5min tot die vloeistof weg kook.  Voeg die worsies by. Skep die sous oor die mossels en braai oor die kole tot deurwarm. Eet sommer van die kole af.  *Rooi Rose* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html



Louise Groenewald
Ek sit sommer die artikel by soos ek dit in TygerBurger geplaas het.
Mossels in gerookte Paprikasous met witwyn
Ek glo die grootste aantrekkingskrag van enige restaurant is dat hulle ons met disse kan betower “wat ons nie by die huis kan maak nie”. Die feit dat jy bedien word en nie hoef skottelgoed te was nie dra natuurlik ook by tot die bederf. Ons glo egter steeds dat restaurantkos is beter, en ja, ook lekkerder as wat ons by die huis kan maak. Ek het dit ook geglo tot ‘n paar jaar gelede… Feit is ons leef in tye waar ons ons sente moet omdraai, dit blink vryf en dan weer terugsit in ons beursies tot môre toe!
So eet ek nie meer biefstuk in ‘n restaurant nie, want by my uitstekende slagter in Bellville en my braaikoningin vriendin kan geen restaurant kers vashou nie. Saam met my liplekker Madagaskar-groenpeperkorrelsous, ‘n tong-tintelende bottel Shiraz (sonder kurkfooi), beste diens en heuglike geselskap bly ek heerlik by die huis! En as daar nog ‘n piepklein gatjie oop is vir nagereg, ‘n happie Malvapoeding soos Ouma dit gemaak het. Die heel beste is egter dat jy laataand kan terugsluip kombuis toe vir nog ‘n porsie van alles as die kos eers afgesak het en jy hoef nie die papgedrukte braksakkie in die kar te gaan soek nie.
Ontdek hoe maklik dit is om seekos (my gunsteling) met groot sukses tuis te berei wat enige restaurant se seekosbord ewenaar. Met die kookklasse wat ek aanbied kom ek agter dat seekos dit is wat beginners die meeste vrees om voor te berei. En tog is dit die heel maklikste en vinnigste om te maak; kosmaak behels wel tegniek, maar deur dit gereeld te maak, te oefen en ‘n paar goue riglyne te volg, bly nog steeds die heel beste resep. Sit volgende keer as jy onthaal ‘n seekosfees voor. Koop gevriesde calamariringe of repies in krummels of beslag en diepbraai in warm olie (180 – 190 °C) vir nie langer as 3 minute nie. Dreineer op kombuispapier en bedien saam met tuisgemaakte Tartaresous, suurlemoenskyfies en gegeurde rys. Hiermee saam kan jy pangebraaide lynvis en steurgarnale met vars kruiebotter bedien en ook die gestoomde mossels in knoffelwitsous. ‘n Hemelse, vinnige en maklike ete om voor te berei teen ‘n kwart van enige restaurant se prys.
Hou reg die bakkies suurlemoenwater, natlappies en servette, hier kom ‘n blinkbek vingerlek eetfees!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html

Gestoomde Mossels in die skulp met knoffelwitsous
Moenie die gerookte Paprika uitlaat nie, dis die geheime bestandeel.
Mossels in die skulp soos nodig, indien bevrore, ontvries voor gebruik.
Stoom die mossels oor kokende water (gebruik ‘n metaal vergiettes of sif) vir ± 8 minutes. Verwyder van hitte.
Knoffelwitsous:
20 ml Botter
Twee huisies vars knoffel, fyngemaak
3 ml Gerookte Paprika (by Woolworths verkrygbaar)
Sout, Aromat en Witpeper na smaak
50 g Meel
500 ml Volroommelk
Gekapte pietersielie vir garnering
Smelt botter oor lae hitte en voeg knoffel en res van geurmiddels by. Wees versigtig dat die knoffel nie aanbrand nie. Gebruik ‘n draadklitser om die meel by te roer. Verhoog hitte en voeg melk bietjiesgewys by terwyl voortdurend geroer word tot sous verdik. Bedien die sous apart of plaas die mossels op ‘n mooi opdienbord en gooi die sous bo-oor. Garneer met gekapte pietersielie en fenneltakkies.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html



Carol Elliott Claassen
KRUIE-EN-KNOFFEL MOSSELPASTEI
75g botter 4 fyn knoffeltoontjies
25ml fyn, gemengde vars kruie
'n halwe suurlemoen se sap
250g gaar, gedopte mossels
100g blaardeeg (puff pastry)
1 geklopte eier
sout en swartpeper
'n Franse brood
Voorverhit jou oond tot 200C. Plaas die botter, knoffel, kruie en suurlemoensap in 'n voedselverwerker. Geur met die sout en peper en woer die lot vir tien sekondes. Skraap teen die kante af en woer weer vir tien sekondes of tot als lekker glad is. Verdeel die mossels in vier oondvaste bakkies (ramekins) en lepel die bottermengsel daaroor. Rol die deeg mooi dun uit en sny in sirkels so groot soos die bakkies. Verf die lippe van elke bakkie met 'n bietjie eier en druk die deeg daarop vas. Sny 'n luggaatjie in die middel, versier alles met patrone gesny uit die afvaldeeg, en verf met die res van die eier. Bak tien tot vyftien minute lank tot die kors goudbruin gerys het
 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html



Sanchen Grobler
MOSSELS IN WITWYN
1, 75 kg mossels, skoongemaak 125 ml room
2 knoffelhuisies, gekap 30 ml pietersielie gekap
2 middelslag-uie, gekap knippie saffraan
30 g botter vars brood vir opdiening
Kruiebossie bestaande uit pietersielie, tiemie en lourierblaar
100 ml droë witwyn
Roerbraai die knoffel en ui in die botter (In 'n groot pot waarin mossels sal pas). Voeg kruiebossies by en gooi daarna die mossels en wyn by. Verhoog die hitte en plaas die deksel op die pot sodat die mossels sowat 3 - 4 minute in hul eie sap kan stoom tot almal oopgegaan het. Skud pan so elke dan en wan goed. Verwyder kruiebossie en die mossels wat nie wil oopgaan nie en voeg room, ekstra pietersielie en saffraan by. Laat mossels opkook, skep uit in bakkies, sit voor met brood/ bykos keuse. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html


HONEY MUSTARD BASIL MUSSELS  
Cooks.com
2 lb. frozen mussel meats
1 c. sour cream
1/3 c. honey-cup mustard
1 tbsp. fresh basil, chopped
1 sm. shallot, chopped
Gourmet crackers (approximately 100)
Allow frozen mussel meats to thaw for about 30 minutes. Meanwhile, combine sour cream, honey-cup mustard, basil, and shallot in a small bowl and blend well. Refrigerate.
Each hors d'oeuvre requires 1 cracker, 1 mussel meat and 1 teaspoon of sauce. Place 1/2 teaspoon of sauce on cracker, then place mussel meat on that sauce and cover meat with the other 1/2 teaspoon of sauce. Garnish with tiny piece of red pepper or sprig of parsley. Makes a wonderful appetizer. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html


MUSSELS GENEVIEVE  
Cooks.com
1 lb. frozen mussel meats
2 tbsp. butter
4 spring onions, chopped
2 garlic cloves, minced well
6 plum tomatoes, peeled and chopped
2 oz. tomato sauce
1/2 tsp. oregano
2 c. fresh spinach, clean and chopped
1 c. mushrooms, sliced
1/2 c. artichoke hearts, quartered
3/4 c. heavy cream
3 c. cooked fettucini noodles
In a large skillet over a low heat, melt butter and add in spring onions and garlic, heat for 3 minutes. Add in plum tomatoes, tomato sauce, oregano, spinach, artichoke hearts and mushrooms. Simmer for 5 minutes. Stir in heavy cream and, when well blended, add the mussel meats and continue to cook for an additional 5 minutes. Serve over fettucini noodles, with fresh Parmesan cheese on the side along with hot bread and butter
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html


MUSSELS JAMBALAYA  
Cooks.com.
1 lb. frozen mussel meats
1/4 lb. bacon, cut into 1-inch strips
2 onions, minced
2 green peppers, cut into strips
1 (14 1/2 oz.) can chicken broth
1 c. uncooked rice
16 oz. can chopped tomatoes
1/2 lb. smoked ham, cut into bite-size pieces
1 tsp. minced garlic
1 tsp. salt and pepper to taste
1 tsp. thyme
Preheat oven to 350 degrees. In a medium skillet, saute bacon until brown but not crisp. Remove bacon from skillet and set aside. Saute onions in the bacon drippings until soft. Add green pepper and stir about 4 minutes. Add 2/3 of chicken broth and all the rice, cook for 5 minutes. Stir in the remaining chicken broth, tomatoes, ham, bacon, garlic, salt, pepper and thyme.
Pour mixture into a large casserole dish. Bake at 350 degrees for 40-50 minutes or until rice is tender. Add mussels, stirring them in so they are all covered. Cook for an additional 10-15 minutes. Serve immediately. Garnish with lemon. Serves 6-8.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html


MUSSELS MARSALA  
Cooks.com
2 lb. frozen mussel meats
2 tbsp. butter


1 sm. shallot, chopped
1 c. mushrooms, sliced thin
1/2 c. marsala wine
1/4 c. heavy cream
1 c. fresh spinach, chopped (clean and dry)
3 c. cooked rice
In a large skillet, heat the butter and shallots until transparent. Add the mushrooms and cook for an additional 2 minutes. Stir in marsala wine, heavy cream and spinach, stirring constantly until mixed well. On low heat, simmer for an additional 2 minutes. Serve over rice and garnish with orange slices and a few strawberry. Serves 6.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html



Jan Kaalvoet Kotze
TRY DIE EEN: MUSSELS IN WINE
1 lb. mussels (de-beard if necessary and keep refrigerated until use)
5 shallots, sliced (or 1/2 large onion, sliced thin)
2 large cloves garlic, minced
1 handful of fresh thyme on stem
1 1/2 cups white wine
1/4 cup cream
4 Tbsps. butter
1 Tbsp. extra virgin olive oil
kosher salt and pepper
1) De-beard the mussels if necessary and keep them cold until ready to use. If any of them are open they might well be dead. If they are only slightly open, rap them on the side of a bowl or the counter. If they close up again, they're edible, if not, they are DEAD. If they are dead prior to cooking, do NOT eat. Dispose of immediately or pay consequences.
2) In a large, heavy-bottomed pot with a lid, heat the olive oil and melt the butter. Sautee the shallots and/or onions until translucent, then add the garlic, sautee for a couple minutes more, then add the wine and the thyme, stirring everything around.
3) Once the wine is bubbling, add the mussels. Put the lid on, and shake the pot a bit to coat them. Let stand for 5-7 minutes. By this time the mussels should have opened up. Those that haven't, you should discard. Add the cream, a bit of salt and pepper, and stir everything.
4) Add some cooked, fresh linguini to a bowl (this is optional) spoon several mussels over the top, then ladle a generous amount of the delciously fragrant sauce over it all. Mop sauce up with crusty bread.
1 sm. shallot, chopped
1 c. mushrooms, sliced thin
1/2 c. marsala wine
1/4 c. heavy cream
1 c. fresh spinach, chopped (clean and dry)
3 c. cooked rice
In a large skillet, heat the butter and shallots until transparent. Add the mushrooms and cook for an additional 2 minutes. Stir in marsala wine, heavy cream and spinach, stirring constantly until mixed well. On low heat, simmer for an additional 2 minutes. Serve over rice and garnish with orange slices and a few strawberry. Serves 6.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html



Helena Kruger
Kammossels met Broccoli-skuim
18 kammossels sonder skulp, liggies in botter gesoteer [scallops]
Vir die broccoli-skuim
1 middelslag-broccoli sout en peper na smaak
125 ml witwyn
45 g botter
125 ml dik room
25 ml vars kruisement, gekap
2 ml vars gerasperde neutmuskaat
1. Blansjeer die broccoli 1 minuut in kokende water en koel af in yswater.
2. Plaas die witwyn in 'n pan en kook tot 75 ml .
Voeg die room by en kook weer die helfte af.
Geur dit met neutmuskaat, sout en peper.
3. Net voor opdiening:
Verhit die roommengsel en voeg die broccoli, botter en vars kruisement by.
Klits met 'n handversapper tot lig en skuimerig en sit voor met gesoteerde kammossels. Beeld*2/6/12 Helena Chilli Kruger
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html



MOSSELS IN BIER-ROOMSOUS
Herman Lensing – Sarie Kosredakteur
Die bier gee die mossels ‘n onbeskryfike smaak!!!!
45ml olyfolie
1 ui gekap
4 knoffelhuisies fyn gekap
250g spek grof gekap
340ml lager-bier
250ml room
Sout
Varsgemaalde swartpeper
1kg mossels skoongemaak
Verhit die olyfolie in ‘n middelslag-pot. Voeg die ui, knoffel en spek by en braai vir 5-8 min of tot dit begin verbruin.
Voeg die bier by en laat die helfte wegkook. Voeg die room by en laat prut vir nog 5 min. Geur goed met sout en swartpeper.
Sit die mossels in die pot en sit die deksel op. Laat stoom vir drie tot vyf min. of tot die doppe oopgaan.
Gooi die mossels weg wat nie oopgegaan het nie. Sit dadelik voor.  11/6/12 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html



                                
FOTO GELEEN



MUSSELS IN GARLIC   BY  James Porterson
500g      MARVELLO MEDIUM FAT
500ml    CREAM
20g       CAKE FLOUR
30g       FISH SPICE
100g      CRUSHED GARLIC
62.5ml    TRU-LEM JUICE
1Kg     MUSSELS
METHOD:
•           Melt Marvello, add Flour and fish spice, form a basic white sauce.  Cook for two minutes.
•           Add the garlic and mix well.
•           Add the tru-lem and then slowly add the cream, mixing till a good consistency.
•           Place in Bain Marie, and then add mussels.
           Or heat mussels in hot water, drain and poar mussel sauce over  
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html 

No comments:

Post a Comment