Friday 1 February 2013

ALGEMEEN / PASTEI /POTJIE GEREGTE


                                                              Foto>Helena Kruger

SOETRISSIE – HAPPIE
1-2 Groen Soetrissie in kwarte gesny [jy kan helfte rooi ook gebruik]
Maalvleis +-2k vol
1 Knoffelhuisie fyngekap
1/2t gerasperde vars gemmer
2e gekapte groen ui [of wit]
Paar druppels Sesame olie
1t Soya sous [of sout na smaak]
Vars gemaalde swartpeper
1t Mielieblom
DEGIE:
3 e Bruismeel
+- 1/4k Water
DIP SOUSIE:
Soya gemeng met enige Chillie-sousie in
Meng jou maalvleis met jou ander bestandele
Vul elke holte van jou soetrissie skywe lekker skryf
Maak jou deeg [amper soos n pannekoek deegie nie te styf ook nie te loperig nie]
Verwarm olie in jou pan en dip elke skyf nou in die deeg en plaas dit met die vleiskant in die olie
Braai vir om en by 7min. en draai versigtig om en braai jou anderkant en sykante [sorg net dat jou vleisie gaar is
Skep uit op handoekpapier en maak jou dipsousie.
Sny middeldeur en bedien as n lekker Happie.
N.S..ek sal volgende keer n stukkie chilli en stukkie seldery ook inkap saam met my maalvleis.**.Helena Chilli Kruger **25/4/12
— at Die Grasdak Bultfontein http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemeen-pastei-potjie-geregte.html


 NADIEN ELLIS
VLEISBROODJIE
Hierdie is vleisbroodjie resep van my ma – sy is so 4 jaar gelede aan kanker oorlede en elke keer wat ek dit maak verlang ek my dood na haar. Sy was regte ou voorslag op Clanwilliam waar hulle elke jaar busse vol blomkykers kosgegee het en daar is menig mens die Namakwaland in met Ouma Elsa se Vleisbroodjie resep. Die kinders kannie wag vir die left overs wat ek die volgende dag op hulle skoolbroodjies sit nie….lol
Ouma Elsa se vleisbroodjie:
Pak onder in broodpannetjie:
Blikkie pynapelstukke
Strooi so 40 ml bruinsuiker oor
Strooi 5 ml kerriepoeier oor
Skud so 15ml worcestersous oor
Meng:
Ongeveer 600ml maalvleis
1 koppie Oats
1 eier
1 blikkie kondensmelk
2 eetlepels fyngekapte uie
10ml sout
2ml peper
5ml mostertpoeier
(klein bietjie kerriepoeier en borrie as jy lus het vir meer Kerrie-smaak broodjie)
Druk die maalvleismengsel vas in pan bo-op die pynapperstukke
Bak vir uur by 180 grade celcius
Laat staan klein tydjie en dop uit – pynappelstukke le nou bo-op. Sny in skywe en bedien.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemeen-pastei-potjie-geregte.html


Marlé Buysse
Herderspastei met botterskorsiebolaag
Spogresepte se resep
6 porsies
Bestanddele:
10 ml (2 t) olyfolie
750 g maer maalvleis
1 ui, gekap
15 ml (1 e) koekmeel
5 ml (1 t) Worcestersous
45 ml (3 e) tamatiepasta
250 ml (1 k) vleisaftreksel
30 ml (2 e) gedroogte gemengde kruie
200 g bevrore groente, bv. ertjies, boontjies, wortels en mielies
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
500 g botterskorsie of pampoen, geskil en in blokkies gesny
30 ml (2 e) botter
Gemaalde neutmuskaat
Metode:
1. Verhit die olie in groot kastrol en verbruin die vleis in twee sarsies.
2. Soteer die uie en skep die vleis terug in die kastrol.
3. Roer die meel, Worcestersous, tamatiepasta, aftreksel en kruie by en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut 30 minute of tot die vleis gaar is.
4. Roer die groente by en geur na smaak.
5. Voorverhit die oond tot 180?C.
6. Kook intussen die aartappels en botterskorsie of pampoen in ? bietjie water tot gaar. Dreineer die vloeistof en druk die groente fyn om soos kapokaartappels te lyk. Roer die helfte van die botter by en geur na smaak.
7. Skep die vleis in oondbak en versprei die kapokmengsel egalig bo-oor. Stip dit met die orige botter, strooi die neutmuskaat oor en bak dit 30-40 minute of tot goudbruin.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemeen-pastei-potjie-geregte.html


Marietjie Schoeman
Koolgereg
My favourite! Klein kool opgesny en saggekook in sout water (nie te pap nie). Gerasperde kaas (sommer baie) Maalvleis en uie gebraai in botter tot gaar (gegeur met sout en peper en enige speserye van jou smaak) Lekker groot pot vol witsous (nie te dik nie).
Metode:
Pak in lae in jou oondpan, eers die maalvleis dan kool dan witsous en gerasperde kaas bo-oor! Bak in die oond by 180 grade vir minstens 30 minute! Dit is heerlik, dit is n maaltyd op sy eie!http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemeen-pastei-potjie-geregte.html



Rene Truter Wessels
Samp Bobotie
2 medium onions, chopped
1 medium apple, chopped
15 ml (1 tbsp) oil
250 ml (1 cup) / 230 g lean mince, cooked
500 ml (2 cups) samp, cooked
50 ml sultanas / raisins
5 ml (1 tsp) salt
pinch of pepper
15 ml (1 tbsp) sugar
50 ml (1/5cup) vinegar
20 ml (4 tsp) curry powder
1 bay leaf
1 egg
125 ml (1/2 cup) low fat milk
Method
1. Preheat oven to 180o C.
2. Heat the oil in a pan or spray a little oil spray in a pan and
sauté the onion and apple until translucent.
3. Mix all the remaining ingredients in a separate bowl except the
egg and milk.
4. Spray an ovenproof dish with oil spray or grease the ovenproof
dish with a small amount of oil using a paper serviette / towel.
5. Transfer the meat mixture to the ovenproof dish.
Stick the bay leaf into the mixture. Bake for 20 minutes.
6. Beat the egg and add the milk. Pour this mixture over the
meat and bake for another 5 minutes until milk mixture is
cooked.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemeen-pastei-potjie-geregte.html



Vanessa Fourie Willemse
Skerp herderspastei met patatbolaag
Deur Huisgenoot
PATATBOLAAG
1 kg patat, geskil en in stukke gesny
180 ml (¾ k) lemoensap
30 ml (2 e) botter
hand vol koljanderblare, gekap (opsioneel)
seesout en gemaalde swart-
peper
MAALVLEIS
45 ml (3 e) olie
2 uie, gekap
seesout
2 knoffelhuisies, fyn gepers
gemaalde swartpeper
1 kg beesmaalvleis
2 vars brandrissies, gekap
15 ml (1 e) gemaalde koljander
15 ml (1 e) gemaalde komyn
15-30 ml (1-2 e) brandrissiepoeier
5 ml (1 t) gedroogde origanum
60 ml (¼ k) pietersielie, gekap
2 blikke (400 g elk) heel tamaties
30 ml (2 e) tamatiepasta
stukkies botter, vir bak
PATATBOLAAG
Laat prut die patat 20 minute in soutwater of tot baie sag. Dreineer (hou die water), maar sit die patat terug in die warm kastrol. Bedek en laat ’n paar minute staan. Meng die lemoensap
en botter geleidelik by die fyn
patat in. Indien nodig, voeg van die gedreineerde water by. Roer die koljander in (indien gebruik) en geur na smaak met sout en peper.
MAALVLEIS
Verhit die olie in ’n kastrol of pan. Voeg die ui en ’n knippie sout by en soteer liggies tot sag. Roer die knoffel in. Verhoog die hitte en roer die maalvleis by tot dit verkleur. Roer die brandrissies, speserye en kruie en ’n bietjie peper by.
Maak die tamaties fyn en voeg dit saam met van die sap uit die blikke by. Roer die tamatiepasta in. Bedek, verlaag die hitte en laat minstens ’n uur liggies prut tot baie sag en geurig – roer af en toe.
Voorverhit die oond tot 200 °C. Keer die vleis in een groot of 6 klein, gesmeerde oondbakke uit. Bedek met fyn patat, stip met botter en bak sowat ’n halfuur of tot dit ’n mooi kleur het.
Sit voor met brandrissie-konfyt en ’n sterk brandrissiesous en rys http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemeen-pastei-potjie-geregte.html


Maalvleisbroodjie met sampioen, feta en spek
Vrouekeur
6 porsies
bietjie olie
250 g (1 pakkie) spek, gekap
1 ui, fyn gekap
250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
750 g maer beesmaalvleis
1 eier
75 ml (5 e) ingedampte melk
1 skyf fetakaas, gekrummel
187 ml (¾ k) vars broodkrummels
2,5 ml (½ t) sout
knypie droë gemengde kruie
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
Stel oond op 180 °C.
1. Verhit olie en soteer spek. Skep uit en hou een¬kant.
2. Soteer ui en sampioene in dieselfde pan tot net sag.
3. Meng maalvleis, eier, melk, feta, krummels, sout en kruie. Voeg uimengsel by. Roer helfte van gebraai¬de spek by.
4. Vorm broodjie en plaas in geskikte broodpan¬netjie.
5. Bak vir 1 uur. Dreineer vet.
6. Sprinkel kaas en oorblywende spek bo-oor. Plaas weer terug in oond vir 8 min. Bedien in skyfies.*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemeen-pastei-potjie-geregte.html


Adriana Kutcher
Maalvleisbroodjie
Rina Shorty
500g maalvleis met ui, oats ,bietjie melk, worcestersous, pietersielie, vars tiemie, sout en swartgemaalde peper gemeng en plat gedruk op clingwrap. Mushrooms en kaas oor gestrooi. Op gerol en naat onder in gesmeerde bak. 1 uur toe gebak met foil oor. Sous af gegooi en verdik met bietjie bisto en maizena. Wellington se sweet en sour oor rol gesmeer en rukkie gegril.
Genoeg vir 4 persone.
Maak toebroodjies vandag met res.
Gebruik jul gunsteling frikkadel mengsel en sit verskillende vulsels in.
Bacon, spinasie, feta of kerrie met piesangs of wortels en murgpampoentjies.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemeen-pastei-potjie-geregte.html


Ade le
VLEISBROODJIE MET PIESANG
(Resep: Vleisraad) (Lewer 6 porsies)
2 snye witbrood;
100ml melk;
750g gemaalde beesvleis;
250g gemaalde maer varkvleis;
3 piesangs;
1 middelslag ui, gerasper;
20ml aangemaakte mosterd;
10ml sout;
varsgemaalde swartpeper;
250g swoerdlose streepspekvleis;
3 eiers, hardgekook en afgedop.
Week brood in melk, druk uit en voeg brood by maalvleis. Meng goed met 'n vurk. Skil piesangs en druk fyn. Voeg piesangs, uie, mosterd, sout en peper by vleismengsel. Meng goed met 'n vurk. Smeer 'n brood- of tertpan goed uit. Voer pannetjie met repe spekvleis uit. Skep helfte van vleismengsel in broodpannetjie. Rangskik hardgekookte eiers in 'n ry in die middel af. Skep die orige vleismengsel bo-op en bak in 'n voorverhitte oond van 160C 1 uur of totdat die maalvleis gaar is. Laat 10 min. in lou-oond rus en keer dan uit op 'n vleisbord.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemeen-pastei-potjie-geregte.html


Ade le
VLEIS-EN-GROENTE PASTEITJIES
(Resep: Vleisraad) (Lewer 15 pasteie)
Vleisvulsel
10ml sonneblomolie;
1 klein ui, gekap;
500g gemaalde beesvleis;
75ml koekmeelblom;
15ml gekapte, gemengde vars kruie of 5ml droë gemengde kruie;
5ml sout;
varsgemaalde swartpeper;
1 geelwortel, in blokkies gesny;
1 murgpampoentjie, in skywe gesny;
100g groenboontjies, in 10mm-stukke gesny;
125ml vleisaftreksel (1/4 blokkie biefekstrak opgelos in 125ml kookwater).
Deeg
400g (1 pak) klaarbereide skilferdeeg, ontdooi;
1 eier, geklits.
Verhit olie in swaarboomkastrol. Soteer uie tot sag en deurskynend. Voeg vleis by en braai tot dit verkleur. Voeg koekmeelblom by. Voeg kruie, sout, peper, wortel, murgpampoentjies, groenbone en vleisaftreksel by en prut 20 min. met die deksel op. Voeg nog aftreksel by indien nodig. Laat toe om af te koel. Deeg: Rol dun uit. Sny sirkels van 10cm in deursnee. Skep lepelsvol van vleis op een helfte van die sirkel. Bestryk rand van deeg met geklitste eier. Vou ander helfte van sirkel oor vleis om 'n halfmaan te vorm. Druk rante goed vas en bestryk die pasteie met geklitste
eier. Bak 2030 min. of tot goudbruin in 'n voorverhitte oond van 200C. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemeen-pastei-potjie-geregte.html


Maalvleispasteie
Huisgenoot*
Genoeg vir 4 porsies
20 ml (4 t) olyfolie
1 prei, gekap
2 wortels, geskil en gerasper
1 ui, gekap
3 murgpampoentjies, opgesny
2 knoffelhuisies, fyn gekap
500 g maalvleis
75 g lewersmeer
sout en peper na smaak
10 ml (2 t) suurlemoensap
5 ml (3 e) vars pietersielie, gekap
500 g botter-skilferkorsdeeg
30 ml (2 e) melk
1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
2. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en spuit met kossproei.
3. Verhit die olie in ’n pan en braai die prei, wortels, ui, murgpampoentjies en knoffel saam tot amper gaar.
4. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar.
5. Voeg dan die lewersmeer by en roer deur. Geur met sout en peper na smaak.
6. Roer die suurlemoensap deur en laat prut die maalvleismengsel 5 minute.
7. Voeg die pietersielie by en laat die mengsel effens afkoel.
8. Rol die skilferkorsdeeg uit op ’n oppervlak wat met meel besprinkel is. Verdeel die deeg in 4 gelyke blokke.
9. Plaas die maalvleismengsel op die onderste helfte van elke blok deeg. Verf die kante van die deeg liggies met melk.
10. Vou dan die boonste helfte van die deeg oor die onderste helfte met die vulsel in.
11. Druk liggies met ’n vurk op die kante van die pasteie om dit te seël.
12. Plaas die pasteie op die voorbereide bakplaat en verf weer liggies bo-oor met melk.
13. Plaas in die oond en bak ongeveer 15-20 minute of tot goudbruin en gaar.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemeen-pastei-potjie-geregte.html


Maalvleispasteie
ARINA DU PLESSIS
•  500 g maer beesmaalvleis
•  2 uie, fyn gekap
•  2 knoffelhuisies, fyn gedruk
•  30 ml olie
•  45 ml worcestersous
•  60 ml tamatiepasta
•  Sout, peper en suiker na smaak
•  10 ml vars tiemie, gekap
•  5 ml vars orego, gekap
•  1 blik (410 g) gekapte tamaties
•  400 g skilferkors- of brosdeeg
•  1 eier, geklits
•  20 ml melk
Braai die maalvleis, uie en knoffel in die olie tot bruin. Voeg die worcestersous en tamatiepasta by en braai vir nog 'n paar minute. Geur na smaak met sout, peper en suiker. Voeg die kruie en tamatie by en laat prut onbedek tot die vleissous geurig en dik is. Verwyder van die hitte en laat afkoel. Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer 6 pasteibakkies (dit kan wissel na gelang van die grootte) of 'n tertbord van 22 cm. Rol die deeg ongeveer 3 mm dun uit op 'n meelbestrooide oppervlak en voer die bakkies of bord daarmee uit. Blindbak vir 10 minute (sien aantekeninge hieronder). Skep die vleisvulsel in, druk vorms uit die orige deeg en sit op die vleis. Verf met 'n mengsel van geklitste eier en melk. Verlaag die oondtemperatuur tot 180 °C. Bak vir 15 minute tot goudbruin en gaar. Sit voor met skyfies of aartappelwiggies en slaai.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemeen-pastei-potjie-geregte.html

Lewer ses pasteie.
WENK: Gaar oorskietmaalvleis is ideaal om pasteie mee te maak aangesien min vulsel nodig is. Jy kan, in plaas van skilferkors, ook filo- of broskorsdeeg hiervoor gebruik.
Hoe om blind te bak

Voer die pasteibak uit met die deeg. Prik die bodem met 'n vurk en voer uit met 'n vel bakpapier (gevul met rys of droë bone) of met bolle gefrommelde foelie. Bak vir die aanbevole tyd by 200 °C. Verwyder die papier (en rys of bone) of foelie.

MAALVLEIS PASTEI MET RYSKORS 
Gabriel Kolbe
1 dik sny brood, korsies verwyder
 bietjie melk
sout en peper na smaak
5ml koljander
37,5ml asyn
500g maalvleis
1 tamatie
3 repies spekvleis
50ml gerasperde kaas
 Week brood, in ‘n bietjie melk, druk uit en krummel. Voeg geurmiddels by maalvleis. Voeg brood by en meng. Skil tamatie, kap in blokkies en voeg by. Druk helfte van mengsel liggies in gesmeerde oondskottel. Rangskik spekvleis en kaas bo-op.  Plaas res van vleismengsel bo-oor.  Skep volgende kors oor vleismengsel.
 KORS:
2 eiers 
125ml melk
12,5ml gesmelte botter
125ml gaar rys
125ml meelblom 
5ml bakpoeier
125ml gerasperde kaas
Klits die eiers goed en voeg die melk by.  Voeg botter en rys by. Sif meelblom en bak poeier by en skep bo-oor vleismengel in oondskottel. Strooi kaas oor en bak vir 1 uur by 180C  1/2/12 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemeen-pastei-potjie-geregte.html


Marie Smit
Pasta pot
500 g maalvleis
2 Pakkies bacon
knoffel
1 Ui
2 Sakkies tamtie puree
1 pak noedels
kaas
witsous
Braai ui, bacon en maalvleis, voeg tamatie puree en knoffel by. Gooi pasta en 1 ketel kookwater by. Kook 30 minute, gooi witsous en kaas bo oor, Laat staan 'n rukkie. Heerlik en vinnig, kan pakkie aanmaak witsous gebruik. gunsteling by my gesin as ons toer.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemeen-pastei-potjie-geregte.html


HERDERSPASTEI
6 aartappels geskil
60ml botter
sout en varsgemaalde swartpeper
1 eier liggies geklits
1 bolognaise basisresep
Metode:
Verhit oond tot 200 Grade C. Sny aartappels in growwe stukke en plaas in 'n groot pot vol kook water. Kook tot sag en gaar. Dreineer. Voeg botter by en druk fyn, geur met sout en peper, Verdeel maalvleis tussen 8 oondvaste bakkies of sit in een groot bak. Skep kapokaartappels bo-op en verf met geklitste eier. Bak vir 20-25min of tot goudbruin. Sit warm voor. Jy kan ook die aartappels met patats vervang.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemeen-pastei-potjie-geregte.html

INPAK-PASTEIE
Perfek vir die kosblikkies of piekniekkos.
3 x 400g rolle skilferkorsdeeg
1 x bolognaise basisresep
1 eier geklits
slaai van jou keuse
Metode:
Voorverhit die oond tot 200 Grade C. Rol Blaardeeg uit. Sny met 'n skerp mes elke vel in die helfte en skep lepels vol van die vleismengsel op die een helfte. Vou ander helfte bo-oor. Gebruik die plat kant van 'n vurk se tande en druk die deeg netjies vas al om die rand van die pastei om te seel. Sit op skoon bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en bespuit is. Verf elke pastei met eier. Bak vir 30-40 min of tot goudbruin en gaar. Sit voor met slaai.*Sarie*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemeen-pastei-potjie-geregte.html

GRIEKSE HERDERSPASTEI
750g aartappels geskil
100ml room of melk
1 eiergeel
Knippie fyn neutmuskaat
Sout en peper na smaak
250g maalvleis
25ml olie
2 uie gekap
1 knoffelhuisie gekneus
5ml sout
Knippie peper
10ml tamatiepasta
Knippie soet basil en knippie roosmaryn
100ml vleisaftreksel of rooiwyn
125ml gerasperde chaddar kaas
Kook die aartappels sag en druk lekker fyn. Voeg, room, eiergeel, neutmuskaat, sout en peper by en klop tot goed gemang. Stel oond op 200°C. Braai maalvleis in olie tot bruin en droog. Voeg uie en knoffel by en braai tot sag. Voeg sout, peper, tamatiepasta, kruie en aftreksel by, meng en kook vir ‘n rukkie.
Sit die helfte van die kapokaartappels in ‘n gesmeerde bakskottel. Skep vleismengsel bo-oor en bedek met res van die aartappels. Strooi kaas oor en bak 20-30min tot mooi bruin bo-op.  *Vriendin Mari*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemeen-pastei-potjie-geregte.html


Marlé Buysse
Kerriemaalvleispasteitjies
Deur ARINA DU PLESSIS
Bestanddele
30 ml olie
1 ui, gerasper
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
15 ml kerriepoeier
5 ml borrie
2 cm vars gemmer, geskil en gerasper
3 ml komyn
3 ml koljander
500 g beesmaalvleis
60 ml tamatiepasta
60 ml water
Sout, peper en suiker na smaak
2 x 400 g rolle reg-om-te-gebruikbroskorsdeeg
2 eiers, geklits
Verhit die olie in ’n pot en braai die ui en knoffel daarin tot sag. Voeg die kerriepoeier, borrie, gemmer, komyn en koljander by en braai vir ’n paar minute. Voeg die vleis by en braai tot goudbruin. Voeg die tamatiepasta en water by en verhit tot kookpunt. Prut vir sowat 30 minute, tot gaar en nie meer souserig nie. Geur na smaak met sout, peper en suiker en laat afkoel.
Voorverhit oond tot 200 °C. Rol deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en druk sirkels van 10 cm tot 12 cm daaruit. Skep lepelsvol van die maalvleismengsel op die een helfte van die deegsirkel. Verf rante met eier en vou deeg oor die vleis toe om halfmaan-pasteitjies te vorm. Verf pasteitjies met eier en pak dit op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Bak pasteitjies vir 15-20 minute tot goudbruin en deurgaar. Sit voor met blatjang of soetrissiesous om in te doop.
Lewer sowat 15 pasteitjies.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemeen-pastei-potjie-geregte.html


Helena Kruger
HELENA SE SHEPERD’S-PIE
500g maalvleis
1ui gekap[med]
1k gemengde groente[gevries]
½ k ertjies[gevries]
2e meelblom
1e worcestersous
1/2blikkie tamatie pasta
½ blikkie gekapte tamaties
½ t tiemie
Sout en peper
2k hoender of beef aftreksel
1t suiker
½ k geasperde kaas
Braai maalvleis en ui tot gaar
Voeg groente by en braai liggies
Voeg meelblom by en meng
Voeg al die ander bestd. By en kook tot gaar
Skep in bakskottel en strooi kaas oor
Plaas fyn aartappels bo-op
Drizzel bietjie gesmelte botter bo-op en bak by 180*C vir 20min tot mooi bruin bo op
Fyn Aartappels:
Kook 4-5 aartappel en maak fyn
Klits 1 eier en meng in
Gooi ½ t Bakpoeier by en roer tot *fluffy
Skep mooi bo-op jou *PIE*
Strooi bietjie paprika oor en bak *Aangepas deur Helena Chilli Kruger*8/5/12 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemeen-pastei-potjie-geregte.html


Helena Kruger
CLASSIC SHEPERD'S PIE
1 tbs olive oil
1 brown onion, halved, finely chopped
1 carrot, peeled, finely chopped
2 celery sticks, trimmed, finely chopped
500g lamb mince
2 tbs plain flour
500ml (2 cups) beef stock
1 dried bay leaf
1 tbs Worcestershire sauce
1 tbs tomato paste
Salt & freshly ground black pepper
4 (about 200g each) desiree potatoes, peeled, chopped
40g butter
125ml (1/2 cup) milk
Melted butter, to brush
1. Heat oil in a large saucepan over medium-high heat. Add onion, carrot and celery and cook, stirring, for 5 minutes or until soft. Add lamb mince and cook, stirring to break up any lumps, for 5 minutes or until lamb changes colour.
2. Add the flour and cook, stirring, for 2 minutes or until combined. Add stock, bay leaf, Worcestershire sauce and tomato paste. Bring to the boil. Reduce heat to low and cook, stirring occasionally, for 30 minutes or until sauce thickens. Taste and season with salt and pepper.
3. Meanwhile: cook potato in a saucepan of salted boiling water for 15 minutes or until tender. Drain well. Return to the pan with the butter. Use a potato masher or fork to mash until smooth. Add milk and use a wooden spoon to stir until combined. Taste and season with salt and pepper.
4. Preheat oven to 200°C. Spoon lamb mixture into a 2L (8-cup) capacity ovenproof baking dish. Top with mashed potato and use a fork to spread over lamb mixture. Brush with butter. Bake in preheated oven for 20 minutes or until mashed potato is golden brown. Serve immediately Taste.com**8/5/1http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemeen-pastei-potjie-geregte.html

No comments:

Post a Comment