Friday 1 February 2013

WORS GEREGTE



PAPPIE ONDER DIE KOMBERSE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
Braai jou wors mooi bruin saam met n handvol uieringe, skep dit in jou oondpan. Maak nou n beslag aan en gooi dit bo-oor en bak dit vir so 35-40min. tot mooi bruin by so 180*C Hier by ons noem hulle dit" Pappie onder die Komberse"!!!♥
Beslag:
Sif saam
11/2k Meel[ 375ml]
1t Bakpoeier [afgeskraap]
Knippie sout
Klits saam:
1k Melk en 1 Eier
Metode:
Meng nou die 2 Mengsels tot n lekker Beslag en gooi dit dan oor jou wors in die pan[ of bakskottel] en bak mooi bruin.
Maak n lekker slaai en jy kan as jy wil n geurige tamatie en uie sousie bymaak!! ♥ Helena
Foto net*

Helena Kruger


 
WORS & AARTAPPEL GEREG


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
1kg wors Gaar

4 groot aartappels Gaar

5 eiers (gaar)
700ml Witsous met Kaas
1 ui gesnipper en gebraai.
1 kop Cheddar Kaas gerasper
METODE:
Sny gaar wors in stukke en dan weer in die helfte deur. (Lang werpig)
Sny aartappels skywe
Pak in lae, wors, aartappels, gesnipperde uie, eier, gooi witsous oor en dan die kaas.
Bak vir ongeveer ½ uur in matige oond van 180°C
Dit is baie lekker ek bedien dit altyd saam met 'n slaai of groente.
Vlieg vinnig uit die bak.**
Berenice Campher**13/11/2015



BOEREWORS GEBAK


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html

Berie Vd Velden Smith
600 g boerewors, van jou keuse
1 rooi ui
600 g aartappel
500 g patat
250 g sampioene
200 g groenboontjies
Vir die sous:
15 ml geroomde sampioensoppoeier
15 ml tamatiesoppoeier
15 ml bruinuiesoppoeier
60 ml blatjang
60 ml tamatiesous
30 ml soetrissiesous
5 ml aangemaakte Engelse mosterd
30 ml olie
250 ml water
MAAK DAN SO:
Voorverhit die oond tot 220 °C.
Begin met die patat en aartappel.
Skil en sny in blokkies. Kook die blokkies in 'n kastrol vir minstens 10 minute om die gaarwordproses aan die gang te sit.
Terwyl dit kook kan jy die ander bestanddele opsny en die sous maak. Kry eers 'n lekker groot oondskottel of oondpan uit.
Sny die wors in ongeveer 3 cm stukke met 'n skerp mes of skêr. Gooi in die oondpan.
Sny die ui in agtstes en halveer die sampioene. Gooi in die oondpan.
Sny die groenboontjies se punte af en gooi sommer so heel in die oondpan.
Maak die sous:
Meng al die bestanddele, behalwe die water, saam. Maak seker al die klonte is uit voordat jy die water byvoeg.
Teen die tyd behoort jou patats en aartappels se tien minute uitgeloop het. Dreineer en voeg by die ander bestanddele in die oondpan.
Gooi dan die sous bo-op en meng dit goed deur sodat alles bedek is.
Plaas in die oond en bak vir 30 – 45 minute totdat dit borrelend en goudbruin is.
Skep op en eet!


BOEREWORS EN MUSHROOM PIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
Berie Vd Velden Smith
300 g boerewors
30 ml (2 T) oil for frying
1 red pepper, diced
200 g mushrooms, halved
1 onion, finely chopped
2 cloves garlic, finely chopped
15 ml (1 T) flour
500 ml (2 c) beef stock
400 g puff pastry
whisked egg for brushing
Preheat the oven to 180 °c.
Fry the boerewors in a hot pan until done. remove from the pan and dice.
Heat the oil and fry the red pepper, mushrooms, onion and garlic for a few minutes.
Stir in the flour, ensuring the vegetables are coated.
Stir in the stock and return the cooked boerewors to the pan.
Stir for 15-20 minutes or until the mixture thickens.
Divide between 2 medium ovenproof dishes and cover each with puff pastry.
Brush with whisked egg and bake for 15-20 minutes.

Carmie van Huyssteen
Bak wors in die oond tot gaar, sny die wors op in ongeveer 10 cm stukkies! Pak wors in die glasbak en gooi tamatie en uie wat in die blikkies kom oor! Maak mash en gooi dan die mash bo oor die wors en tamatie en bak in die oond

Melinda Nolte
 as ek gewoontlik nie weet wat om met wors te doen nie, maar ek sommer n lekker stirfry met opgesnyde stukkies wors in, of ek maak n tamatie smoor met stukkies wors in en eet dit op mash of op pap

Juanita du Preez
ek maak die wors gaar dan sny ek dit op - maak dan n sousie met tamatie, uie, green peppers, sampioene, tamato paste, melk, tamatie of bruin uie sop poeier , knoffel en bietjie Kerrie en gooi die wors terug, saam met skulpies, of spageti - HEERLIK!

Susan Kühn
Hi Pieter ek sny die wors so 5 cm stukkie en ryg dit saam met groente op sosatie stokkie en maak my eie kebabs. Braai of bak

Carli Maree
Sny die wors in stukke, braai in n pan saam uie en peppers en maak n lekker tamatiesous, bedien saam pasta soos Spaghetti & Meatballs!

BOEREWORS QUICHE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
Berie Vd Velden Smith
Pastry:
•1 1/5 cups (300 ml) Cheddar cheese, grated
•1 cup (250 ml) flour
•125 g margarine
Filling:
•500 g boerewors
•1 cup (250 ml) Smokey BBQ Marinade
•15ml margarine
•1 onion, chopped
•1 clove garlic, crushed
•handful of rocket
•3 eggs
•1 cup (250 ml) milk
•1 cup (250 ml) cream
Instructions
Pastry:
1.In a bowl mix together 1 cup of cheese, flour and margarine until a soft dough forms
2.Press into a large, greased pie dish or 2 small dishes
Filling:
1.Marinade boerewors in Smokey BBQ Marinade
2.Cook on braai (or under the grill), then slice
3.In a pan fry onion and garlic in a little margarine, and allow the onion to caramelise slightly
4.Arrange onion, boerewors and rocket on the base of the pie dish
5.In a jug mix together the eggs, milk and cream, pour over filling
6.Top with reserved cheese
7.Bake in a preheated 180°C oven for about 1hour 15 minutes or until quiche is firm in the centre
8.Hint: To save some time, use your leftover, marinated boerewors for this delicious South African twist on an ordinary quiche




Lizelle de Villiers
WORS EN SUURSOUShttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
Sny wors in happie grote en kook dit in bietjie water.
 Kook aartappels gaar en dreineer voeg by wors.
 Geur met asyn, suiker en blatjang na smaak.
Maak dik met bietjie meel wat gemeng is met koue water.
 Dit moet goed suur en goed soet wees.*11/6/13


Liezl Brandt
WORS EN AARTAPEL-KOOL GEREG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
Sny 2uie in ringe.
Sny halwe kool in growwe stukke.
Sny 2 tot 3 aartappels in blokkies - nie te klein nie.
Metode:
Plaas wors in pan op stoof in medium hitte. Moet geen water byvoeg nie. Gooi uie en aartappels oor en braai. Draai wors om as halfpad gaar - moenie bekommerd wees oor die aartappels onder die wors nie. As aartappels half sag is, gooi die kool oor en braai verder
Dis 'n vinnige heerlike resep! ♥ 15/6/10


Tronel Franken Meintjies
Worskos
Jaaaaaa hul noem dt worskos!!!! Sjoe die sous trek in di aartapels in! My ma ht altyd kerrie wors ook so gemaak mt aartapels en dan die harde sop boontjies eers oornag in di water laat le en dt bygegooi of seker eers sag gekoop,, dtt is heerlik
15/6/10♥


Benhet Nieuwenhuis
ek het gister aand die volgende gemaak, net so lekker:
LEKKERSTE LEKKER BOEREWORS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
Bestanddele
Boerewors
1 Koppie Rys
1 Green Pepper
1 Ui
15 ml Blatjang
1 koppie rys
Kerrie na smaak
Borrie
1 k water
1 Blikkie appelkose
Metode
Braai ui en groenpeper in pot tot sag.
Gooi nou kerrie en borrie by en braai vir sowat 1 minuut.
Gooi Blatjang en water by.
Kook die mengsel vir 5 minute.
Sit rys in ‘n bak.
Sny boerewors in byt grote stukkies.
Gooi nou die sous oor die wors en rys.
Gooi appelkose en sous oor die mengsel in die bak.
Bak nou in oond vir sowat 45 minute of totdat die mengsel min of meer droog is. ♥ 15/6/10


Zelda Clark-Human
BOEREWORS STEW

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
500 g wors
2 groot uie gekap
2 groot wortels gesny
1 groot groen soetrissie gekap
1/2 klein kool gekap
1 pakkie bruin uiesoppoeier opgelos in
2 k warm water
sout en peper
Metode:
Bruin die wors in pot, sit eenkant. Braai uie, soetrissie, wortels en kool in olie. Voeg sopwater by en begin kook. Voeg wors by en kook mengsel vir 10 min.Dien op
saam met rys,pasta of braaipap. Bedien 4
Dankie Zelda♥


Helena Kruger
"VOORTEKKER RESEPTE!!
ANDERSE PAP EN WORS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
600g boerewors
250ml mieliemeel
625ml water
sout en peper na smaak
200ml gerasperde Cheddarkaas
410g tamatie-en-uiesmoor
25ml rissie-en-knoffelsous
Metode:
Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n ronde, middelslag-oondvaste bak met kleefwerende middel. Hou die wors in ‘n spiraal en braai dit in ‘n verhitte pan tot bruin en gaar. Verwyder en hou eenkant. Meng die mieliemeel met 125ml water. Verhit die res van die water in ‘n kastrol en voeg die mieliemeel by wanneer die water kookpunt bereik.
Geur met sout en roer tot kookpunt en tot wanner die pap verdik. Prut tot gaar. Roer ‘n bietjie kaas by. Skep die pap ui in die voorbereide bak. Skep die wors, steeds in spiraalvorm, bo-op.
Verhit die tamatie-en-uiesmoor saam met die rissie-en-knoffelsous. Geur na smaak met sout en peper en prut ongeveer 5 minute lank. Skep daarvan oor die wors en strooi die orige kaas oor.
Bak 15-20 minute of tot lekker warm. Dien op saam met die orige sous.


WORSGEBAK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
30 ml sonneblomolie
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
10 ml matige kerriepoeier
2 ml borrie
500 ml kookwater
15 ml blatjang
5 ml sout
2 ml peper
500 g rou boerewors, in 4 cm-stukkies gesny
1 x 410 g blik appelkooshelftes
300 g rou rys (375 ml)
gekapte grasuie vir garnering
Metode:
Verhit die olie in 'n swaarboompan, braai die uie en soetrissie tot sag en deurskynend, ongeveer 5 minute. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai 'n verdere minuut. Voeg die kookwater, sout en peper en blatjang by, verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat 2 minute prut.. Pak die rou wors op die boom van 'n groterige oondskottel. Skep die uiemengsel eweredig bo-op die wors. Rangskik die appelkooshelftes bo-oor die wors en giet die sap oor. Sprinkel die rys eweredig oor, plaas die deksel op en bak in 'n voorverhitte oond by 200C (400F) vir ongeveer 45 minute of totdat die rys gaar is. Strooi gekapte grasuie oor en sit warm voor.


WORS MET APPELRINGE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
4 stukke wors
1 ui, fyn gekap
65ml botter
2 middelslag appels, geskil en in ringe gesny
suiker
Metode:
Braai wors in die helfte van die botter tot gaar en goudbruin. Braai appelringe in ‘n ander pan in res van botter tot net gaar en strooi ‘n bietjie suiker daaroor indien jy hulle eers wil karamelliseer. Rangskik wors, ui en warm appelringe op ‘n warm opdienbord en sit voor saam met vars volkoring of rogbrood.


KAMPKERRIEKOS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
500g boerewors, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
2 uie gekap
15ml kookolie
2ml rissiepoeier
15ml kerriepoeier
250ml vleisaftreksel
15ml tamatiepuree
30ml suurlemoensap
5ml sout
2ml vars gemaalde swartpeper
3 aartappels, in blokkies gesny
4 piesangs, in skywe gesny
Metode:
Rooster wors tot byna gaar. Hou eenkant warm. Soteer intussen knoffel en ui in verhitte kookolie. Voeg rissie- en kerriepoeier by en braai effens. Voeg verhitte vleisaftreksel,tamatiepuree, suur lemoensap, sout en peper by. Voeg aartappels en wors by en prut vir 20 minute. Voeg piesangs by, meng goed en verhit deeglik. Sit voor met gebotterde heelgraanbrood.


DOODEET WORSGEREG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
1 ui 1 soetrissie
25ml sonneblomolie
10ml kerriepoeier
2ml borrie
500ml kookwater
12,5ml blatjang
5ml sout
knypie peper
500g rou boerewors
410g appelkooshelftes
375ml rou rys
grasuie vir garnering (opsioneel)
Metode:
Skil en kap ui fyn. Halveer, en sny die soetrissie aan repies. Soteer uie en soetrissie in olie.
Voeg kerriepoeier en borrie by en roerbraai effens. Voeg kookwater, sout en peper en blatjang by en kook 2 minute lank. Sny wors in stukkies en pak dit in oondvaste bak. Skep uiemengsel oor wors en versprei egalig. Versprei appelkoos- helftes oor wors en giet sap ook oor. Strooi rys bo-oor, plaas deksel op en bak teen 200C, 45 minute lank. Roer liggies om, garneer met uiegras en sit warm voor.
Helena !!!!!Baie lekker resepte 10/10/10 ♥


Lynette
BOEREWORS PASTEI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
Bestanddele
Boerewors, genoeg om ronde tertbak vol te le.
Pakkie Bruin uiesop poeier
1 Gesnipperde Ui
Sout
Peper
Gemengde Spesery na smaak
Pasteideeg
2 Aartappels in blokkies gesny
250 ml Room
2 Gerasperde Wortels
Metode
Voer ronde tertbak uit met pasteideeg. Hou genoeg deeg om bo oor pastei te sit
Braai wors aan weerskante vir 30 sekondes, Hou dit in rol gedraai. Plaas die rol wors op die deeg in tertbak. Braai aartappels, ui, wortels, sout, peper en speserye in bietjie margarien. Los mengsel in pan. Kook room en soppoeier tot dik. Voeg room mengsel en voeg by aartappelmengsel. Kook 'n rukkie saam terwyl aanhoudend geroer word
Gooi mengsel bo oor wors. Rol oortollige deeg uit en bedek die wors. Bestryk deeg met geklitste eier en melk. Bak teen 180º C vir een uur lank. 16/10/10 ♥


GEBRAAIDE BOEREWORS MET ROMERIGE PARMESAAN-POLENTA
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
1kg Boerewors
30ml olyfolie
2 rooi uie in wiggies gesny
125ml rooiwyn
60ml balsemieke asyn
1 x 410g geblikte tamaties
30ml sagte bruin suiker
Sout en vars gemaalde swart peper
30ml origanumblare of pietersielie fyn gekap


PARMESAAN POLENTA

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
800ml melk
300g polenta
250ml room
160g parmesaankaas gerasper
60g ongesoute botter
Gekapte origanum of pietersielie
Metode:
Deel die wors in 10cm stukke deur die worsderm te draai, sodat jy porsies kry. Verhit die olie in ‘n diep pan en braai die wors oor hoë hitte tot gaar en goud bruin. Hou eenkant.
Verlaag die hitte en braai die uie tot sag en gekaramelliseer. Roer die wyn en asyn by en braai tot die helfte van die vloeistof weg gekook het. Voeg die tamaties en suiker by en bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut ‘n paar min. Geur met sout en peper. Voeg die gebraaide wors en kruie by en laat prut tot die sous verdik.


 




POLENTA

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
Giet die melk in ‘n kastrol en bring tot kookpunt. Geur met sout en peper. Giet die polenta by die verhitte melk en klits goed. Verlaag die hitte en roer die polenta met ‘n houtlepel tot dit verdik. Roer die room, parmesan en botter by. Giet die polenta in ‘n groot opdienbak, maak ‘n holte in die middel en skep die boereworsmengsel daarin. Garneer met ekstra vars kruie.
*Arnold Tanzer -Huisgenoot 2010


Helena Kruger
WORS EN UIE SOUS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
200 g uie, in dun skywe gesny
30 ml botter
60 ml kerrie "paste"
30ml Sweet-chilli sous
wors
45 ml olie
sout
peper
rooipeper
grasuie, gekerf, vir garnering
Metode:
Braai die uie vir 5 minute lank in die botter oor medium hitte, tot goud bruin. Voeg die kerrie en n koppie water by,
bring tot kook punt en prut dan vir 5 minute, onbedek. Braai die wors in die olie vir 5 tot 6 minute. Geur die sous
met sout, peper,chilli-sous en rooipeper en bedien dit met die wors."HEERLIK VERBY" HELENA 26/10/10 ♥


Carol Elliott Claassen
SPIRAAL BOEREWORS GEREG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
600 gr boerewors
625 ml water
250 ml gerasperde kaas
50 ml rissie en knoffelsous
250 ml mieliemeel
Sout en peper
1 blik tamatie en uie smoor (410gr)
Metode:
Voorverhit die oond tot 180. Spuit n ronde , oondvaste bak met Spray n Cook. Hou die wors in n spiral en braai in pan tot bruin en gaar, verwyder dan en hou eenkant.Meng die mieliemeel met 125 ml water en verhit die res in n kastrol en voeg mieliemeel by , as kookpunt bereik het. Voeg sout en peper by en roer tot pap dik raak en gaar is. Roer bietjie kaas by en skep die pap in bak. Skep dan die spiraalwors bo-op. Maak tamatie en uiemengsel warm en voeg rissie en knoffelsous by en laat prut 5 minute. Skep dit oor die wors en strooi orige kaas oor. Bak dan vir so 15-20 minute of tot lekker warm. Dien op saam orige sous . Heerlik!!!!!!! Ek het sampioene , greenpepper by myne gesit


PERSKE WORSGEREG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
Braai wors tot gaar.
Sny in klein stukkies.
Gooi 1 blikkie ingelegde perskes, 1 koppie tamatiesous en 1 koppie blatjang by.
Prut vir 10 - 15 minute op lae hitte. Bedien op kapokaartappels. 23/1/11 NICE!! Helena


BOEREWORSKERRIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
( 6 porsies)
Hierdie is ‘n heerlike gereg om te maak met daai oorskiet braaivleis boerewors.
1 ui gekap
30ml olie
2 groen brandrissies gekap
2 knoffelhuisies fyn gedruk
5ml gemaalde koljander
10ml komyn
2ml borrie
15ml kerriepoeier
2 blikkies (410g elk) gekapte tamaties
250ml water
Sout, vars gemaalde swartpeper en suiker na smaak
500g gaar boerewors, in stukkies gesny
Gekapte vars pietersielie na smaak
Braai die ui in die olie sag.  Voeg die brandrissie, knoffel,  koljander, komyn, borrie en kerie by en braai 3-5min.  Voeg die tamaties en water by en verhit tot kookpunt.  Prut vir 25min tot die sous lekker afgekook is.  Geur na smaak met sout, peper en ‘n knippie suiker.  Voeg die boerewors by, verhit weer tot kookpunt en prut stadig vir ongeveer 15 min.  Roer gekapte pietersielie by en sit voor op rys of lekker pap. *Landbouweekblad* 


VINNIGE EN MAKLIKE BOEREWORSPASTEIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
  (Vir 4 pasteie)
1 rol reg-om-te-gebruik skilferkorsdeeg
45ml heelkorrelmostert
4 stukke boerewors van 15cm elk
1 eier geklits
Voorverhit die oond tot 210°C.  Rol die skilferkorsdeeg effens dunner uit op ‘n meelbestrooide oppervlak.  Sny in vier ewe groot reghoeke.  Smeer elke stuk deeg met ‘n lagie heelkorrelmosterd.  Druk die vleis van elke stuk wors versigtig uit die derm en vou dit in die deeg toe.  Seël die kante met ‘n vurk en verf met geklitste eier.  Pak op ‘n bakplaat wat met waspapier uitgevoer is.  Bak 10min verlaag dan die temperatuur na 180°C en bak ‘n verdere 10-15min.  Sit voor met skyfies en tamatiesous of blatjang.  *Landbouweekblad* .


Carol Elliott Claassen
Rugby Boereworsrolle met vinnige smoor

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
60 ml olyfolie
5 uie, gehalveer en in skywe gesny
1 knoffelhuisie, fyngekap
300 g klein rosa-tamaties
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
500 g boerewors (van jou keuse)
6 mini-baguettes
30 ml botter
vars roket om mee voor te sit
Verhit die helfte van die olyfolie in ’n diep pan. Voeg uie en knoffel by en braai oor lae hitte. Dit gaan nogal ’n goeie halfuur neem. As die temperatuur van die plaat te hoog is, sal die uie brand en bitter wees. Roer so elke nou en dan. Verhit die res van die olyfolie in ’n ander pan en braai die tamaties tot net sag. Dié smoor is nie een van daardie resepte waar alles saam tot ’n sous kook nie. Wanneer uie bruin is en tamaties sag, geur dit met sout en peper. Meng die tamaties en uie saam. Intussen kan jy die wors in ’n pan braai. Ek gooi altyd sowat 60 ml water in die pan en begin die wors in die water braai. Teen die tyd dat die water weggekook is, is die wors byna gaar. Draai die wors om. Verhoog hitte en braai wors tot mooi bruin. Sny baguettes oop, smeer met botter, en sit stuk wors en bietjie smoor in elk. Sit voor saam met vars roket – dit gee ’n heerlike ekstra smaak.


Boerewors Pastei

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
(Lynette)Liplekker resepte
Bestanddele
Boerewors, genoeg om ronde tertbak vol te le.
Pakkie Bruin uiesoppoeier
1 Gesnipperde Ui
Sout
Peper
Gemengde Spesery na smaak
Pasteideeg
2 Aartappels in blokkies gesny
250 ml Room
2 Gerasperde Wortels
Metode
Voer ronde tertbak uit met pasteideeg
Hou genoeg deeg om bo oor pastei te sit
Braai wors aan weerskante vir 30 sekondes, Hou dit in rol gedraai
Plaas die rol wors op die deeg in tertbak
Braai aartapples, ui, wortels, sout, peper en speserye in bietjie margarien
Los mengsel in pan
Kook room en soppoeier tot dik
Voeg roommengsel en voeg by aartappelmengsel
Kook 'n rukkie saam trerwyl aanhoudend geroer word
Gooi mengsel bo oor wors
Rol oortolligge deeg uit en bedek die wors
Bestryk deeg met geklitste eier en melk
Bak teen 180º C vir een uur lank.


Adriana Kutcher
Wors-en-aartappel-gereg

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
Gebruik lekker geurige worsvleis vir dié resep. Die deegkors is kinderspeletjies.
350 ml koekmeel
80 g botter, in blokkies gesny
'n knippie sout
sowat 30 ml koue water
3 groot aartappels, skoongewas en in dun skywe gesny
1 middelslag ui, opgekap
'n bietjie kookolie om in te braai
500 g wors
geklitste eier-en-melk-mengsel
Maak eers die deeg.
Plaas koekmeel in 'n voedselverwerker en voeg die blokkies botter geleidelik by met 'n knippie sout. Meng tot krummels en skep uit in 'n mengbak. Sprinkel die water geleidelik hieroor tot jy 'n sagte deeg met die hande gevorm het.
Verkoel vir 'n halfuur.
As jy nie 'n voedselverwerker het nie, gebruik sommer jou hande.
Stel oond op 200?C.
Kook die aartappelskywe in soutwater vir so vyf minute. Dreineer en hou eenkant. Braai die gekapte ui in die olie tot goudbruin. Trek die velle van die wors af en krummel die vleis by die gebraaide ui. Voeg dan aartappels by. Meng liggies en skep in 'n voorbereide tertbak van 23 cm.
Rol die deeg versigtig uit. Smeer die rand van die tertbak met van die eiermengsel.
Lig die uitgerolde deeg met behulp van die deegroller oor die vulsel. Druk die rand van die deegsirkel styf teen die rand van die bak. Borsel van die eiermengsel bo-oor en maak twee gaatjies bo in sodat stoom kan ontsnap. Bak so 35 ? 40 minute tot goudbruin.


Adriana Kutcher
SAMPIOEN & BOEREWORSPASTEI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
By Koek En Tert
Genoeg vir 4 porsies
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 30-40 minute
BENODIGHEDE:-
300 g boerewors
30 ml (2 e) olie
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
200 g sampioene, gehalveer
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
15 ml (1 e) koekmeel
500 ml (2 k) aftreksel
 skilferkorsdeeg
1 geklitste eier vir verf
METODE:-
Voorverhit die oond tot 180 °c.Verhit ’n groot braaipan en braai die boerewors tot gaar.
Sny die wors in blokkies.
Verhit die olie en braai die soetrissie, sampioene, ui en knoffel ’n paar minute. roer die koekmeel by.
Hou aan roer tot al die groente met meel bedek is.
Gooi die aftreksel en gaar wors by en roer 15 tot 20 minute tot die sous verdik.



Adriana Kutcher Linette Olckers
Wors en aartappelgereg

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
4-6 Aartappels, geskil en in blokkies gesny.
500g Wors van jou keuse in 3cm stukke gesny.
1 Pakkie oxtails- of mushroomsoppoeier.
2-3 Eetlepels botter.
Meng alles bymekaar. Gooi in oondbak. Sit deksel op en bak so 45-60 minute of tot gaar in die oond. Baie baie lekker en ook baie vinnig met min moeite. Jy kan net 'n lekker slaai daarby gee en dis tops


Adriana Kutcher
WORS EN RYS GEBAK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
Jy het 'n weber (oond) of elektriese braaipan met deksel, nodig.
Gooi 'n koppie rys (of soveel jy benodig) in 'n oondskottel(Pyrex bak met deksel). Strooi 'n pakkie bruin-uie-sop poeier oor die rys, bietjie sout en pepper. Jy kan dit meng met sop van jou keuse - ek hou van uie en minestrone sop poeier gemeng. Gooi dan so twee koppies of na smaak, gevriesde gemengde groente (blokkies - wortels, ertjies, mielies, boontjies,ens.) by. Voeg water by en meng deeglik - jy kan nog bestandele by sit soos jy smaak, bietjie chillies, ens.
Sit jou lekkerste braaiwors (Gerol) bo-op alles,(wors moet bedek wees met water) sit die deksel op en plaas in die weber (indirekte vuur) met die deksel op.
Kook hom so stadig deur en roer so na 'n halfuur en dan elke 15 minute(sorg dat daar genoeg vloeistof is) - haal die wors af as jy goed wil deur roer en draai die wors ook met elke roer. Alles word in die wors sous gaar! Jy sal sien as jou kos gaar is soos jy daarvan hou.
Bedien met 'n lekker tamatie salsa - myne bestaan uit die volgende:
Klein gekapte tamaties(blokkies)
Fyn gekapte uie (ek hou van baie)
Strooi 'n lekker blerts Tabasco oor
Gooi 'n opskep lepel suurlemoensap oor(of meer!)
Sout en pepper na smaak en werk hom goed deur!
Hoe langer hy in die yskas staan hoe beter!
Santie Carelse,
ek maak ook so gereg maar ek sit die wors onder, dan die rys, dan gebraaide uie. Dan gooi ek 1 blikkie perskes met sous oor en maak die blikkie 1 keer vol met water en 1 houertjie room! Soms los ek die vrugte en sit groente in. Heerlik en vinnig en goedkoop kos vir n hele huisgesin.


Santie Carelse
Santie se Wors-Kardoesies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
Ek het roldeeg geneem, uitgerol en in kolwyntjiepannetjies gesit. Toe vul ek dit met n mengsel van worsvleis (uit die derm geryg) uie en bacon wat ek gebraai het. Ek het ook n pakkie bruin uie sous ingegooi. Toe sit ek weer n deeg dekseltjie op. Was dit nou vir jou n lekker ding!!


BOEREWORSSTOWE MET STYWE PAP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
250 ml stywepap (rou meel)
1 blik (410g) soetmielies
15ml botter
2 uie in ringe gesny
500g boerewors in stukkies gebreek
1 blik (410g) chakalaka
Berei die pap voor soos aangedui op die pakkie. Roer die soetmielies deur wanneer die pap byna gaar is.
Verhit die botter en braai die uie tot bruin. Voeg die worsstukkies by en braai effens.
Meng die chakalaka deur en laat prut tot die wors gaar is.  Sit voor saam met die pap.
Huigenoot 


Wilna Dorfling
Vanaand Worsjuweel gemaak, dis heerlik ek het i.p.v. boerewors 'PORK SAUSAGES" gebruik. Dit was heerlik. 




WORSJUWEEL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
Selma Alberts
It is not common to use wors in a casserole dish, but this worsjuweel casserole proves that it can be done.
Flavoursome, and very satisfying.
Serves 4
500 g raw boerewors
1 tin (410 gram) apricot halves in juice
1 onion
1 green pepper
1 cup (200 g) raw rice
2 tablespoons oil
2 teaspoons mild curry powder
½ teaspoon turmeric
2 cups boiling water
2 tablespoons chutney
½ teaspoon salt
Pinch of pepper
Set oven to 180°C.
Chop onion and green pepper.
Sauté the onion and green pepper in the oil until the onion softens.
Push onion and green pepper to one side in pan. Add the curry powder and turmeric and allow to release its flavour before mixing with onion and green pepper. Take care not to let anything burn.
Add boiling water, chutney, salt and pepper and allow to boil for 2 minutes.
Cut the sausage in bite-size pieces and place in a 2-litre casserole dish.
Sprinkle rice over.
Spread the onion mixture over the sausage and rice.
Scatter the apricot halves over the dish and add the apricot juice.
Place the lid on the casserole and bake the dish in the preheated oven for 1½ to 2 hours at 180°C.
Stir gently and serve warm.





Maureen Jansen van Rensburg
WORS GEREG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
Ek het hierdie reseppie iewers afgeskryf. Dis heerlik.
Gooi koppie rou rys in oondbak wat deksel het.
Sny jou wors in stukkies en gooi bo op die rys.
Gooi pakkie oxtail of bruin uie sop poeier bo oor.
Bedek met water. Jy kan pakkie gemengde groente bo op pak.
Sit deksel op en bak tot gaar. Haal dekstel af en strooi kaas bo oor.





Andrieshia Gray
BOEREWORS GEREG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
600g boerewors
250ml mieliemeel
625ml water
sout
200ml gerasperde cheddarkaas
1blik tamatie-en-uie smoor of maak jou eie
25ml rissie-en-knoffel-sous
peper na smaak
Voorverhit die oond tot 180 grade. Spuit n ronde,middel slag oondvaste bak. Hou wors in n spiraal en braai to bruin.Verwyder en hou eenkant. Maak die pap. As die pap gaar is meng met van die kaas.(heelpit mielies kan ook bygevoeg word)
Skep die pap in die ronde bak en sit die wors bo op. Verhit die tamatie en uie smoor en voeg die rissie sous by en geur met sout en peper. Skep die sous oor die wors en gooi die res van die kaas oor. Bak vir 15 tot 20min. 





BOERE-BREYANI .

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wors-geregte.html
1 tot 2 kg boerewors in stukke van sowat 3.5cm gesny
825g blik perskeskywe gedreineer
2 koppies rou rys, wit of bruin
½ koppie bruin lensies of een blik lensies
2 groot uie in ringe gesny
1 groen soetrissie gekap
Olyfolie
4 eetlepels (opgehoop) kerriepoeier
1 teelelpel borrie
1½ koppie blatjang
2 koppies water

Sit gesnyde boerewors in ‘n oondvaste bak en gooi perskeskywe oor 
Gooi rys en lensies bo-oor
Geur na smaak met sout en peper
Braai uie in olyfolie tot deurskynend, roer soetrissie by en braai effens
Voeg kerriepoeier en borrie by en dan die water
Laat effens deurkook en haal van hitte af
Gooi bo-oor boerewors-mengsel
Maak seker die rys en lensies is met die vloeistof bedek
Maak bak toe met deksel of foelie 
Bak vir 45min tot 1 uur in matige oond by 180C, al die vloeistof moet geabsorbeer wees
Bedien met sambals. 



No comments:

Post a Comment