Friday 1 February 2013

FRIKADELLE GEREGTE




KERRIE EN PIESANG FRIKKADELLE
Bron- Die Besige Huisvrou
Frikkadelle
2 dik snye witbrood
125 ml karringmelk
1 kg maer maalvleis
1 ui, gerasper
1 eier
12,5 ml blatjang
2 ml kerriepoeier
2 ml neutmuskaat
2 ml naeltjies
Sout en peper
Koekmeelblom
Sous
25 ml margarine
4 groot uie, gekap
25 ml koekmeelblom
125 ml asyn
15 ml suurlemoensap
750 ml water
12,5 ml kerriepoeier
5 ml borrie
37,5 ml appelkooskonfyt
12,5 ml blatjang
10 ml suiker
6 ryp piesangs

GAARMAAKMETODE:

Stoofplaat en oond
Die frikkadelle: Week die brood in die karringmelk en meng dit met die res van die
frikkadelbestandele, behalwe die koekmeelblom. Vorm frikkadelle, rol dit in die
koekmeelblom en pak dit lossies in ‘n oondskottel met ‘n deksel. Voorverhit die oond tot
190° C ( 375° F )
Die sous: Verhit die margarine in ‘n kastrol en die braai die ui daarin tot sag. Meng al ander
bestanddele, behalwe die piesangs, en roer by die uie. Snipper nou twee van die piesangs
en roer dit by die sous. Laat die sous ‘n paar minute prut tot die piesangs sag is. Sny die
ander 4 piesangs in skywe en versprei oor die frikkadelle in die oondskottel. Giet die sous
bo-oor, bedek en bak 1,5 – 2 uur tot gaar.
Lewer 6 porsies.
Sit voor met rys, klapper (opsioneel) en mengelslaai.


ALTERNATIEWE GAARMAAKMETODE:
Mikrogolf
:
Die frikkadelle: net soos vir die oond, maar voeg 5 ml paprika by die koekmeelblom
waarin die frikkadelle gerol word. Mikrogolf die frikkadelle 10 minute onbedek by 100%
krag. Hergroepeer die frikkadelle na die eerste 6 minute. Sorg dat die buitenste frikkadelle
nou in die middel is, en andersom.

Die sous
Plaas die margarien en uie in ‘n groot glasbak en mikrogolf 5 minute onbedek by
100% krag. Meng die res van die sousbestanddele, behalwe die piesangs, en roer by die
uiemengsel. Sny 2 van die piesangs in skyfies en voeg by die sous. Mikrogolf 7 minute by
100% krag. Roere na elke 2 minute.
Sny die ander 4 piesang in skyfies en versprei oor die frikkadelle. Giet die sous oor, bedek
en mikrogolf 10 minute by 50% krag en daarna 5 minuteonbedek by 100% krag. Linda Venter
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/frikadelle-geregte.html






LEKKER OU FRIKKIE (FRIKADELLE)
Dink outydse frikkadelle in ‘n nuwe baadjie: ‘n spinasiebaadjie met gekarameliseerde uie, gebak in ‘n heerlike tamatiesous . . .
Begin deur die frikkadelle te maak deur die volgende bestanddele saam te meng:
500 g maalvleis

1 eier

50 ml tamatiesous

5 ml Worcestershiresous
2.5 ml mosterdpoeier
2.5 ml gemengde gedroogde kruie

25 ml broodkrummels

2.5 ml sout
Dit werk die heel beste as jy dit met jou hande meng
Rol dan balletjies.
Jy kan ongeveer 24 frikkadelle uit die 500 g vleis kry.

Verhit 30 ml olie in ‘n braaipan.
Braai die frikkadelle vinnig aan elke kant, net totdat hulle mooi bruin is.
Hou eenkant.
Braai nou ‘n ui, in skyfies gesny, in dieselfde braaipan tot dit sag en gekarameliseer is
.
Voeg 10 ml bruinsuiker by om die karamelisasie aan te help.
Hou eenkant.

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Maak nou die tamatiesous – steeds in dieselfde braaipan.

Gooi die tamaties, asyn en suiker in die pan en kook vir 5 minute.
Voeg sout en varsgemaalde swartpeper by om te geur.

Kry dan ‘n oondvaste bak en skep die helfte van die tamatiesous onder in.
Bring water in ‘n groot kastrol tot kookpunt.
Tel jou frikkadelle, en tel dan dieselfde hoeveelheid spinasieblare uit.
Gooi ongeveer 3 spinasieblare op ‘nslag in die kokende water en haal na net ‘n paar sekondes uit.
Plaas die blare op ‘n vadoek tot almal klaar is.

Vat nou ‘n spinasieblaar in die hand, sit ‘n paar gebraaide uiskyfies op en ‘n frikkadel en draai dit mooi toe. Plaas dan een vir een bo-op die tamatiesous in die bak.
Skep die res van die tamatiesous op die knusgepakte spinasie-frikkadel-pakkies.
Rasper 50 g Mozzarellakaas en sprinkel dit oor.
Bak vir 20 – 25 minute tot die kaas gesmelt en goudbruin is. Smul, saam met pasta of rys om die sous op te suig. Bron: Jou Wêreld / Wilna Myburgh*Henriette Wessels
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/frikadelle-geregte.html





HEERLIKE FRIKKADELLE MET MONKEY GLAND SOUS
FRIKKADELLE
250 g beesmaalvleis
250 g varkmaalvleis
7 ml (1½ t) sout
vars gemaalde swartpeper na smaak
125 ml (½ k) natuurlike jogurt
250 ml (1 k) vars broodkrummels
1 appel, geskil, ontkern en gerasper
1 ui, gerasper
1 eier, geklits
SOUS
250 ml (1 k) blatjang
125 ml (½ k) water
30 ml (2 e) sjerrie
30 ml (2 e) rooiwynasyn
3 ml tobasco-sous
Voorverhit die oond tot 160 ºC en smeer ’n middelslag- oondbak met olie.
FRIKKADELLE
Meng al die bestanddele vir die frikkadelle in ’n bak.
Vorm gholfbalgrootte-bolletjies en pak in die bak.
Bak 30-40 minute tot gaar.
SOUS
Verhit al die bestanddele vir die sous tot kookpunt en roer aanhoudend.
Giet oor die frikkadelle en sit vir 5-10 minute terug in die oond.
Sit voor op rys of kapokaartappel.
Bron; Huisgenoot Resepte
Plasing: Henriette Wessels
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/frikadelle-geregte.html



Abri van Vuuren
Frikkadelle met Groente
Hierdie frikkadelle gebruik aartappels en wortels om dit te bind. Die sampioenroomsop kan met bruin of wit uiesoppoeier vervang word.
2 snye brood
200 ml melk
2 aartappels
2 wortels
2 uie
1 kg maalvleis
1 pakkie sampioen roomsoppoeier
Week die brood in die melk. Rasper die aartappels en wortels fyn. Rasper die uie grof. Meng alles saam, geur na smaak met sout en peper. Maak balletjies en pak in gesmeerde oondbak. Bak oop teen 180 grade. Draai die frikkadelle na ongeveer 15 minute om en bak dan vir ‘n verdere 15 minute.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/frikadelle-geregte.html


Abri van Vuuren
FRIKKADELLE MET KERRIE-PYNAPPELSOUS
750g maalvleis
1 groot ui gekap
1 pak (150g) Sout en Asyn chips (verkrummel)
1 eier geklits
Sout en peper
Meng alles saam en maak frikkadelle. Rol frikkadelle in meel en sit in bak.

Sous
2 groterige uie in ringe
1 blik 410g pynappelstukkies
50ml asyn
20ml bruinsuiker
15ml kerriepoeier
10ml borrie
30ml margarien
Braai uie in margarien en voeg res van bestanddele by. Gooi oor rou frikkadelle en bak in oond tot gaar.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/frikadelle-geregte.html

Abri van Vuuren

Kerrie-Frikkadelle

Geen versameling frikkadelle gaan volledig wees sonder ‘n kerriefrikkadel-resep nie. Om een of ander rede smaak frikkadelle net lekkerder in ‘n kerriesous. Vir ‘n heerlike variasie, kan jy skyfies pynappel bo-op die frikkadelle pak voordat jy die sous oorgooi.

4 snye brood
300 ml water
1 kg gemaalde beesvleis
15 ml sout
2,5 ml peper
2,5 ml neut
2,5 ml fyn naeltjies
80 ml bruin asyn
2 eiers

Week die brood in die water. Druk die water uit en maak die brood fyn. Meng die res van die bestanddele liggies saam. Maak frikkadelle en rol in bietjie meel.
Pak in gesmeerde oondbak. Daar moet ‘n ruimtetjie tussen die frikkadelle wees.
Maak die volgende sous en gooi oor:

Kerrriesous:
5 groot uie
250 ml asyn
750 ml water
5 ml sout
15 ml borrie
7,5 ml kerriepoeier
45 ml appelkooskonfyt
30 ml suiker
15 ml koekmeelblom
Voorverhit oond tot 180ºC.
Kap uie fyn en braai in olie tot bruin. Roer meelblom, kerrie en borrie by. Voeg res van bestanddele by. Gooi oor die frikkadelle.
Bedek die bak en bak vir 30 minute. Haal die deksel af en bak vir ‘n verdere 30 minute.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/frikadelle-geregte.html


Helena Kruger
KERRIE FRIKKADELLE
500g maalvleis
1 groot ui gekap
5 ml fyn knoffel en vars gemmerpasta
15 ml vars koljanderblare
3 kerrie blare fyn [as jy het]
60 ml fyn broodkrummels
5ml sout
10ml Kerrie
en bietjie peper
1 eier


Metode:
Meng alles saam. Maak balletjies en gooi bietjie olie oor.
Bak in oond of plaat tot gaar.
As jy dit souserig wil he, meng bietjie appelkooskonfyt en n pakkie tomato paste met n 1k water en gooi dit oor en bak dit dan!!! Of in die plek van die water bietjie appelkoossap en water gemeng baie lekker.  Helena ♥
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/frikadelle-geregte.html

Helena Kruger
VERNEUK MINCEBOLLETJIES

500g-750g mince
1 koppie room gewoon/suur
'n pakkie bruinuiesoppoeier of mushrooom
gerasperde groente bv wortel of aartappel

Meng alles tot 'n stywe mengsel en bak by 180 grade tot bruin en gaar.
Ns. Kinders proe en sien nie die groente nie, so ma is tevrede en hulle eet lekker.
Geplaas deur: Janine Engelbrecht Fourie ♥
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/frikadelle-geregte.html



Helena Kruger
FRIKKADELLE IN STROGANOFF SOUS
Sous:
3 uie gekap
500 g gekerfde sampioene
100 ml botter
20 ml mosterd poeier
15 ml sout
50 ml koekmeel
1 liter melk
50 ml gekapte pietersielie
250 ml suurroom


Metode:
Soteer die uie en sampioene in botter, voeg mosterd, sout en meel by. Voeg warm melk
geleidelik by en roer oor lae hitte tot dik. Voeg pietersielie en room by net voordat u dit
bedien. Giet sous oor die frikkadelle en bedien dadelik"
lena LL" Kosmater  06 April 2010 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/frikadelle-geregte.html


Annerise Augustyn
Grootmaat Frikkadelle
1 kg maalvleis,
1 gr ui gekap,
1 k hawermout,
1 blik(410g) spagetti in tamatiesous,
2 pk verskillende soppoeiers (bv. groentesop en bruinuiesop),
1 dik sny witbrood in water geweek en droog gedruk,
15ml kerriepoeier, sout en varsgemaalde peper.
Verhit oond tot 180°C en spuit oondpan. Meng al die bestanddele en vorm frikkadelle.
Rangskik in oondpan en bak bedek ± 40 min en maak oop en bak nog tot bruin bo-op.
NB: Dit kan ook ongebak in houers gepak en gevries word tot nodig.
Haal vooraf uit, ontdooi en bak tot gaar.
± 30 frikkadelle NS: soppoeiers kan verander word om dan smaak te verander

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/frikadelle-geregte.html

.FRIKKADEL STROGANOFF
(Met erkenning aan Chris Vorster)
2 kg gemaalde wildsvleis
2 groot gekapte uie
25ml vars pietersielie of 10 ml gedroogde pietersielie
75 ml suurlemoensap
15 ml gerasperde suurlemoenskil
4 snye brood geweek in 450 ml vleisekstrak
20 ml sout
Meng alles goed en vorm klein frakkadelletjies. Bak in oond vir 20 minute. Skep uit in n diep bak.
Sous:
3 uie gekap 500 g gekerfde sampioene
100 ml botter 20 ml mosterd poeier
15 ml sout 50 ml koekmeel
1 liter melk 50 ml gekapte pietersielie
250 ml suurroom
Soteer die uie en sampioene in botter, voeg mosterd, sout en meel by. Voeg warm melk
geleidelik by en roer oor lae hitte tot dik. Voeg pietersielie en room by net voordat u dit
bedien. Giet sous oor die frikkadelle en bedien dadelik.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/frikadelle-geregte.html 



Kevin Barbara Hall
CHEESE MEATBALLS
3 cups finely shredded cheddar cheese
1 cup bread crumbs
1/2 teaspoon salt
1/4 teaspoon pepper
1/4 teaspoon garlic powder
1 pound lean ground beef (90% lean)


Directions
In a large bowl, combine the first five ingredients. Crumble beef over mixture and mix well. Shape into 1-in. balls. Place meatballs on a greased rack in a shallow baking pan.
Bake at 200°C for 12-15 minutes; drain. Makes about 4 dozen.
If u want larger meatballs, check after 15mins whether cooked through and leave longer if necessary.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/frikadelle-geregte.html


Carol Elliott Claassen
OVEN BAKED SWEET AND SOUR MEATBALLS
500 gr ground beef
500 gr ground pork
2 cups dry bread crumbs
1 cup milk
2 eggs, beaten
1 teaspoon salt


Sauce:
1 1/2 cups brown sugar
3/4 cup white vinegar
3/4 cup water
1 tablespoon dry mustard powder.


Method:
Combine meats with bread crumbs, milk, eggs and salt. Mix well. Shape into meatballs and place them in a shallow baking dish. Mix all of the sauce ingredients together. Pour the mixture over the meatballs. Bake uncovered at 160 C for 45 minutes. Baste the meatballs often with the sauce to keep them moist. Makes about 48 meatballs. I add a small tin of crushed pineapple with sauce .

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/frikadelle-geregte.html


FRIKKADELLE MET ROMERIGE SPINASIE FYNAARTAPPELS
(4 porsies)
500 g ekstra maer beesmaalvleis
1 pk bruinuiesop
300ml hawermout
175ml gewone jogurt
Koekmeel om oor te sif
Sonneblomolie vir braai
4 aartappels geskil en in blokkies gsny
Klontjie botter
20-30ml room of melk
1 bossie spnasie gekerf en gestoom
‘n hand vol gerasperde cheddarkaas


Metode:
Meng die vleis, soppoeier, hawermout en jogurt saam. Rol die mengsel in bolletjies en sif ‘n bietjie meel oor. Verhit ‘n dun lagie olie in ‘n pan. Braai die bolletjies tot goudbruin en gaar en dreineer dit op kombuispapier.
Kook die aartappels tot sag. Dreineer en maak dit fyn met ‘n klontjie botter en ‘n bietjie melk of room. Roer dan die gestoomde spinasie en kaas by. Geur na smaak. Sit die fyn aartappels saam met die frikkadelle voor.*Kos Idees*Rina

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/frikadelle-geregte.html



FLIPPEN LEKKA FRIKKADELLE
1 ui opgekap
1 rooi soetrissie opgekap
1 groen soetrisse opgekap
1 geel soetrissie opgekap
500 g maalvleis
10 ml Flippen Lekka Spice
Handvol grofgekapte pietersielie
1 eier
12 repies spek


Meng al die bestanddele, behalwe die spek
Vorm dit in bolletjies
Neem 'n kolwyntjie pan, en voer elke holte uit met 'n spekrepie
Pak die maalvleisbolletjies in elke holte
Bak teen 180 grade vir 40 minute *Flippen Lekka Spice*.18/12/12
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/frikadelle-geregte.html 


 Elda Lombard
Maklike Frikkadelle
500ml maalvleis
1 pakkie bruin uie sop
1 klein bakkie plain yoghurt
Metode
Meng alles en plaas frikadelle in vuurvaste skotel in oond sonder enige water. Bak in matige oond tot gaar
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/frikadelle-geregte.html

Diane Roode Hancox
MARIANA SE FRIKKADELLE
Boerekos Resepte
2 snye bruinbrood
700g maalvleis
1/2k fyngekapte pietersielie
1 fyngekapte ui
1/4t fyn wonderpeper
1/2t fyn kolijander
1/4t fyn kruinaeltjies
1&1/4t fyn neutmuskaat
1&1/2t sout
3E wit asyn
1&1/2k appelkoosblatjang
Week die broon in water, druk uit en krummel dit in die maalvleis. Gooi die fyngekapte pietersielie en ui by. Nou kom die wonderpeper, kolijander, fyn kruinaeltjies, neutmuskaat en sout by.
Voeg die asyn en applekoosblatjang by en meng liggies in. Rol frikkadelle, pak in 'n oondskottel en maak die kerrie-uiesmoor.
KERRIE-UIESMOOR:-
5 Groot uie
2E kookolie vir braai
1E Kerriepoeier
1E borrie
1E mielieblom
1/2k appelkooskonfyt
3/4k blatjang

Sny die uie in groterige ringe Braai dit in kookolie dit glaserig is
Meng die kerrie, borrie, mielieblom en appelkooskonfyt en voeg dit by die uie
Laat dit goed deurkook en skep daarvan onder in 'n oondskottel.
Pak die frikkadelle daarop en gooi die res van die kerrie-uismoor bo-oor. Bak vir een uur teen 180C
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/frikadelle-geregte.html
FRIKKADELLE IN GEURIGE UIE SOUS 
Kry hierdie reseppie tussen my oorl. Suster Retha se resepte boeke, met die hand geskryf, so ek weet nie waar hy vandaan kom nie, maar dit lyk heerlik.
30ml botter
1 ui gekap
10ml mosterdpoeier
10ml sout
1ml peper
10ml paprika
30ml suiker
Paar druppels Tabascosous
15ml worcestersous
125ml asyn
250ml tamatiesous
375ml kookwater
1kg maalvleis
Sout na smaak
1 eier geklits
Broodkrummels of meelblom

Smelt die botter en braai die uie daarin, voeg die mosterdpoeier, sout, peper, paprika, suiker, Tabasco, worcestersous, asyn, tamatiesous en kookwater by en bring tot kookpunt.
Meng die vleis en sout en bind met die eier en krummels/meelblom. Vorm frikkadelle, gooi die sous in ‘n oop pan, pak die frikkadelle binne-in die sous en bak in die oond teen 180°C vir ongeveer 45minute. Draai die frikkadelle om sodat hulle al die kante lekker bak. *Rina* 11/7/12
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/frikadelle-geregte.html

FRIKKIES OP 'N STOKKIE 
Sny deeg in repe en ryg frikkies daarop soos op die foto.
Bak in die oond vir 20min en strooi bietjie mozzarella kaas oor. Sit terug in die oond vir nog 2-3min.
Bron: I love cooking








KLEIN FRIKKADELLETJIES
Louise Groenewald – eie resep
Toe ek die frikkies vir ‘n charity geleentheid gemaak het, het ek dit afgeweeg toe ek die bolletjies gerol het. 20g elk. Jy kry 60 uit op 1 Kg mince. Dit help as jy volgende keer weer ‘n groot hoeveelheid moet maak, dan weet jy hoeveel jy kan uitkry. Ek het 30 op ‘n slag in die elektriese braaipan gaargemaak op medium hitte vir 10 - 15 minute met die deksel op. Dreineer op handdoekpapier.
Op die stoof in ‘n gewone pan in vlak olie neem dit 10 minute. Draai een of twee keer.
Of bak in die oond teen 180°C vir omtrent 15 - 20 minute. Draai een keer.
1 Kg Lean Mince
2 Eetlepels All Gold Tamatiesous
2 Eetlepels Mrs. Balls Mild Chutney
5ml Sojasous
5ml Ina Paarman’s Garlic & Herb Seasoning
5ml Knoffelsout
5ml Aromat
5ml Gedroogte gemenge Kruie
5ml Komyn (Cumin jeera)
5ml Fyn Koljander
‘n Paar draaie Swart peper
½ Koppie droë Broodkrummels (die soort wat jy in die winkel koop)
1 Extra Large Eier

Meng alles liggies saam en rol bolletjies. Sit bietjie meel in ‘n bak, plaas frikkies in bak en sprinkel bietjie meel bo-oor. Maak gaar soos verkies.

RSG SE WEN FRIKKADELLE 
    http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/frikadelle-geregte.html 
                                                                             
    Bestanddele 

    1 middelslag ryp tamatie, opgekap
    1 middelslag ui, opgekap
    750 g maalvleis
    100 ml hawermout
    150 ml melk
    25 ml asyn
    25 ml Worcestersous
    7 ml sout
    knippie peper
    knippie tiemie

    Sous:
    1 pakkie tamatiesoppoeier
    500 ml water

    Metode

    Meng al die bestanddele en maak 12 - 14 frikkadelle.
    Plaas dit in 'n oondbak met deksel.
    Meng die sop en water, en gooi dit oor die frikkadelle.
    Plaas die deksel op, en bak teen 180 grade vir 60 - 90 minute.
    Haal die deksel 15 minute voor die einde af om bietjie kleur aan die frikadelle te gee.
    Bron: RSG

    No comments:

    Post a Comment