Friday 1 February 2013

MAALVLEIS GEREGTE






















MAALVLEISROL MET KAAS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte.html

1 kg maer maalvleis
1 med uie fyn gekap
1 eier geklits
50 ml Mrs Balls Blatjang

50 ml Honey & Mustard Slaai sous
50 ml Sweet Chilli sous
30 ml Tamatiesous
Meng goed saam
Speserye:
5 ml van elk: Sout BBQ Robertsons Pasta (Sprinkles)

Mince Royco Sparerib Marinade (pakkie)
Steak & Tjops
1 ml knoffel fyn gekap (opsioneel)

Meng al die bogenoemde bestandele saam in een groot bak.
1 koppie mozzarella kaas gerasper
1 koppie cheddar kaas gerasper
Skyfies cheddar kaas (met n skiller gesny)

Spuit 'n brood pannetjie ongeveer 30cm x 10 cm met “spray-n-cook”.
Vat n stuk plastiek “glad wrap” ongeveer 50 cm lank en gooi die maalvleis mengsel bo-op en druk plat, sodat die vleis die hele plastiek bedek. (Dit moet nie groter wees as wat die pannetjie is nie).
Gooi die mozzarella kaas bo-oor die vleis gevolg deur die skyfies kaas.
Rol die vleismengsel met hulp van die plastiek soos n rolkoek op.
Plaas in jou brood pannetjie, strooi die gerasperde Cheddar kaas oor en bak in die oond vir ongeveer 1uur of tot gaar.
Bedien met kapok aartappels (smash) of rys en ‘n gemengde slaai of groente.

Sous vir die rol:
1 groot ui gekap en 1 geel/ rooi (of albei) soet rissie fyn gekap, braai saam tot deurskynend.

50 ml Honey & Mustard Slaai sous
Voeg 4 groot tamaties gekap by, prut die mengsel vir 5 min.
Gooi 100ml rooi wyn (Rosé) by en prut vir n verdere 2 min. Laat staan vir 15 min.
Sny die rol in skywe, sit dit op die rys of aartappels en gooi die sous oor die vleis wanneer jy opdien
Plasing: Louise Bester vir Pasella*

MAALVLEIS-BROOD-EN- BOTTER-GEBAK 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte.html
(4-6 porsies)
12,5 ml kookolie
1 ui gekap
500g maer maalvleis
45ml tamatiepuree
15ml bladjang
1 pakkie sampioenroomsoppoeier
250ml water
20ml suiker
Sout en peper na smaak
8ml droe gemengde kruie
30ml botter of margarine
30ml koekmeel
300ml melk
12 dik snye brood- korsies verwyder en in driehoeke gesny of 1 franse brood in dik snye
250ml gerasperde cheddarkaas
Metode:
Verhit oond tot 180°C. Verhit olie, en braai ui daarin tot ligbruin. Voeg maalvleis by en braai tot gaar en los van mekaar.
Meng die soppoeier met 250ml water. Voeg dit saam met die tamatiepuree, bladjang. suiker, sout, peper en kruie by die maalvleis en prut vir 10min. Maak ‘n witsous van die botter of margarine, koekmeel en melk.
Skep die helfte van die maalvleis onder in gesmeerde oondbak. Pak ‘n ry brood sodat die kante van die brood oorvleuel bo-op die vleis. Skep bietjie maalvleis in die spasies wat dit vorm. Herhaal die proses tot die bak vol is. Giet die witsous bo-oor en sprinkle met die kaas. Bak 30min of tot goudbruin. Sit met mengelslaai of warm groente voor.
.
MAALVLEIS EN NOEDEL GEREG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte.html
Braai MAALVLEIS in pot net tot bruin 
(EK gebruik 500gr-1kg).
Gooi droe soppoeier oor die maalvleis - bruin uie of oxtail of bief-en-tamatie.
Roer goed deur en draai hitte af anders brand dit aan.
Opsioneel - gooi 1 blikkie tamatie en uie smoor of tamietie puree oor vleis.
Gooi rou noedels - enige soort - omtrent halwe pak of soveel jy wil- vergelyk maar met hoeveelheid mince - bo-op vleis en 2-3 koppies warm water. Laat kook - sonder deksel - roer later deur en gooi nog water by as nodig.
Heerlik saam met slaai en/of broodjies - en so blerts blatjang bo-op .


Helena Kruger
MAALVLEISROL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte.html
Vulsel -
bietjie olie,
1 ui gekap,
2.5ml vars knoffel,
6 skyfies ham gekap,
2.5ml droe gemengde kruie,
250g sampioene gesny.
Maalvleis - 1kg maalvleis,
2.5ml asyn,
1 eier,
3/4k vars broodkrummels,
2.5ml sout,
30ml blatjang,
knypie peper
Afronding - 7.5ml mosterd,
300g spinasie, ontstingel en geblansjeer,
187ml cheddarkaas gerasper,
1 pakkie bacon


Metode:
Braai ui en knoffel in olie tot sag, voeg ham by en soteer nog so bietjie. Voeg kruie en sampioene by en soteer tot sampioene sag is, hou eenkant. Meng bestandele vir maalvleis saam, druk maalvleis in reghoek plat op groot stuk foelie. Smeer mosterd dun op maalvleis. Plaas spinasieblare op maalvleis. Skep sampioenmengsel bo-op. Laat ongeveer 3cm reg rondom maalvleis oop. Sprinkel kaas bo-oor. Rol maalvleis van korste kant af met behulp van foelie op. Plaas baconrepe bo-oor. Plaas in oondpan. Moenie met foelie bedek nie, maar verskuif wel met foelie na oondpan. Bak vir ongeveer 60min tot gaar
.Resep van een van ons KOSMATERS!!.


Carol elliot Claassen
EENSKOTTEL MAALVLEIS GEREG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte.html
500 g maalvleis.
250 ml koue water.
5ml sout.
2 ml peper.
100 ml blatjang.
250 ml rou rys afgespoel.
uie.
410 g minestronesop.
285 g geroomde sampoeine.
500 ml kookwater
Metode:
Meng maalvleis, koue water, sout, peper. Kook vinnig sonder deksel, tot vloeistof weg is. Skep maalvleis in 'n bak. Smeer blatjang oor, Strooi rys oor, Strooi sop oor, dan sampioene en laaste kookwater. Sit deksel op of foelie. Bak 1 ½ uur by 180° C.


PASTA EN MAALVLEIS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte.html
500 g maalvleis.
1 blikkie tamatie en uiesmoor.
1 pakkie soppoeier (bruin uie).
half pak rou pasta (macaroni, skulpies, wieletjies, .
2 tot 3 koppies kookwater
Metode:
Braai die maalvleis tot gaar, gooi die soppoeier bo-oor en roer. Gooi die blikkie tamatie en uiesmoor bo-oor en roer. Gooi die pasta bo-op en dan die kookwater, eers net 2 koppies. Sit die deksel op en wag so 15 min. Die mengsel moet prut en nie te vinnig kook nie anders brand die vleis aan die onderkant. Haal deksel af en roer die pasta tussen die vleis in. Nou behoort mens te sien of nog kookwater nodig is om die pasta sag gekook te kry. Indien nodig gooi dan nog kookwater by en moenie die deksel terugsit nie. Na so 5 min behoort alles gaar te wees. As mens van baie sout in kos hou sal dit nodig wees om nog sout by te gooi, maar ek het gevind dat die soppoeier dit genoeg geur vir ons smaak. 'n Bietjie chutney bo-oor het ook nog niemand skade gedoen nie.
MAALVLEIS-TAMALE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte.html
2 Blikkies hoendersop
375 ml mieliemeel
2 eiers geklits
500g maalvleis
1 ui gekap
1 soetrissie gekap
2ml knoffelvlokkies
2ml sout
3 med. Tamaties, geskil en in wiggies gesny
1 blikkie ingemaak heelpit mielies, gedreineer
Gekapte olywe (opsioneel)
125ml gerasperde Cheddarkaas
50ml Gekapte pietersielie


Metode:
Verhit die helfte van die hoendersop tot kookpunt. Meng die mieliemeel met die orige koue sop en roer dit by die warm sop in. Roer en kook oor lae hitte tot dik. Bedek en laat op ‘n baie lae hitte kook tot gaar, ongeveer 20 min. Roer die geklopte eiers vinnig by. Braai intussen die maalvleis bruin en voeg die ui,soetrissie, knoffelvlokkies, sout, tamaties en mielies by. Bedek en laat prut vir 10 min.
Voeg olywe by (opsioneel) Smeer ‘n oondvaste bak en smeer twee derde van die mieliemeelmengsel op die boom en rondom teen die kante van die bak. Skep die vleisvulsel in, en smeer die res van die pap bo-oor die vleis. Gooi kaas en pietersielie bo-oor en bak vir 1 uur by 180 Grade.*Kosmater .

Helena Kruger
MAALVLEISRING

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte.html
375g maalvleis
50ml kapokaartappels
1 gerasperde ui
3ml sout en 1ml peper en 3ml neutmuskaat
37,5ml droe wit wyn
10ml vars gekapte pietersielie
1 eier
Metode:
Meng al die best. liggies, behalwe die eier. Klits eier deeglik en voeg by vleismengsel. Skep mengsel in gesmeerde ringvorm[pan] en bak by 180*C vir 1h. Keer uit op warm bord en vul opening met heerlike geroosterde groente of gestoomde ertjies. Heerlik saam met n skeppie soetpampoen en vars klein beetjies!!!  Sussie Susan 1987..Helena♥.


Helena Kruger
HEERLIKE MAALVLEIS GEREG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte.html
1ui fyngekap
500g maalvleis
10ml vars gekapte pietersielie
1/2t tiemie [halwe]
sout en peper na smaak
500ml gaar rys
125ml rooi wyn
445g tamatieroomsop
Metode:
Braai ui in oil tot mooi blink. Voeg jou vleis, pietersielie, tiemie en sout en peper by en prut tot gaar. Voeg nou die rys, wyn, en sop by en kook tot al die vloeistof geabsorbeer is. Sit voor met heerlike aartasppelslaai en n vars broodjie!!!
Sussie Susan 1987..Helena  .


HEERLIKE KERRIE MAALVLEIS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte.html
5kg maalvleis
2kg gevriesde gemengde groente
2kg pitlose rosyne
¼ teel naeltjies
½ t kolander
1 kp asyn
1 ¼ kp appelkooskonfyt
6 eetl mild kerriepoeier
½ kp olie
1 teel mostert
1 klein blikkie tamatiepasta (115g)
Sout en peper na smaak
Metode:
Braai die uie, voeg die maalvleis by, prut vir 15min. Voeg groente by laat deur kook. Roer geurmiddels in en prut vir 30min. Voeg tamatiepasta en rosyne by en kook goed deur. Bedien saam met vetkoek of op rys.
*Knuppeldik aan Koningskos*.



MAALVLEIS-EN-SAMPIOENEPASTEI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte.html
Bietjie olie
1 ui gekap
1 knoffelhuisie gekneus
700g maalvleis
10ml worcestersous
15ml tamatiepasta
45ml blatjang
250g (1pk) sampioene in skyfies gesny
½ groen soetrissie in blokkies gesny
500ml beesvleisaftreksel
15ml bisto
Bolaag:
250g roomkaas
2 eiers
125ml gerasperde kaas
Metode:
Stel oond op 180°. Verhit die olie en soteer die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg maalvleis by en roer tot verbruin. Voeg res van bestandele by en laat prut vir 10min oor lae hitte. Skep vleismengsel in gesmeerde oondbak. Roer bolaagbestandele saam en skep oor maalvleis. Bak vir 30min of tot bolaag goudbruin word. Sit warm voor saam met rys en groente.  *Vrouekeur*.


PIKANTE MAALVLEIS-EN-RYS SKOTTEL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte.html
25ml kookolie
1 groot ui gekap
250ml rou rys
125ml gekapte seldery
1 soetrissie ontpit en gekap
500g maalvleis
1 blik tamaties (410g)
125ml groen of swart olywe gekap
10ml rooirissiepoeier
5ml worcestersous
Sout en swart peper
425ml water


Metode:
Verhit die oond tot 180°C. Verhit 125ml van die olie in ‘n pan op die stoof en braai die ui daarin tot goudbruin. Voeg die rys, seldery en soetrissie by en braai nog 2min. Skep die rysmengsel in ‘n gesmeerde oondskottel met ‘n deksel. Verhit die res van die olie en braai die maalvleis daarin tot bruin en los. Skep dit op die rysmengsel. Meng die res van die bestandele en giet oor die maalvleis. Bedek en bak 45min tot die rys gaar is.*Eenskotteltreffers* .



VINNIGE VLEISPASTEI  

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte.html
(6 PORSIES)
Smaaklike vleispastei met ‘n besonderse krummelkors
455g gemaalde vleis
Olie om in te braai
1 blik (425g) heel geskilde tamaties
1 biefekstrak blokkie
1 eetl tamatiesous
Uiesout en vars gemaalde swart peper
KORS
3 eetl botter of margarine
1 kp meelblom
1 pakkie aartappelskyfies
¼ teel sout
¼ teel gemenge kruie
Metode:
Braai die maalvleis liggies in die olie. Voeg die tamaties, ekstrakblokkie, tamatoesous en geurmiddels by. Roer deeglik en laat die mengsel 10min kook. Skep die vleismengsel in ‘n bakskotel en laat effens afkoel. Maak die krummelmengsel deur die botter in die melblom te vryf en die fyn gemaakte aartappelskyfies en geurmiddels by te voeg. Plaas die krummelmengsel op die vleis en bak dit by 190°C totdat die krummels bros en effens ligbruin vertoon.. Bedien saam met lekker groente.Kookgenot met KOO* .


MAALVLEIS EN RYS GEBAK 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte.html
(6-8 porsies)
500ml (2kp) gaar rys
250ml gerasperde kaas
SPEK
250g spek gekap
250g sampioene gekap
½ elk rooi en groen soetrissies in blokkies gesny
MAALVLEIS
1 ui gekap
1 knoffelhuisie gekneus
Bietjie olie
600g maalvleis
2,5ml gedroogte gemengde kruie
2,5ml gedroogte soet basiliekruid
Sout en swart peper na smaak
SOUS
64g (1pk) Potato Bake of witsoppoeier
190ml warm melk
250ml dikroom
125ml water
Metode:
Stel die oond op 180°C. Soteer spek en voeg bietjie olie by indien nodig. Voeg sampioene by en soteer nog 5min. Voeg soetrissies vir laaste 2 min by, haal van stoof af en hou eenkant.
Soteer die ui en knoffel in olie tot sag. Voeg maalvleis, kruie, basiliekruid en sout en peper by. Braai tot vleis gaar is , haal van stoof af en hou eenkant.
Maak Potato Bake met warm melk aan, roer dikroom en water by – Hou eenkant
Skep gaar rys onder in diep gesmeerde oondbak, gevolg deur die spek mengsel, maalvleismengsel en sous.
Strooi kaas oor gereg en bak vir 25min of tot goud bruin.* Vrouekeur*.


MAALVLEIS EN AARTAPPEL GEREG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte.html
(6 porsies)
VLEIS
Bietjie olie
2 uie gekap
2 knofffelhuisies gekneus
800g bees maalvleis
30ml koekmeel
5ml bisto
410g (1blik) gekapte tamaties
30ml tamatiepuree
Knippie gemaalde koljander
125ml beesvleisaftreksel
10ml worcestersous
2.5ml gedroogte kruie
Sout en peper na smaak
BOLAAG
4 groot aartappels geskil en in kein blokkies gesny
90ml botter
1 ui gekap
Knippie paprika
Knippie knoffelsout
VLEIS: Stel die oond op 180C. Verhit die olie in ‘n kastrol en soteer die uie en knoffel daarin tot sag. Voeg maalvleis by en braai bruin. Voeg meel en bisto by en roer tot alles gemeng is. Voeg res van vleisbestandele by en laat prut vir 30min .
BOLAAG: Kook die aartappels in soutwater tot amper sag, terwyl die vleis prut. Smelt botter in ‘n pan en soteer ui, paprika en knoffelsout. Voeg gaar gedreineerde aartappelblokkies by en braai tot lig bruin. Geur met sout inden nodig. Skep maalvleis in gesmeerde oondskottel en skep aartappelsblokkies bo-op. Bak vir 20min of tot aartappels goudbruin is.*Vrouekeur*.




*Sarie* 2011
BOLOGNAISE BASISRESEP 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte.html
Gebruik hierdie resep en maak sommer 'n lekker groot klomp, vries dit in porsies en maak verskillende geregte daarvan.
45ml olyfolie
250g spek grof gekap
1 ui fyn gekap
2 knoffelhuisies gekap
500g maalvleis
1 x 400g blik tamaties
250g tamatiepasta
hand vol tiemie
350ml rooiwyn
100g parmesaankaas gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper
Metode:
Verhit olyfolie tot warm in middelslag pot. Voeg spek, ui en knoffel by. Roerbraai vir 5-8min of tot spek mooi bruin is. Voeg maalvleis by en braai verder vir nog 5-8min of tot die vleis bruin is. Maak seker jy roer al die klonte in die maalvleis goed sodat jy 'n lekker los mengsel het. Voeg blk tamaties, -pasta, helfte van tiemie en al die rooiwyn by. Meng goed en sit hitte op laag. Laat stadig prut vir minstens 90min terwyl jy elke 10min roer. (Hoe langer dit kook, hoe lekkerder is die sous). Voeg parmesaankaas en res van tiemie by. Roer weer. Geur goed met sout en peper. Sit voor saam met gekookte spagettie of gebruik in enige van die volgende resepte..

LASAGNE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte.html
120ml botter
120ml koekmeel
1 liter melk
sout en varsgemaalde swartpeper
250g droe lasagne pasta-velle
1 x bolognaise-basisresep
200g cheddarkaas gerasper


Metode:
Verhit die oond tot 200Grade C. Smelt die botter in 'n middelslag-pot oor lae hitte. Voeg die meel by en roer met 'n draadklitser tot goed gemeng. Voeg die melk by terwyl jy klits. Hou aan met klits oor lae hitte tot mengsel dik en glad is, sowat 8-10min. Haal van die plaat af en geur goed met sout en peper. Gooi 'n klein bietjie van die witsous onderin 'n oondvastebak van 30 x 20cm. Pak 'n laag pasta gevolg deur 'n laag bolognaise en 'n laag witsous bo-op. Herhaal proses tot hele bak vol is. Eindig met witsous en strooi geraspede kaas oor. Plaas in warm oond en bak vir 35 - 40 min of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor met vars brood en slaai van jou keuse.


BRUSCHETTA MET MAALVLEIS EN SAGTE EIER

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte.html
Lekker vir 'n ontbyt, braai spek lekker bros en sit saam met die gereg voor.
2 Franse brode in die lengte gehalveer
60ml botter
6 eiers
60ml witasyn
1 x bolognaise basisresep
Metode:
Verhit 'n riffelpan tot vuurwarm - rook moet letterlik daaruit draai. Verdeel elke baguette-helfte in 3 porsies. Smeer broodporsies met botter en braai in warm pan tot goudbruin en bros. Bring 'n pot met water tot kookpunt en voeg asyn by. Draai temperatuur af tot water prut. Breek eiers een vir een by en laat stadig posjeer, sowat 3-5min vir sag. Verdeel die bolognaise tussen geroosterde brood gevolg deur 'n gaar eier. Sit warm voor met slaai van jou keuse. (Sag gekookte eier werk net so goed) .




Betsie Scaife
More, wil iets met maalvleis maak, maar ai so moeg vir die selfde. Help asb!

Melanie Scaife
Gevulde pannekoek met suurroom en kaas op is lekker

Marius En Lizelle Leach
Frikadelle op Pasta

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte.html
Kook pasta van jou keuse net gaar, dreineer goed en skep onderin oondbak.
Maak frikkadelle met 500 gr maalvleis,
1 groot gebraaide uie,
2 snye geweekte brood,
1 k rou oats,
1 eier,
2 E gekapte pietersielie,
1 fyngekapte knoffelhuisie,
1 t fyn koljander,
1 E asyn en
1 t sout.
Pak bo-op pasta en gooi 1 blik matige chakalaka oor gevolg met 1 blik tamatie, uie en knoffel smoor.
Bedek met tinfoelie en bak vir 1 uur by 180 gr C.
Rasper motzerella kaas bo-oor en sit trug in oond tot gesmelt. Bedien met mengelslaai.


Zettie Venter
Kerriemaalvleis met gehalveerde hardgekookte eiers
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-geregte.html
heerlik en vullend! Kook jou hoeveel heid eiers drop af sny in lengte middle deur!
Maalvleis
Ek braai my uie karamel gekleurd.
Voeg maalvleis by braai liggies tot los! Ek sit een beefblokkie by roer deur.
Skil 2" tamaties sny in blokkies voeg by roer vinnig deur.
Geur Dan jou maalvleis met Kerrie poeier en rissies!!!!!!! lg. Ig is vir "skop-brand". Ek voe been water by nie en as no dig is strooi ek n baie Klein hoeveelheid op my maalvleis en roer vinnig deur! Sit eiers onder n bak geel kante na bo gooi maalvleis mengsel oor en fyngekapte pietersielie (addisioneel)! Lekker EET!

Francie Barnard
Lekker maalvleis pastei met slap deeg oor. Bedien met blatjang, ertjies, mashed potato en 'n lekker slaai.


Maria Venter
Maak frikledelle in soet suur sous in oond met mash en ertjies en mielies gemeng

Marina Otto ]
Maalvleis.
Uie
1blokkie stock.
Twee tamaties
Swart peper
braai tot gaar en gooi blikkie cream of tomato sop oor met twee teelepels suiker.Dien op met spagetti.



Helena Kruger
TAMATIE-FRIKADELLE OP GROENTE
Helena Kruger*
500g Maalvleis [maak lekker groot frikkadelle]
2 Groot handevol Kool fyngekerf
2 Wortels in dun repies gesny
1 stingel Seldery fyngekerf
1 Klein uitjie fyngesny
2 Groot aartappels gesny en bietjie gaar gekook
Braai kool, klein uitjie gekerf, seldery en wortels tot so amper sag maar nog crispy in pan>
Kook jou aartappels halfpad gaar [mic.]
Pak jou kool in Slow-Cooker met Aartappels bo-op en dan jou gemaakte Frikadelle{rou]
maak jou sousie>[Meng]
1 pak Tamatiesop
1 Tamatie Paste[ pakkie]
1/2 k Sweet-Chilli sous of 2 e Appelkooskonfyt
2k water
bietjie sout en peper
Meng goed en gooi oor jou gereg.stel op High vir so+-2h tot frikkies gaar is bo-op**19/01/13 Helena Kruger**



Sonet VanderMerwe
sout en peper jou mince. rol met koekroller tot so 1cm plat. rasper kaas oor. gooi gebraaide uie,greenpepper en bacon stukkies oor. als moet steeds gelyk op mince le. anders sukkel dit om te rol. rol nou versigtig op soos n swissroll. bak in oond 180 tot gaar. baie lekker.


Ann D'Adel Maak
maalvleis pizza...pleks van brooddeeg gebruik jy maalvleis as die basis en sit dan net jou toppings op. Ek berei my maalvleis voor soos vir frikadelle maar rol dit dan dun uit, sit op 'n gesmeerde bakplaat, sit die toppings van jou keuse op en bak in die oond tot die maalvleis gaar is en die kaas gesmelt en crispy is :-))


Rencia Odendaal Pretorius
REGTE EGTE BASAAR KERRIE EN RYS
2 na 3 groot aartappels in blokkies gesny (pre-cook vinnig in die mikrogolf tot amper sag)
2 groot uie (gekap)
½ kop blokkies bevrore wortels
500gr gevriesde gemengde groente (of 1 blikkie kerriegroente en 1 blik gemengde groente (410gr)
1 blokkie beesstert ekstrak (aangemaak soos aanwysings)
1 eetl sout
3 groot opgehoopte eetl bladjang
2 groot opgehoopte eetl appelkooskonfyt
2 eetl Kerrie
1 eetl borrie
1 blik tamatie en uie smoor
1 pakkie beesstert soppoeier
1 blokkie wheetbix om mengsel te verdik

Braai uie, kerrie en borrie tot sag. Voeg appelkooskonfyt , bladjang en maalvleis by en roerbraai tot vleis net af is van pienk
Voeg jou sout, beesstert ekstrak, tamtiesmoor, aartappels en groente by. Laat prut tot alles sag en gaar is.

Maak pakkie beesstertsop aan met bietjie water en voeg by. Laat prut tot dik. Indien nodig, verdik met die blokkie weetbix wat jy inkrummel 

No comments:

Post a Comment