Friday 1 February 2013

PIZZA'S / FOCCASIA DEEG


Helena Kruger
PIZZA DEEG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/pizzas-foccasia-deeg.html

500 ml koekmeel
5 ml sout
1 x 10g kits suurdeeg
5 ml suiker
100 ml olie
240 ml lou warm water
1. Gooi alles in die voedselverwerker en knie goed.
2. Laat rys so in die bak tot dubbeld en pulse weer goed.
3. Rol baie dun uit. Sit tamatie en uiesous op en enige vulsel.
4. Bak 20 min in warm oond. *Foto Helena Kruger


TERUGVOERING OMTRENT DIE DEEG**
Molli Mardi Vd Merwe***01/10/2015 Die deeg het ek nou die dag gemaak, eerste keer in jare wat ek weer pizza self maak. Het 6 med-large (bietjie groter as dinner plate) gekry, het 4 van die 6 se base gesmeer en gaargemaak sonder toppings, afgekoel en gevries. Om te toets of dit kan werk. Werk soos n bom! Uitgehaal self laat ontdooi en my klaar gaar toppings op en sit toe net op grill vir kaas om te smelt. Volgende keer kan ek soos ek skat so 10 bases maak wat heelwat dunner is en vries! Afhangend van voorkeur natuurlik. Die base was 2cm dik toe dit gaar is maar kan baie dunner gaan met rou deeg.



Helena Kruger
PIZZA SOUSIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/pizzas-foccasia-deeg.html
2e olie
1med.ui fyngekap
2 knoffelhuisies gekneus en fyngekap
2 blikkies gekapte tamaties[400gelk] of jou eie tamaties fyngekook
2.5ml gemengde droe krui [of net origanum]
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Braai jou uitjie net sag en voeg die tamaties by en ook die knoffel
Gooi al jou speserye by en laat kook tot dik sonder jou deksel so amper 10-12min.stadig
Gooi uit en laat afkoel en plaas in yskas vir wanneer jy lekker pizza wil maak
N.S=Noudat ons baie tamaties het maak en pak dit in die vrieskas en haal uit wanneer jy dit benodig **Helena Kruger 18/3/12

 
Helena Kruger
PIZZA KORS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/pizzas-foccasia-deeg.html
275 ml Bruismeel
125 ml Kookolie
150 ml Kookwater en Sout
Meng en skud in tupper bakkie, pasop dat jy nie brand nie, die stoom sal uitkom. Skud vir ‘n rukkie en siedaar, lekker pizza kors deeg. Jy kan die deeg ook gebruik vir terte!!!Kosmater ♥


Helena Kruger
PIZZA DEGIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/pizzas-foccasia-deeg.html
10g kits gis;
50g koekmeel;
10ml sout;
20 ml suiker;
340ml louwarm water.
Meng meel, sout, suiker en gis. Voeg water geleidelik by en meng goed tot dit n sagte deeg vorm. Knie vir 10 min tot glad en elasties. Bedek en laat rus vir 20 min. deel die deeg in 2 porsies en vorm n ronde pizza "base". Kosmater


RADIO ROSESTAD
PIZZA AAND

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/pizzas-foccasia-deeg.html
750 ml bruismeel
200 ml kookwater
200 ml sonneblomolie
5 ml sout
Plaas bruismeel, kookwater, olie en sout in ‘n groot plastiekhouer met deksel wat dig seël.
Sit deksel op en skud dit goed op en af, heen en weer totdat dit ‘n deeg vorm.
Druk deeg liggies in twee sirkels van sowat 25 cm in deursnee.
Plaas ‘n vulsel van jou keuse op en bak op matige rooster vir sowat 30 minute lank.
Of in voorverhitte oond by 180 grade C vir 30 minute

.
PIZZA “TOPPING” IDEES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/pizzas-foccasia-deeg.html
(tamatiesous of blikkie tamatiesmoor as basis)
Hawaiian:
Ham in blokkies, pynappelstukkies, gerasperde kaas
BBQ Chicken & Green pepper:
Hoenderfillet gaargemaak in blokkies, groenpeper in blokkies, BBQ sous, gekapte ui, gerasperde kaas
Something Meaty:
Ham in blokkies, russians in wiele, maalvleis gaargemaak, gekapte ui, BBQ sous, gerasperde kaas
Vegetarian:
Calamata olywe, feta kaas, spietuie, gekapte ui, peppadews, sampioene, groenpeper, gerasperde kaas

 
Helena Kruger
FOCCASIA

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/pizzas-foccasia-deeg.html
25 g aktiewe droë gis
325 ml louwarm water
45 ml olyfolie
4 x 250 ml (4 k) witbroodmeel
250 g polenta
30 ml sout
25 ml polenta, ekstra
Handvol kersietamaties
Handvol ontpitte olywe
1 wiel fetakaas, gekrummel
Meng gis, louwarm water en olyfolie saam en laat staan eenkant vir ongeveer 10 minute tot skuimerig. Meng meel, polenta en sout saam en maak 'n holte in die middel. Voeg gismengsel hierby en maak aan tot 'n deeg. Knie deeg op 'n meelbestrooide oppervlak vir ongeveer 10-15 minute. Sit deeg in 'n gesmeerde mengbak en laat rys op 'n warm plek tot dubbel in volume. Voorverhit oond tot 180 °C. Knie af en rol die deeg plat uit en laat rys weer vir 15 minute. Sprinkel die polenta, tamaties, olywe en fetakaas bo-oor en druk dit effens in die deeg in. Bak vir 15-25 minute tot deurgaar en laat die brood effens afkoel. Lewer een groot of twee middelslag-foccacia. Helena 2010 ♥


Maré Nieuwoudt
Pan-pizza

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/pizzas-foccasia-deeg.html
Hierdie pizza word sommer in n pan op die stoof gaargemaak. Plaas dit n paar minute onder die roosterelement om die kaas mooi bruin te kry.
250 ml (1k) bruismeel
50 ml olie
3 ml (ruim 1/2t) sout
150 ml louwarm water
Halwe blik van 225 g tamatie en uie-smoor
125 g spekvleis, gekap en gebraai
125 ml (1/2k) ham, in blokkies gesny
125 g (1/2 pak) sampioene, gesny
60 ml (1/4k) pynappelstukkies
Gerasperde cheddar-of mozzarella-kaas
Orego
METODE:
Meng bruismeel, olie, sout en genoeg louwarm water om n slap deeg te vorm. Smeer n dikboompan, 22cm in deursnee, met olie en verhit oor baie lae hitte(stel op 1). Giet deeg in pan en sprei oor die hele bodem. Verhit 5 minute lank tot onderkant stewig is.
Skep tamatiesmoor egalig oor. Sprinkel res van bestanddele oor, die kaas laaste. Geur met orego. Verhoog plaat se hitte (stel op 4). Bedek pan en braai 10-15 minute tot deeg gaar is. Verhit rooster-element van oond en rooster tot kaas effe goudbruin is.(Hier moet jy dit seker verwyder en op geskikte bord sit vir die rooster veral as jou pan plastiese handvatsels het).
Huisgenoot Wenresepte 6 September 2001


SKUD PIZZA DEEG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/pizzas-foccasia-deeg.html
Natasha Pieters
750ml bruismeel,
5ml sout,
200ml kookwater,
200ml sonneblom olie.
Plaas al di bestandele in n groot plastiek houer met deksel.
Skud goed op en af tot n deeg gevorm het. Druk deeg liggies in 2x sirkels, plaas vulsel van jou keuse op en bak sowat 30min by 180 grade.12/1/12


Frieda Greyling
NAAN DEEG , OOK GESKIK VIR PIZZA'S

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/pizzas-foccasia-deeg.html
Frans Odendaal het onlangs vir my die resep van die broodjies gestuur. Heerlik en ek het dit sommer vir pizza korse gebruik en my mense was gaande daar oor, sal verseker nie weer n ander kors vir my pizzas gebruik nie. Dis so vinnig en maklik! Kors word net 3 min elke kant ge "grill" in oond
?1 (.25 ounce) package active dry yeast
1 cup warm water
1/4 cup white suGar
3 tablespoons milk
1 egg, beaten
2 teaspoons salt
4 1/2 cups bread flour
2 teaspoons minced garlic (optional)
1/4 cup butter, melted
Directions
In a large bowl, dissolve yeast in warm water. Let stand about 10 minutes, until frothy. Stir in sugar, milk, egg, salt, and enough flour to make a soft dough. Knead for 6 to 8 minutes on a lightly floured surface, or until smooth. Place dough in a well oiled bowl, cover with a damp cloth, and set aside to rise. Let it rise 1 hour, until the dough has doubled in volume.
Punch down dough, and knead in garlic. Pinch off small handfuls of dough about the size of a golf ball. Roll into balls, and place on a tray. Cover with a towel, and allow to rise until doubled in size, about 30 minutes.
During the second rising, preheat grill to high heat.
At grill side, roll one ball of dough out into a thin circle. Lightly oil grill. Place dough on grill, and cook for 2 to 3 minutes, or until puffy and lightly browned. Brush uncooked side with butter, and turn over. Brush cooked side with butter, and cook until browned, another 2 to 4 minutes. Remove from grill, and continue the process until all the naan has been prepared.


Corrie Van Rooyen
WENKE VIR PIZZAS 


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/pizzas-foccasia-deeg.html
Die 'regte' prosedure is om die rou pzza-sirkel te maak, smeer met 'n lagie tamatiesmoor of puree, strooi gerasperde kaas oor, en pak dan die dekking oor.

As ek baie gaste het, en ons bak buite in die pizza-oond, berei ons dikwels die pizza halfgaar - dan maak ons die baie pizzas vinniger as die gaste daar is. Veral in die winter.
Jy moet maar toets wat werk beste vir jou, maar senora Triometti het altyd die rou pizzas bedek en saam gebak. Dit vat bietjie ervaring om die prosessie te vervolmaak.

Loraine Benadie-Maass 
 Wat vir my werk is as volg: Ek neem 'n blikkie tamatiepuree, kap BAIE vars knoffel en voeg dit by die t.puree. Dan meng ek genoeg olyfolie by die t.puree en knoffel en smeer dit met 'n kwas oor die uitgerolde rou pizza-sirkels waarna ek dit vinnig vir 2-3 minute in die oond bak. Die "topping" word daarna opgesit met BAIE kaas oor en vinnig gebak tot gaar (indien ek as deel van my "topping" uie en "green pepper" gebruik, maak ek dit ook vooraf vinnig apart gaar).

No comments:

Post a Comment