Saturday 2 February 2013

KERRIE-GEREGTE



GROENTEKERRIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/kerrie-geregte.html

200 g botterskorsie
8 baba-aartappels
4 wortels
100 g groenbone
1 ui
15-30 ml rooi kerriepasta
15 ml tamatiepasta
250 ml hoender- of groente-aftreksel
1 blik (410 g) klappermelk
Sout en varsgemaalde swartpeper
Handvol koljanderblare, plus ekstra vir opdiening
Metode:
Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n middelslag-oondbak met botter of kossproei. Sny die groente in growwe stukke en rangskik dit in die voorbFereide oondbak.
Meng die kerriepasta, tamatiepasta, aftreksel en klappermelk en giet oor die groente. Roer alles met ’n lepel, sorg dat ál die groentestukke met die kerriesous bedek is. Geur met sout en peper en sprinkel die koljanderblare oor.
Bak vir 15 minute in die in oond, verlaag die temperatuur tot 180 °C en bak vir nog 15 minute of tot gaar. Garneer met ekstra koljanderblare en sit voor met rys of brood. Genoeg vir vier tot ses mense. LANBOU 28/7/10*
Helena Kruger


GROENTEKERRIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/kerrie-geregte.html
3 groot wortels, opgesny
4 aartappels, opgesny
1 groot ui, opgesny
1 pak vars gesnyde groente (botterskorsie of pampoen)
2 koppies rys
1 teelepel borrie
2 eetlepels medium kerriepoeier.
sout, na smaak
Metode
Braai die ui tot bruin en sag.
Voeg die aartappels, borrie, kerrie en wortels by en prut stadig.|
Voeg later die botterskorsie by anders kook dit te pap.
Kook die rys met sout en spoel af met skoon water.
Bedien saam met komkommersambal.
Wenk:
Die kerrie kan as ‘n bykosgebruik word by hoender of lamvleis.
Jy kan ook 'n pak gevriesde ertjies aan die einde bygooi om die hoeveelheid te vermeerder.
Variasies:
Gebruik hoender, lam of maalvleis as jy dit nie vegetaries wil hou nie.
*RSG*


AARTAPPELS IN KERRIEMARINADE


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/kerrie-geregte.html
750 g aartappeltjies
20ml kookolie
1 groot ui, fyn gekap
2 huisies knoffel, fyn gedruk
25ml matige kerriepoeier
5ml gemaalde borrie
1 rissie, ontpit en gekap
2-3 suurlemoen of lourierblare
15ml vars gemmer, gekap
30ml appelkooskonfyt
125ml wynasyn
125ml hoenderaftreksel
5ml mielieblom
Metode:
Kook die aartappeltjies in soutwater vir 10-15 minute of totdat hulle byna sag is.
Verhit die kookolie in ‘n swaarboomkastrol, voeg die ui en knoffel by en roerbraai totdat die ui deurskynend is.
Voeg die kerriepoeier en borrie by en braai vir nog 2 minute.
Dreineer die aartappels en voeg by die marinade.
Kook vir nog 5 minute of totdat die aartappels sag is.
Pak die aartappels in ‘n opdienskottel. Steek peuselstokkies in die aartappels.
Maak ‘n pasta van die mielieblom en water en voeg by die marinade.
Roer aanhoudend.
Kook vir nog 1-2 minute totdat die marinade dik word.
Gooi in ‘n klein doopbakkie en bedien as ‘n doopsous saam met die aartappels.  Lewer 6 porsies. “Bosluis” 4/10/11

No comments:

Post a Comment