Saturday 2 February 2013

KOUE-SOPPE



Komkommer Sop
3 medium komkommers
Spriet uie
1 Ui
Bietjie hoender aftreksels
2 Suurlemoene
Pietersielie
Klein bietjie botter
1 ½ liter water
Los eers die hoender aftreksel in ‘n klein bietjie water op
Sny die ui in klein stukkies, en braai dit in die pan saam met die botter
Sny die komkommer in stukke en smoor dit saam met die uie in die pan
Drup die suurlemoen sap in die kooksel
Sny nou die pietersielie en spruiuie in skyfies op
Dit alles kan in ‘n groot pot geplaas word en saam gekook word vir so 5 minute
Gooi die komkommer mengels in jou blender om dit fyn te maal
Laat die sop afkoel tot kamertemperatuur voordat jy dit in die yskas sit om te verkoel
Wanneer die sop bedien word, gooi so klein bietjie room ook saam met die sop in die opskepbakkie vir versiering.*DIYmet Riaan*



ADVOKADOROOMSOP 
1 ryp advokadopeer
Sap van ‘n halwe suurlemoen
140g joghurt
100ml slaairoom
125ml melk
50ml ui fyn gekap
150ml room styf geklop
Sout en peper na smaak
Pietersielie vir garnering
Skil advokadopeer en besprinkel met suurlemoensap. Druk advokadopeer fyn en meng met joghurt. Klop advokadomengsel met melk, slaairoom, uie en room wat geklop is. Voeg sout en peper by. Bedien baie koud. Garneer met pietersielie. 


Jolindie van Biljon
Koue murgpampoentjie-sop
4 porsies
Sny 700 g murgpampoentjies in dun skywe en plaas in kastrol. Voeg 10 ml droë hoenderaftreksel-poeier en 100 ml water by. Bring tot kookpunt en laat prut tot sag. Laat ’n rukkie afkoel voor jy dit in jou versapper verpulp. Gooi uit in bak en voeg 250 ml room by. Geur met sout en peper. Laat afkoel in yskas. Sit voor saam met ’n skeppie crème fraîche en ’n takkie bronkors.
 


Adéle Van Zyl Filmalter
TAMATIE SOP
2 koppies room
1 teelepel suurlemoensap
¼ teelepel peper
½ koppie uiegras- roomkaas
1 blik tamatiesop
bietjie gerasperde uie
2 teelepels 'horse raddish' (Opsioneel)
1 t sout
Klits alles saam - verkoel voor bedien.
Genoeg vir 4-6 persone.
(Gerasperde komkommer kan ook bygevoeg word)


No comments:

Post a Comment