Tuesday 5 February 2013

TURKSVY KONFYT



TURKSVY FYNKONFYT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/turksvy-konfyt.html

Skil 1kg ryp turksvye dun af en sny dit in klein stukkies op.

Voeg 625ml water by, verhit dit tot kookpunt en kook dit 'n kwartier lank met die deksel op.
Haal die kastrol van die stoof af.
Voeg 375g wit suiker, die sap van 'n halwe suurlemoen, 1 knoets gekneusde, gedroogde gemmerwortel en 'n knippie sout by die warm turksvymoes.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Kook dit oor matige hitte totdat die konfyt helder en dik is.
Verwyder die gemmer en gooi dit weg. Skuim die konfyt af, indien nodig. Bottel dit warm en verseël dit wanneer afgekoel.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*foto Helena Kruger*2013





Turksvykonfyt
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/02/turksvy-konfyt.html

Kies turksvye wat ryp is, vryf hulle goed af met n growwe doek om die dorings te verwyder en spoel hulle in water af.
Skil net die groen skilletjie af en weeg die vrugte.
Prik die vrugte met n stopnaald laat dit oornag week in n oplossing van koeksoda (45 ml koeksoda op 5 liter water).
Was die vrugte die volgende dag goed af met water en kook dit in skoon water tot sag.
Gebruik 375 g suiker en 570 ml water vir elke 500 g vrugte om die stroop te maak.
Voeg 15 ml suurlemoensap by vir elke 500 g vrugte.
Laat die stroop kook en sit die turksvye een vir een in die stroop om te verhoed dat die stroop ophou kook. Sit die deksel op en laat dit vir 15 minute kook.
Lig die truksvye die volgende dag uit die stroop.
Syg die stroop deur n klam kaasdoek en laat dit weer kook.
Voeg die turksvye by en kook totdat die vrugte helder en deurskynend is.
Bottel die konfyt dadelik.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


TURKSVY-STROOP
Kook die pulp deur die aantal turksvye te bedek met water. 
Kook tot sag en syg deur sif.
Neem een koppie van die moes en een koppie suiker en kook tot die gewenste dikte.Helena
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
 

No comments:

Post a Comment