Saturday 2 February 2013

VLEIS-SOPPE

                                                       Foto<>Chew and Chatter


SPEK EN LENSIE-SOP
6 repe swoerdlose strepiespek, gekap
4 snye witbrood, korsies afgesny
30ml botter
2 groot uie, fyngekap
4 groot wortels, gerasper
500ml oranje lensies, afgewas
3 selderystingels , punte verwyder, gekap
2 liter hoenderaftreksel
2 lourierblare
2ml gedroogde basiliekruid
15ml pietersielie, vars gekap
15ml suurlemoensap
Braai die spek vir 3 minute oor lae hitte. Haal uit die pan en hou
eenkant. Sny die brood in blokkies en sit by die vet in die braaipan.
Braai die brood tot goudbruin aan albei kante en hou eenkant. Verhit die botter in 'n groot kastrol. Soteer die uie vir 2 minute. Voeg die seldery en wortels by en kook vir 4 minute. Roer 2 keer. Voeg die lensies, hoenderaftreksel, geurmiddels, lourierblare en basiliekruid by.
Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat vir ongeveer 2 uur lank stadig prut. Roer af en toe. Roer die spek en pietersielie net voor opdiening by. Laat 2 minute prut en sit dan voor met bereide croutons bo-op.*Gabrielkolbe* 10/4/12**N.S Baie lekker **Helena Chilli Kruger*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-soppe.html


Gerda Potgieter
RAAP EN SKRAAP SOP
As jy nou 'n raap-en-skraap kok is soos ek kan ek jou die volgende raad gee. Ek spaar alle oorskietkos . My vrieskas is vol bakkies. Dan neem ek 'n blikkie baked beans en versap dit met die lang Braun ding met die lemmetjie aan die stingel (ek hoop julle weet waar ek van praat). Glo my niemand sal agterkom daar is baked beans in nie.As julle nou meer mense is gebruik 2. Dan gooi ek ander goed soos rys of ander groente by en versap. . Nou voeg ek tekstuur by. Oorskietvleis of hoender, 2 min noodles en n blikkie lensiesop van Woolies. So proe proe voeg ek speserye by. 'n Blikkie hoendersop verrig ook wondere. Nou miskien nie die goedkoopste soort nie maar dit kan lyk of jy ure voor die stoof spandeer het. Ideal melk kan enige tyd bygevoeg word. Hierdie is nie vir julle wat volgens maat kook nie. Glo my dis binne 20min klaar.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-soppe.html



Beesstert-sop
Deur Barbara Joubert, SARIE - Junie 2009
Dié sop kan vir party mense nogal ryk wees, maar dis baie lekker. Eerlikwaar ’n maaltyd op sy eie. Begin al die vorige dag daarmee
Jy benodig
500 g beesstert
30 ml sonneblomolie
1 ui, gekap
2 wortels, in die lengte gehalveer en in skywe gesny
1 groot selderystingel, in stukkies gesny
6 tamaties, in blokkies gesny
750 ml water
15 ml Worcestersous
1 lourierblaar
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit jou oond tot 140 °C. Plaas beesstert in ’n kastrol. Maak toe met deksel en plaas in die oond vir minstens 4 uur. Haal uit en laat afkoel. Verwyder vleis van die bene en verwyder oortollige stukke vet. Behou die bene. Verhit olie in ’n kastrol. Braai ui, wortels en seldery saam vir sowat 10 minute. Gooi tamaties by en braai verder vir sowat 5 minute. Gooi vleis, bene
en die jellie (wat vorm as die vleis afkoel) by. Voeg water, lourierblaar en Worcestersous by. Geur met sout en swartpeper. Maak kastrol toe met ’n deksel en laat stadig prut vir minstens 4 uur. Roer elke nou en dan. As jou sop te dik kook, kan jy nog ’n klein bietjie water byvoeg, maar onthou, dit moet lekker dik wees.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-soppe.html

.

Charmain Venter
Biltongsop
resep vir 4 mense
halwe koppie Botter;
een koppie Meel;
1 liter Beesvleisaftreksel;
1 koppie fyn biltong;
100 gram Bloukaas;
200 gram Cheddarkaas;
1 koppie Room.
Smelt die botter en roer die meel by. Voeg die vleisaftreksel bietjie vir bietjie by terwyl geroer word. Verhit tot kookpunt en prut tot verdik. Voeg biltong by en laat baie stadig prut, sodat biltonggeur kan deur trek. Proe en voeg sout en peper by na smaak. Roere die room by, en haal van die hitte af.
Voeg die gerasperde kaas by en roer deeglik. Die hitte van die sop sal die kaas laat smelt.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-soppe.html



Spek-en-avokado-sop
Vrouekeur
6 porsies
* bietjie olie
* 1 ui, gekap
* 2 selderystingels, fyngekap
* 250 g (1 pakkie) spek, gekap
* knypie selderysout
* knypie knoffelsout
* 125 ml (½ k) witwyn
* 5 ml (1 t) suurlemoensap
* 250 ml (1 k) dubbeldikroom
* 3 avokado’s, geskil, ontpit en in blokkies gesny
* 750 ml (3 k) hoenderaftreksel
1 Verhit olie en soteer ui en seldery tot sag.
2 Voeg spek by en soteer tot gaar.
3 Geur na smaak met seldery- en knoffelsout.
4 Skep ui-en-spekmengsel in voedselverwerker en voeg wyn en suurlemoensap by. Verwerk tot so glad moontlik.
5 Gooi terug in kastrol en roer room, avokado’s en hoenderaftreksel by.
6 Voeg nog water of hoenderaftreksel by.
7 Verhit weer tot warm en sit dadelik voor.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-soppe.html

No comments:

Post a Comment