Friday 8 March 2013

BROODROLLETJIES

Tuisgemaakte feta-kaas broodrolletjies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/03/broodrolletjies.html

1 x 10 g pakkie kitsgis
400 g witbroodmeel en nog meel vir knie
5 ml sout
100 ml louwarm water
2 eiers
30 ml olyfolie
15 ml heuning
1 wiel feta-kaas
handvol sesamsaad
bietjie growwe sout

1. Plaas kitsgis in ’n mengbak saam met witbroodmeel en sout.
2. Meng louwarm water, 1 eier, olyfolie en heuning saam en giet by meel.
3. Meng in en knie vir sowat 15 minute of totdat die deeg glad en elasties is. Krummel die fetakaas en knie in deeg in.
4. Plaas in ’n groot bak gesmeer met olyfolie en bedek met kleefplastiek. Hou in ’n warm plek en laat rys vir sowat 1 uur of totdat die deeg verdubbel het in grootte.
5. Knie deeg af en vorm in klein ronde balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat. Voorverhit oond tot 180 ºC.
6. Klits die oorblywende eier en verf die broodrolletjies daarmee. Besprinkel met sesamsaadjies en growwe sout. Laat weer rys tot verdubbel in grootte.
7. Bak broodjies vir sowat 20 minute of tot goudbruin. Haal uit oond en laat afkoel op draadrak.
8. Bedien warm of koud saam met die oestersop.*voelgoed*13/3/13



BELANGRIKE WENK VIR SAGTE BROODROLLETJIES


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/03/broodrolletjies.html
Adriaan Van Niekerk
Al die preservatives in daai 'sagte-McDonalds-style-broodjies' is NIE goed vir mens nie.
As ek rolletjies bak in my kombuis in die Hotel waar ek werk, stoom ons die broodjies eers vir n paar minute en dan switch ons die oond oor na die gewone bak settings en bak tot die rolletjies gaar is. Hulle kom lekker sag uit dan! By die huis kan julle try en n oond bak met water eers in die oond druk voor jy jou rolletjies insit en sodra die rolletjies ingaan, splash bietjie water aan die binnekant van die warm oond om bietjie stoom te maak. Probeer en laat weet gerus.

Charmain Venter
Jy kan 2 ysblokkies ook in die oond sit... dit maak ook lekker stoom....


FRANS SE WENNER BROOD/ ROLLETJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/03/broodrolletjies.html
Sif saam 

1 teelepel sout en 
6 koppies koekmeel ,
meng 

450ml louwarm water , 
10 gram kitsgis , 
2 eetlps suiker en 
50ml olie en laat staan tot dit skuim.


Meng die vloeistof en meel , knie tot elasties .
Laat rys en knie weer , plaas in 'n groot broodpan , laat rys tot dubbel die grootte en bak by 160C vir 50min.
( Jy kan ook twee koppies meel vervang met Nutty Wheat , en jy kan twaalf broodrolletjies maak ipv 'n brood maar dan is die baktyd net 25min.) 

Frans Odendaal


Sonja Zino

SOETBROOD


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/03/broodrolletjies.html
Ek weet nie presies hoe dit sal werk vir brood wat in `n pan gebak word nie, ek bedoel die baktyd.
basies lyk die resep so, maar ek weet om die brood geel te kry word safraan bygesit, en mens kan ook meer eiers byvoeg en dan natuurlik minder water. Suiker kan ook met heuning vervang word. Die resep halveer maklik.
•1 kg meel (ek gebruik gewone broodmeel)
•1 1/2 tl sout (voeg dit by as ek deeg al effe geknie het)
•1/2 k suiker (wit of geel)
•1 1/2 el kitsgis (droe gis)
•2 eiers
•1/2 k olie
•2 k water (meestal gebruik ek nie al die water nie en mens voeg eerder meer water by as meer meel later)
► knie saam en rus vir ongeveer een uur, tot dubbeld, ek sit in yskas oornag.
knie weer om lug uit te kry en maak jou eindproduk
laat rys weer
verf eier en water gemeng bo-oor
bak by 180 grade C
ongeveer 40 minute as dit groot brode is
30 tot 35 min vir medium
20 min vir broodrolletjies
☺ ek maal altyd bietjie sout oor my brood net voor dit gebak word, dit gee `n besonderse smaak
☺ moenie vergeet om pan halfpad deur baktyd om te draai vir egalige bak
geniet dit en laat weet hoe dit vir jou werk — at Sonja's Kitchen.Lidia Burger




BROODROLLETJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/03/broodrolletjies.html
*
Sarie Kos*
{6-8}
1 x 10 g-sakkie kitsgis
120 ml louwarm melk
50 g strooisuiker
10 g sout
300 g (535 ml) koekmeel plus ekstra vir uitrol
3 eiers
100 g botter
100 g sesamsaad
Wenk: Jy kan die wit meel met bruinbroodmeel vervang as jy dit meer veselryk wil maak.
Plaas die gis, melk, suiker, sout, meel en 2 eiers saam in ’n elektriese menger. Klits op hoë spoed met jou K-spaan totdat die hele mengsel van die bak se rand af wegtrek en in een groot bal om die spaan kleef. Dit neem sowat 5 – 8 minute.
Gebruik ’n skerp mes om die botter in klein blokkies te sny en voeg geleidelik by deeg terwyl die menger loop. Klits op mediumspoed tot al die botter ingemeng is. Plaas mengsel in ’n skoon mengbak en laat dit op ’n warm plek rys tot dubbel in volume – sowat 30 – 40 minute.
Gebruik ’n skêr en sny bolle deeg so groot soos klein appels van die mengsel af. (As jy ’n skaal het, kan jy die deeg in porsies van 130 g weeg.) Gebruik jou handpalm en rol balle op ’n oppervlak wat met ’n dun lagie meel besprinkel is.
Verhit jou oond tot 180 ºC. Plaas die bolletjies op ’n bakplaat wat met kleefwerende kossproei bespuit is en laat op ’n warm plek rys tot verdubbel. Dit neem sowat 30 minute. Breek 1 eier en klits dit liggies. Verf die eiermengsel oor die bolletjies en sprinkel sesamsaad bo-oor. Bak vir 20 – 25minute of tot goudbruin en gaar. Laat koel af op draadrak.
ONTHOU
- MOENIE die melk te warm maak nie: Dit sal die gis doodmaak en veroorsaak dat jou brood nie rys nie.
- DRUK jou vinger in die melk om te toets of dit reg is. Dit moet min of meer liggaamstemperatuur wees.
- PROBEER om so ver moontlik bestanddele af te weeg eerder as om met maatkoppies te meet: ’n Skaal is meer akkuraat.



SOFT DINNER ROLLS:
Ingredients
1 ½  - 2 C whole wheat pastry flour (I know it's uncool to say it, but I'm not a fan of whole wheat flour. I used entirely all-purpose flour for the rolls.)
2 - 2  ½  C all-purpose flour
1 T active dry yeast
3 T honey
1 C tepid water (105° - 115° F)
1 C yogurt (Robin used Greek style yogurt, as did I.)
1 T extra virgin olive oil
1 ½  t salt
Instructions
1. If using both whole wheat and all-purpose flour, mix the two flours together in a bowl and set aside.
2. In the bowl of a stand mixer, combine 1/2 cup flour (or flour mix), yeast, honey and tepid water.
3. Stir well and let stand for 10 minutes, until bubbles form.
4. With flat beater blade or a wooden spoon, stir in yogurt, extra virgin olive oil, salt, and 2 more cups of flour (or flour mix).
5. Gradually mix in remaining flour until you have a soft dough that pulls from the sides of the bowl.
6. Turn out onto a floured counter and knead by hand or use the dough hook attachment on an electric mixer. This should take about 5 minutes.
7. Cover the bowl with a lid or a towel and let rise until the dough doubles in size, approximately 1 hour.
8. Spray cupcake tins with non-stick baking spray or coat with melted butter.
9. Break off pieces of dough and roll into balls that fill each cupcake slot. The balls should almost fill each depression. Both Hippo Flambe and Baking Bites go into detail about how to make sure that each roll is exactly the same size. I don't really care about homemade things all being the same size. I like that people can choose whether they want a bigger one or a smaller one.
10. Cover with a clean, damp dish towel and let rise for 25 minutes. After rising, mine looked like the photo above.
11. Bake at 375 F for about 20 minutes, until rolls are a deep golden brown on the top.
12. Break one open and dig in!


Berie Vd Velden Smith

No comments:

Post a Comment