Friday 8 March 2013

GROENTE-BROODJIES



  




Spinasiebroodjiehttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/groente-broodjies.html
1 x 500g pak bruismeel
3ml sout
100g cheddarkaas, gerasper (250ml)
1 groot knoffelhuisie, gekneus, of 5ml gekapte knoffel
1 groot eier; geklits
1 x 175g houertjie ongegeurde jogurt
1 x 250g sakkie geroomde spinasie
Sif bruismeel en sout saam. Voeg cheddarkaas en knoffel by. Meng geklitste eier, jogurt en spinasie goed saam en voeg by droë bestanddele. Meg goed en skep in 'n gesmeerde broodpan. Bak 50 - 60 minute of tot gaar in 'n voorverhitte oond by 180 grade C. Keer op 'n afkoelrak uit. Lewer 1 broodtjie.
Die resepte kom uit die resepteboek, Kook met blikkies en pakkies van Deona Tait. 




BLOMKOOL BROODJIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/groente-broodjies.html
Bestanddele:
kwart koppie botter
halwe kop koekmeel
2 kop melk
1 t sout
halwe teelepel peper
1 kop gerasperde kaas
1 eetlepel gerasperde suurlemoenskil
3 eiers geskei
2 kop gekapte gaar blomkool
halwe kop room
paprika
Metode:
1.meng die eerste vyf bestanddele en roer oor medium hitte tot dit dik en glad is (witsous)
2.voeg die helfde van die kaas, die suurlemoen skil en die geklitse eiergele by. hou 'n kwart van hierdie sous eenkant om bo-oor die broodjie te smeer.
3.voeg die blomkool by die witsous en vou die styfgeklitste eierwitte in
4. skep die mengsel in gesmeerde broodpannetjie en bak dit by 180 grade C vir 45 minute
5. laat afkoel vir 10 min en gooi uit op bord
6. meng die res van die witsous met die room en smeer dit oor die broodjie
7. sprinkel die res van die kaas oor die broodjie en sprinkel paprika oor
8. sit vir 5 min lank onder die oondrooster*Riana Du Plessis





Chakalaka-broodjie
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/groente-broodjies.html
2 K bruismeel
1/2 T sout
1 Klein blikkie chakalaka met sweetcorn
4 Eiers
1/2 K Gerasperde kaas
150 ml Melk
Meng alles.
Skep in 'n broodpannetjie
Strooi bietjie gerasperde kaas en paprika oor die broodjie.
Bak vir 45 - 60 min op 180 C.
Marleen Basson Niemandt
vriendin Hantie Sharpe se resep


WORTEL EN PIESANG BROOD
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/groente-broodjies.html
250ml suiker
200ml olie
3 meduim groot eiers
250ml piesangmoes
250ml gerasperde wortels
425ml rogmeel of koekmeel
7ml koeksoda
4ml kremetart
10ml fyn kaneel
Klits die eiers, suiker en olie tot liggeel en donsig. Roer die piesangmoes en wortels by die eiermengsel. Sif die meel, koeksoda, kremetart en kaneel saam. Voeg by die piesangmengsel en meng tot ‘n drupbeslag. Skep die beslag in 2 gemeerde middelslagbroodpannetjies en maak gelyk bo-op. Bak 20 min lank by 180°C. Verlaag die temperatuur tot 160°C en bak nog 15-20min. of tot gaar. Laat die brood op ‘n draadrakkie afkoel. (Die brood vries baie goed) SA Kookboek



SAMPIOENBROODJIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/groente-broodjies.html
500 g bruismeel
500 ml karringmelk
1 pakkie room van sampioensop
Meng alles goed saam. Die deeg moet taamlik slap wees.
As dit te styf lyk, voeg nog ‘n bietjie melk by.
Bak in ‘n broodpan by 180ºC vir 1H
Marlé Buysseur..



Klam botterskorsie-gesondheidsbrood
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/groente-broodjies.html
(8 mini-broodjies) Dis belangrik om die sonneblomsaad bruin te braai, anders sal dit groen word as dit met die koeksoda gemeng word. Skud die saad net in 'n braaipan met 'n bietjie olie by hoë hitte tot goudkleurig en bros.
4 k (500 g) volgraanmeel
1 t (5 ml) koeksoda
1 e (15 ml) bakpoeier
1 t (5 ml) sout
1 k (250 ml) All Bran ontbytvlokkies
1 k (250 ml) gerasperde rou botterskorsie «
½ k (125 ml) bruin gebraaide sonneblomsaad
2 e (30 ml) heuning
1 eier, geklop
2 k (500 ml) karringmelk «
½ k (125 ml) water
Meng die eerste sewe bestanddele.
Klop die heuning, eier, karringmelk en water saam en voeg by.
Meng goed. Skep in gesmeerde en gevoerde mini-broodpannetjies en bak sowat 45 tot 55 min. by 180C (350F). Sit voor met 'n soutige doopsous



ZUCCHINI BREAD
 375ml sunflower oil
 6 eggs
juice and grated peel of 1 orange
 5ml vanilla essence
750ml cake flour
5ml bicarb
5ml baking powder
2ml salt
5ml grated nutmeg
10ml ground cinnamon
750ml finely grated baby marrows or carrots
 250ml granola.
 In a large bowl beat sugar and oil together until smooth. Add eggs and beat until creamy and smooth. Add orange juice, orange peel and vanilla and beat very well. In another large bowl mix all the dry ingredients except baby marrows/carrots and granola. Add dry ingr to orange juice mixture and stir in marrows/carrots and granola and mix just until combined. Pour into 2 x 450g or 1 litre loaf pans and bake at 180deg for about an hour or until a skewer inserted in the centre comes out clean (Grease loaf pans before filling with dough). There may be some left-over dough - use to make muffins and bake for 15-20 minutes.*13/3/13**Moira Botha Dyer

 

No comments:

Post a Comment