Wednesday 13 March 2013

SWARTPOTJIE WENKE




Swart Potjie Wenke vir ‘n roes-vrye potjie
Berie Vd Velden Smith
Ek lees en hoor van so baie maniere wat mense gebruik om hulle swart potte te was en skoon te maak,en wenke oor hoe om te probeer keer dat hy nie roes nie. Baie van julle se manier werk seker, al is dit soms een helse werk. Ek deel graag met julle, seker die beste wenk, oor hoe om na jou potjie te kyk. Gebruik dit vir alle gietyster potjies, panne ens.
Maak so met jou potjie.
Meeste van die nuwe potjies wat jy vandag koop is reeds vooraf behandel (seasoned) met olie, sodat dit in ‘n maate “non-stick” is en nie roes nie. Ek sal nou verduidelik hoe om jou pot of pan te behandel (re-season) indien jy dalk die olie laag beskadig en hy begin roes.
Probeer om nie jou potjie te skuur nie, en moet nie sterk skoonmaak middels gebruik nie, dit beskadig die olie laag wat jou potjie beskerm. As jou potjie nie aan-gebrand het nie, gebruik slegs warm water om die potjie skoon te maak, en droog dit dan goed af. Baie mense gebruik slegs warm water, maar somige mense soos ek glo daar moet darm so bietjie sunlight seep gebruik word. Sit jou pot in die oond, naby die vuur om dit te verhit en seker maak hy is goed droog. Onthou…vogtigheid en water veroorsaak dat jou potjie roes!
Moet nooit die potjie bere met die deksel op nie, dit sal vog binne vaskeer wat gaan veroorsaak dat jou pot roes. As jy moet, sit dan iets tussen die deksel en die pot sodat die binnekant van die pot kan lug kry. Op gevoude handoek papier werk goed. Indien jy die pot vir ‘n lank tydperk nie gaan gebruik nie, sit dan koerant papier of handoek papier in die pot nadat jy dit eers behandel het. Dit sal help om die vog op te vang en keer dat hy nie roes nie.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/swartpotjie-wenke.html

 
Wat doen ek as my Pot aan-gebrand het?
Gooi water in die pot en laat dit kook todat die brandsels sag is en maklik los kom. Indien die brandsels steeds vas sit, dan moet jy dit met ‘n borsel of potte draad skuur, of gebruik maak van ‘n staal borsel op jou boor of skuur masjien en skuur, skuur, skuur todat dit skoon is. Let wel, nou sal jou beskerm laag beskadig wees, en die potjie moet nou weer behandel word of hy gaan erg roes!http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/swartpotjie-wenke.html

 
Behandeling van jou Potjie
Nadat jy die pot behoorlik skoon gemaak en geskuur het, moet jy eers seker maak dat die pot goed droog is. Maak die pot warm sodat hy kan uitdroog. Wag nou tot die pot en die deksel net genoeg afkoel om hom te kan hanteer.
Sit solank jou oond op sy hoogste aan. Smeer nou die pot en die deksel, binne en buite, behoorlik met kook-olie. Moet nou nie botter of kook & spray hiervoor gebruik nie! Sit die pot, met die deksel af, in die oond en los hom daar vir 1 uur. Sit die oond af en los tot die potjie afgekoel is. Vee die pot met handoek papier om oorblywende olie te verwyder. Jou potjie is nou weer reg vir gebruik! Met tyd word die pot al beter.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/swartpotjie-wenke.html

 
Ander Wenke
• Gebruik lae hitte en meer tyd met jou pot, die kos smaak beter en die pot brand nie so maklik aan nie.
• Moet nooit ‘n warm pot dadelik op ‘n koue plek neersit nie. Jou pot kan kraak.
• Gebruik altyd ‘n hout/plastiek lepel, dit sal help dat jy nie die pot onodig krap en die olie-laag beskadig nie
*13/3/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/swartpotjie-wenke.html


WENK*
Wanneer jy jou kos gaar gemaak het in jou gietysterpot, vee mooi skoon binne en besmeer met olie binne en buite deeglik. Prop vol koerantpapier en los so tot die volgende keer wat jy die pot moet gebruik. Dan haal jy die papier uit en maak pot mooi skoon voor gebruik.Helena Kruger http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/swartpotjie-wenke.html



  Heinrich Nel
 Een van di dinge wat jy kan doen is om di pot op di vuur met groenteskulle ens te kook.
Christel Ferrier
ek doen dit soos my ouma gedoen het. Sit pot oor baie warm vuur en brand in met varkvet. Gooi warm gebrande varkvet dan uit en vee uit met handdoekpapier (carltonpaper). Gereed vir wegbere of dadelik gebruik.
Hilda Dates Steyn
Kook groente skille in die pot. Wanneer jy nie die pot gebruik nie spuit spray and cook binne om roes afteweer.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/swartpotjie-wenke.html

Ancoise Strydom
 Vat gewone rou aartappel en sout en vryf die pot binne en buite en spoel af net met water . droog baie goed af en smeer olie of spray en cok binne en buite . Laat staan so en doen altyd net dit.. Moenie die pit met seepwater was http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/swartpotjie-wenke.html


Rona Swart
SWARTPOTJIE
 Het die pot so bietjie uitgewas met warm seepwater - toe raak dit te veel werk. Toe vat ek 'n klomp groente skille (uie, aartappels en wortels) en kook die pot skoon daarmee. Al die roes het afgekom. Weer mooi skoon gewas met warm seepwater, afgespoel en dadelik drooggedruk met handdoekpapier. Effens gelos om mooi droog te word en toe met Spray n Cook gespuit! Voila! Dit is nou al wat ek met my potte doen, want almal word nie ewe gereeld gebruik nie.*14/3/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/swartpotjie-wenke.html

Berie Vd Velden Smith
ROES IN POTJIE:
[VAN DIE MANNE WAT WEET HOE!!!!!]
Aangesien 'n potjie eg aan Afrika is en ek slegs vlot in een Afrika taal is gaan ek in Afrikaans verduidelik (die souties moet maar die woordeboek gebruik).
'n Nuwe potjie moet eers ingebrand word (werk ook vir 'n geroeste potjie)
Ek maak die potjie vol met die goedkoopste kookolie wat ek in die hande kan kry.
Sit dit op 'n gasbrander totdat die olie begin rook.
Draai die hitte af sodat die olie oorkook nie.
Hoe langer die olie in die pot kook hoe beter die resultate - ek doen 'n minimum van 3 ure.


Sit gasbrander af en laat staan totdat die potjie koud is - ek los dit gewoonlik tot die volgende Saterdag.
Gooi die olie weg of meng dit 50/50 met parrafien en sit gedroogte teesakkies daarin vir 'n uitstekende vuuraansteker.
Onmiddelik na gebruik word die potjie mooi blink geskuur met staalwol en Sunlightseep (koekie).
Uitgespoel met warm water
Goed droog gemaak.
Terug op die hitte (oond werk ook goed) om dit mooi droog te maak.
Indien die potjie nie binne die volgende week weer gebruik word nie, word dit ingesmeer met 'n klein bietjie olyfolie en dan weer met handdoekpapier om die ekstra olie weg te vee terwyl dit nog redelik warm is - pasop vir brand.
Geen reuke of smake in potjie nie - deksel sit ook nie vas nie.
Dit is die potjie se totale onderhoud.14/3/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/swartpotjie-wenke.html

Gerrie Van Antwerpen
 Skuur daai pot met skuurpapier om van die ergste roes ontslae te raak en vee hom met 'n droe lap uit.
Kook nou groenteskille en –blare in ‘n pot driekwart vol water, waarin daar weer ‘n koppie sout en asyn bygevoeg is. Jy kan so 100ml kookolie ook in die pot gooi saam met die skille en sout&asyn.
Indien hy dalk nog roeserigheid toon kan jy gebruikte kookolie in die pot gooi en dan lekker warm maak. Gooi nou aartappelskille in daai kookolie, maar pasop dat jy nie brand nie. Roer daai spulletjie met 'n lang houtlepel en laat die olie sommer lekker opkook boontoe sodat hy tot teen die rand gesmeer word. Gebruik sommer Spay n Cook voor jy dit weer bêre. Sommige potte het 'n vernislagie gehad wat jy nie moet afskuur wanneer jy dit gebruik nie maar van die ou Falkirk potte het dit nie gehad nie.14/3/14 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/swartpotjie-wenke.html

BEHANDELING VAN NUWE GIETYSTERPOT

[IAN LAING WEGTYDSKRIF]
Die “inbrand” van ‘n nuwe pot: Wanneer ‘n nuwe pot aangeskaf is, kan dit soos volg behandel word. Maak ‘n redelike groot vuur en gooi binne-in die pot ‘n klomp kole. Laat brand vir ongeveer 30 minute. Die rede hiervoor is om die tipe vernis wat die vervaardigers gebruik om te verhoed dat die pot roes, af te brand. Haal dit dan van die vuur en laat dit stadig afkoel. (Wanneer daar koue water by ‘n baie warm leë pot gevoeg word, kan die pot kraak) Skuur die pot daarna met skuurpapier, sand of as totdat dit begin blink. Kook vervolgens een koppie sout en 2 koppies asyn met die pot driekwart gevul met water vir sowat 30 minute. Herhaal nog ‘n keer. Spoel die pot deeglik uit en skuur alle growwigheid met skuurpapier tot ‘n redelike gladde oppervlak verkry is.

Kook nou groenteskille en –blare in ‘n pot driekwart vol water, waarin daar weer ‘n koppie sout en asyn bygevoeg is, vir ‘n verdere halfuur. Baie mense beweer dat ‘n pot hierna met olie gesmeer moet word, maar dan is die kanse goed dat die pot galsterig kan raak. Spuit eerder die pot met “Spray&cook”. Die pot is nou gereed vir gebruik. Dit is egter belangrik om die pot elke keer voor gebruik goed skoon te kook.  Berie Smith http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/swartpotjie-wenke.html

POTJIEWENKE: 

om jou nuwe pot te brand
Hoe brand ek ’n nuwe pot in vir gebruik?
Maak die pot vol water en gooi dan beesvet, aartappelskille, worteltoppe en ander tweedehandse groente by. Laat alles nou vir ’n paar uur kook en gooi dit uit.
Nou vat jy ’n gladde rivierklip van die Bergrivier se walle. En jy skraap die pot aan die binnekant. Jy skraap tot dit glad is – al daardie winkel uit die pot. Jy kan ook skuurpapier gebruik.
Dan spoel jy die pot uit en maak dit weer vol met dieselfde soort mengsel as wat jy aan die begin gebruik het. Kook hom nou vir nog so drie uur. Dan is jou pot reg.
Hoe bewaar ek my pot in tye wanneer hy nie gebruik word nie?
Die pot roes rooier as die baard van ’n Ierse voortrekker. Ná gebruik moet jy hom goed was en uitdroog. Herman van der Merwe het sy potte met Spray ’n Cook gespuit en dan koerante opgefrommel en binne-in gepak. Andries Krogman gebruik net koerant – “soveel as wat ek kan inkry”. Olie en vet raak oud en lei tot ongure geure.
Waarom moet ek nie die pot roer terwyl ek potjiekos maak nie?
Eerstens val alles uitmekaar en sit jy met ’n pappery. Jou 10 maande oue baba sien dalk kans hiervoor, maar ons soek dit nie in die buitelug nie.
Die tweede rede is dat die vleis onderin die pot die lae groente bokant met ’n heerlike stowevleisgeur geur. Draai jy die hele spul ná 45 minute deurmekaar, verloor jy die geur.
Potte kom in verskillende groottes: Hoe weet ek hoeveel mense ek uit die potte kan voed? Krogmann sweer by die “maal met vier”-formule. ’n nr. 4-pot sal dus 16 mense kosgee. ’n Nr. 2 is reg vir agt. Dis dus noodsaaklik dat jy op elke potjiekostog ’n sakrekenaar saamvat.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/swartpotjie-wenke.html

No comments:

Post a Comment