Saturday 6 April 2013

BESKUITPANNE RESEPTE




GESONDHEIDSBESKUIT

Dalene Brits
Hier is die resepte wat ek gebruik in my "drukker Panne":

Smelt saam:
500g Margarien
300g(1¾ k) Bruinsuiker
Laat afkoel.
Breek oop: 2 Eiers in die houer met:
500 ml Karingmelk of jogurt
en voeg by margarien.
Sif saam:
 1 kg Bruismeel
15 ml Bakpoeier
2 ml Sout
Roer by meelmengsel:
200 ml Sonneblomsaad
500 ml Semels
125 ml Rosyne (ops)
Roer nou karringmelkmengsel by
en laaste die 750 ml (3k) All Bran
Druk plat in 2 koekiepanne of 1 beskuitpan en sny in vingers.
Bak ¾ uur by 150°C tot ligbruin.
Droog uit in koue oond.
Lewer 2 kg.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/beskuitpanne-resepte.html 



Dalene Brits 

Hierdie karringmelkbeskuit kan jy 1 en half keer aanmaak vir 'n groot beskuitpan anders is dit te plat:
KARRINGMELKBESKUIT
Sif die droë bestanddele saam:
1kg Bruismeel
10 ml Sout
5ml Bakpoeier
Klits die volgende saam:
2 Eiers
500 ml Karringmelk
200 ml (1 kop) suiker
Sny melkmengsel met mes by droë bestanddele in. Knie liggies.
Knie: 200g Margarien, (effens gesmelt) bietjie
vir bietjie in. Vorm balletjies en laat effens rys of druk plat in beskuitpan en sny in vingers
Bak 45 min by 180°C en droog uit.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/beskuitpanne-resepte.html



Dalene Brits
VIR PANNE WAT BLOKKIES OF BESKUITE DRUK
PANNEMAN PRODUKTE
Beskuitpanne  die kontaknr van Mnr Dawie Coetzee. Sel nr is 082 7372399 Landlyn 051 5531000. Gee dan net vir hom die mate van jou oond.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/beskuitpanne-resepte.html

Dalene Brits
die gesondheidsbeskuit maak ek 1 keer aan vir die pan.
Die karringmelkbeskuit maak ek 1 en 'n half keer aan sodat dit nie te plat is nie.
Ek sien iemand druk eers hulle drukkertjie in die water voordat hulle die deeg "afdruk". Ek spuit net my panne spray & Cook , behoorlik en myne sit nie vas nie. Sterkte

Dalene Brits
Laat die karringmelkbeskuit net 'n bietjie rys voordat jy dit bak.

Anna Hattingh
Dalene hierdie gesondheidsbeskuit resep is nou my nuwe staatmaker omdat dit so mooi in die een pan inpas en die hoeveelheid is ook net reg.  Net ek en my dogter in die huis en dit kan nie oud raak soos groot hoeveelhede nie want ons eet dit op en bak weer volgende baksel.  Dis baie lekker en ek gooi cranberries in die plek van rosyne in, sommer so koppie daarvan.  Sal bietjie die karringmelk een ook probeer.Die spray en cook werk ook vir my lekker om die drukker mee te spuit.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/beskuitpanne-resepte.html 

1 comment:

  1. Dankie waardeer die resepte dit het my baie gehelp om presies reg te wees vir beskuitpanne en sal dit altyd gebruik!

    ReplyDelete