Friday, 26 April 2013

BILTONGTERT



BILTONGTERT



STEMMET SE STOUTE SOUTTERT
1 rol gekoopte skilferkors, ontvries
1 koppie gerasperde cheddarkaas
1 koppie nat of droog beesbiltong, in skywe gesny
2 wiggies fetakaas, gekrummel
swartpeper
4 eiers, geklits
375ml room
METODE
Voer 'n glasbak uit met die skilferkors.
Sprinkel die cheddarkaas op die bodem.
Bedek met die biltong en dan die fetakaas.
Gooi baie swartpeper oor.
Meng die eiers en room en voeg bo-oor.
Sprinkel weer so bietjie cheddarkaas oor en ook biltong.
Bak in oond teen 180 grade vir 'n halfuur.
Bron: RSG Resepte

No comments:

Post a Comment