Tuesday 23 April 2013

SOUSKLUITJIES

                                                       



BOTTERKLUITJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/botterkluitjies.html
(Mev. Kenan Havemann– eggenote van LV vir Odendaalsrus)
uit: Fynproe vir Meneer LV – 1966

4 koppies melk
4 eiers
2 eetlepels suiker (hoog vol)
3 eetlepels meelblom
1 eetlepel vla poeier

4 eetlepels maizena

Knippie sout

1 teelepel vanielje geursel

3 druppels amandel geursel

Metode:

Klits geel van eiers goed met suiker.
Voeg maizena, vla poeier, meelblom en bietjie melk by en klits goed.

Laat orige melk kook, voeg geklitste mengsel by (soos vir melktertvulsel) roer baie goed en klits laaste die stywe eierwitte by.
Skep lepels vol in ’n bak, strooi met suiker en kaneel, sit bo-op ’n groot lepel botter. Bedien warm.*Gerrie van Antwerpen**   Foto>tastebook.com



SOUSKLUITJIES IN N SPESERYSTROOP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/botterkluitjies.html
1k meelblom
1e botter
knippie sout
1e asyn
1 eier
1e appelkooskonfyt
1t koeksoda
Klits die eier en voeg die konfyt by. Voeg botter asook asyn en koeksoda by. Sif droe best. saam en voeg by eiermengsel
.
Kook jou stroop van die volgende:
1k suiker
1t gemmer
1t neut
3k water
1t fyn kaneel
knippie sout
Meng alles en laat dit kook. Skep lepelvol van die deeg in die kokende stroop. Kook oor matige hitte vir 20min. lank met n deksel op. Heerlik<Helena 1987<

 



SOUSKLUITJIES!

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/botterkluitjies.html
125ml Margarien
2t [1 desertlepel] koeksoda
4 e appelkooskonfyt
2k meelblom knippie sout
Smelt botter en roer konfyt by tot gesmelt. Voeg res van best. by en skep lepelsvol in warm sous.

Sous: 
3k water
1t botter
1k suiker
1t vanilja
Kook alles saam en skep kluitjies in en bak in oond vir 25min.160*C met n deksel op
Santjie van Wyk 1987 ♥ Helena




SOUSKLUITJIES IN DIE OOND

Sous:
1,5l water,
300 g suiker of 375ml suiker,
15 ml margarine,
5 ml kaneel,
2 ml sout.
Verhit sousbestandele saam tot kookpunt en kook 3 min.
Deeg:
500 ml koekmeel,
15ml bakpoeier,
1ml sout,
30ml margarine,
2 eiers geklits,
125 ml melk,
kaneelsuiker na smaak.
Voorverhit oond tot 300grade, Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Vryf margarine met vingers daarin tot goed gemeng. Meng eiers en melk, voeg by meelmengsel en meng tot deeg. Gooi kokende stroop in 'n diep oondskottel met deksel. Skep grootlepels vol deeg in netjiese hopies in die sous en doop die lepel elke keer in warm sous voor die volgende kluitjie geskep word. Strooi 'n bietjie kaneelsuiker bo-oor, sit die deksel op en bak 40min.
Sit warm voor, lewer 6 tot 8 porsies.
Rika Avis My ma het die week die resep vir my gestuur:.


MAIZENA KLUITJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/botterkluitjies.html
3k melk
3 e Maziena opgehoop [mielieblom]
3 eiers
Knippie sout

Metode:
Kook melk, meng geel van eiers en maziena met n bietjie melk en roer in melk as dit kook. Laat 10min. kook, roer aanmekaar.
Klits wit van eiers styf en roer in mazienamengsel, wanneer gaar en jy dit afhaal van jou stoof. Skep kluitjies[ hopies] in bak en strooi oor elke laag kaneelsuiker en n hele paar klontjies botter.
Jy kan room saam met dit bedien!!Heerlik...Vriendin Bokkie van Wyk 1975..Helena




Louis Krauss                                         
LOUIS SE KOPPIESOUSKLUITJIES 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/botterkluitjies.html
My resep maak 6 kluitjies so sal dit verdubbel of dalk verdriedubbel:


4 hoogvol E meel,                                      
2 E suiker,
1 eier
1 botter
2 t bakpoeier,
knypie sout
melk

Frummel (meng met vingers) die botter saam met die droë bestandele. Breek die eier daarby en dan maak die mengsel aan met melk tot 'n pap deeg.
Skep lepels in die pot.
'n Mens vat enige souskluitjie resep en al verskil is dat jy die kluitjies elkeen apart in koppies kookwater kook in plaas van alles in een groot pot.
 Dit verhoed dat die kluitjies bietjie "deurmekaar" raak in die pot. 
Skep die lepels deeg in elke koppie en sit die deksel op. 'n Pot met kookwater met binne in die koppies met kookwater. Kook vir 5 min. Sodra hy klaar is skep die kluitjie in die opdienbak en dan gooi jy weer vars deeg in die koppie.

Na alles gekook is. Gooi bietjie botter by die orige water en 1 E suiker en kaneel. Kook so paar minute en gebruik dit as sous by die kluitjies.

Gooi die koppie half vol water. Gooi een eetlepel vol deeg. Op die foto was hul reeds geswel.

No comments:

Post a Comment