Tuesday, 23 April 2013
GROENVYE TERT
GROENVYE TERT
(Mev. Bessie Froneman – eggenote van LV vir Heilbron) uit: Fynproe vir Meneer LV – 1966
Kors:
1 pakkie Marie beskuitjies, gemaal
2 el. Botter
2 dl. Suiker (desertlepel)
1 tl. Fyn pypkaneel
Laat botter smelt op stoof en meng met die gemaalde beskuitjies, suiker en pypkaneel. Voer twee gesmeerde Pyrex-borde daarmee uit – druk plat en sit in yskas.
Vulsel:
1 blik onversoete Ideal-melk
3 eiers (geskei)
⅔ koppie suiker in twee gedeel
½ koppie groenvye (opgesny)
½ koppie gekapte okkerneute
1 dl. Gelatien in ¼ koppie water opgelos
Knippe sout
½ tl. Amandel geursel
Metode:
Bring melk tot kookpunt oor kookwater (dubbelkastrol). Klits eiergele goed en meng die helfte van die suiker in en klits goed. Voeg dit by die melk en hou aan roer totdat dit ’n dik vla is. Verwyder van stoof. Voeg gelatien, vye en neute by en meng goed. Klits eierwitte baie goed totdat dit punte vorm, meng suiker geleidelik by en hou aan met klits totdat alles in is. Vou dit in die mengsel en meng goed. Voeg amandelgeursel by. Sit in tertborde en laat stol in yskas. Bedien met vars room, versier met stukkies vye. Ek verkies om Orley Whip i.p.v. vars room. Kan lank in yskas gehou word.*
Geplaas deur: Gerrie van Antwerpen
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/groenvye-tert.html
Labels:
Terte – Soet
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment