Tuesday 23 April 2013

NAPOLEONKOEK



NAPOLEONKOEK (Mev. Ivonne Langley – eggenote van LV vir Waterkloof) uit: Fynproe vir Meneer LV – 1966 Bak minstens 12 ure voor benodig. Deeg: ½ lb botter 1 koppie room 1 koppie suiker 3 eiers 1 teelepel koeksoda 1 teelepel vanielje geursel Genoeg meelblom om ’n stywe deeg te vorm. Ongeveer 4 tot 4½ koppies. Metode: Room botter suiker en room. Klits die eiers in. Voeg geursel by. Sif meelblom by. Los koeksoda in ’n bietjie melk op en voeg by. Druk die deeg oor die agterkant (onderkant) van die pannetjie (ongeveer 8” x 12”) dun en eweredig uit. Bak in ’n matige oond vir ongeveer 20 minute. Vyf lae moet op hierdie wyse gemaak word. Een mag kleiner wees om bo-op gekrummel te word. Vulsel: 3 koppies melk 1 koppie suiker 2 eetlepels meelblom 2 eiers 1 eetlepel botter 1 teelepel vanielje-geursel ’n knippie sout Metode: Kook die melk Klits die eiers en maak ’n gladde pasta deur die meelblom in ’n bietjie van die suiker by te voeg. Voeg die eiermengsel geleidelik by die kokende melk en roer aanhoudend om die vorming van klonte te voorkom. Voeg die botter, suiker, knippie sout en vanielje by en roer totdat die botter gesmelt is. Laat afkoel. Die koek: Smeer die vla op die onderste laag Plaas ’n volgende laag daarop Bedek weer met vla, ens. totdat die 4de laag ook met vla bedek is. Krummel die 5de laag en krummel dit oor die laaste laag vulsel. Bedek die koek en laat dit vir minstens 12 ure staan voor gebruik. (wat die deeg betref, kan die helfte van die hoeveelhede gemaak word met 2 eiers i.p.v. 3)* Gerrie van Antwerpen

No comments:

Post a Comment