Tuesday 23 April 2013

GEEN KNIE BROODJIE IN HALOGEEN OOND




BRUINBROOD

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/geen-knie-broodjie-in-halogeen-oond.html
Ek het 'Petra se geen knie brood' aangepas om dit bruin te maak.
3 ½ K Bruinmeel
2 eetlp Witmeel (Koekmeel is reg)
2 k Water

1 tlp Sout
1 eetlp Suiker
1 tlp Suurdeeg (halwe pakkie)
Bak vir 40 min in Halogen by 180*
N.S>


Dalene Brits
 Ek pre heat glad nie. Het die pan in die oondjie gesit sonder om dit aan te skakel en vir 1 uur 15min laat rys met 'n swartsak bo-oor getrek vir ekstra hitte. (Dit is al koeler hier..) Die pan was vol gerys en ek het net die oond op 180* gestel. Ek het eers die broodjie vir 30min gebak soos die wit brood, maar die bruinbroodjie was nog effens wit onder. Ek het toe die brood uit die pan gehaal en dit vir 10 min so oop gebak. Daarom stel ek die tyd in die resep vir 40 min. Dit sal genoeg wees.





PETRA SE GEEN KNIE BROOD

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/geen-knie-broodjie-in-halogeen-oond.html
MAKLIKE ROER WITBROOD

Jy kan sommer met jou huiswerk aan gaan met die brood ! Hier is die resep weer
Toe verander my hele lewe met die resep!
7 koppies meel (Dis presies 1Kg)(Koekmeel)
4 Koppies Water(lou water)
2 teelepels sout
1 Pakkie suurdeeg.(10g)
Meng alles goed deur, gooi in panne, laat rys, bak vir omtrent 1 uur tot gaar by 180°C
Dis dit, niks knie, af knie nie, net meng goed deur, laat rys en bak.19/7/12*Petra Pretorius


Henda Linstrom Vente
Dankie Petra vir daardie lekker Geen knie broodjie resep, in my Hellogen oondjie gebak vir 35 min op 180 Grade Ek het die resep gehalveer, en net een pannetjie gemaak, so as jy die hele resep aanmaak deel in 2 pannetjies. Dit is so half na driekwart in die pannetjiehttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/geen-knie-broodjie-in-halogeen-oond.html







*RYS GEDEELTE FOTO


1 comment: