Monday 8 April 2013

PIESANG SLAAIE




HENRIETTE SE PIESANGSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/piesang-slaaie.html
Gisteraand het ek hierdie piesang slaai gemaak en dit was heerlik - sommer my eie resep

6 Piesangs skyfies gesny
1 Blikkie fruit cocktail (sap afgegooi)

2 eetlepels mayonnaise (enige sort)

2 Eetl Kondensmelk

Klein bietjie suurlemoensap
Sprinkel suurlemoensap oor gesnyde piesangs
Meng met fruit cocktail vrugte
Meng mayo en kondensmelk en gooi oor jou slaai
Bedien dadelik Heerlik saam met braaivleis!
Bron: Eie resep Plasing: Henriette Wessels 17/5/13





PIESANG SLAAI 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/piesang-slaaie.html
Lizette Erasmus
 Gebruik hoeveelhede na smaak. Kerf piesangs in skyfies en gooi geblikte crushed pynappel in. Meng blik kondensmelk met houertjie room en houertjie plain yoghurt. Voeg net genoeg by piesangs om dit te nat te maak. Geniet dit is heerlik
.


Helena Kruger
KERRIE PIESANGSLAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/piesang-slaaie.html

Bestandele:
Halwe koppie mayonnaise
Halwe koppie chutney
2 Teelepels kerriepoeier (Mild)
'n Bietjie suiker
Meng al die bestandele saam en meng in saam met 3 gesnyde peisangs. Kerrie kan bygevoeg word na smaak. Jy kan ook meer mayonnaise of chutney byvoeg na smaak.  Boeretroos ♥
Helena Kruger  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/piesang-slaaie.html


PIESANGSLAAI 2
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/piesang-slaaie.html

1 Blikkie "Baked Beans"
4 - 6 Piesangs in skywe gesny
1/2k Mayonnaise
1/2k kondensmelk
1 tl Suulemoensap.
Sny die piesans in skywe, meng met suurlemoensap sodat dit nie verkelur nie, voeg die bakes beans by, sommer so met die sous.
Meng die Mayonnaise en kondensmelk saam en voeg dit by die res. Roer goed deur, verkoel in yskas en bedien.  Boeretroos ♥  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/piesang-slaaie.html


Helena Kruger
PIESANGSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/piesang-slaaie.html
3 eiers

125ml wit asyn
200g (250ml) witsuiker
10ml mosterdpoeier
knypie sout
250ml ingedampte melk (Ideal)

Klits eiers, asyn, suiker, mosterd en sout saam in 'n kastrol tot goed gemeng. Verhit oor matige hitte tot dik en roer gereeld. Haal af sodra dit kook. Laat mengsel afkoel. Voeg ingedampte melk by en meng. Gooi in fles en sit in yskas tot benodig.
Dan sny jy net in piesangs in dun skyfies en gooi die oor. Lieflik.
Boeretroos  *http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/piesang-slaaie.html 


Kerrie Piesangslaai.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/piesang-slaaie.html
Bestanddele

6 tot 8 Piesangs
2 e perske/appelkooskonfyt
½ t Borrie
½ t Kerrie
2 e Mayonnaise
1 e Asyn
¼ k Rosyne

Metode
Meng al die bestanddele vir die sous en laat 1 uur staan. Sny piesangs in skywe en meng met sous. Al die piesangs moet met die sous bedek wees. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/piesang-slaaie.html



Hallo, ek deel graag die Piesangslaai resepte met julle wat ek al gemaak het en wat heerlik is:

Maklike Piesangslaai met Baked Beans
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/piesang-slaaie.html

1 blikkie baked beans
2-3 piesangs
1 ui fyn gekap
Mayonnaise (so twee eetlepels)
Kondensmelk (so een eetlepel)

Sny piesangs en meng saam met die boontjies en ui. Laat staan in yskas.
Lekker saam met braaivleis.**Marita De Mare


Piesangslaai met Room
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/piesang-slaaie.html

5 – 6 piesangs (nie te ryp nie en nie te groen nie, maw net reg...)
250 ml room
‘n klein houertjie smooth yogurt (enige geur soos piesang, grinadella, vanilla, vrugte)
½ kop klapper (vooraf gerooster in die oond tot bietjie bruin) - opsioneel!
Klits room styf, gooi bietjie strooisuiker by terwyl jy klits. Gooi yogurt by en meng. Sny piesangs net voor jul eet, gooi die sous oor en meng liggies deur. Strooi klapper oor indien jy dit verkies. Lekker saam met braaivleis.
Jy hoef nie al die roommengsel te gebruik nie, hou dit vir vir volgende dag.
Geniet dit!**Marita De Mare

1 comment:

  1. Ek weet nie of ek hier my gunsteling piesangslaai resep mag plaas nie. Ignoreer die resep as dit verbode is asb...

    Rita se braaivleis-piesangslaai:

    6-8 piesangs in dunnerige skyfies gesny
    250ml vars room, styf geklits
    1 blikkie kondensmelk
    Sap van 2 vars suurlemoenne
    Voeg n biedjie van die uitgedrukte suurlemoensap oor die skyfies piesangs sodat dit nie verkleur nie.
    Meng die styf geklitste room nou goed met die blikkie kondensmelk.
    Voeg nou die oorblywende suurlemoensap by die roommengsel en meng goed.
    Voeg die piesang daarby en roer goed deur sodat al die piesang goed bedek is.
    goei oor in n mooi opdien bak en laat set in die yskas vir ongeveer 2 ure.
    Oornag in die yskas smaak die slaai op sy lekkerste!


    ReplyDelete