Wednesday 8 May 2013

AARTAPPELS OP DIE VUUR




AARTAPPELS OP DIE VUUR

n Meer tradisionele aartappelgebak met preie wat in witwyn gemaak word en spek kan jy nie verkeerd gaan nie.
6 aartappels

50 g spekstukkies

15 ml olie

5 groot preie
botter of margarien
50 – 100 ml witwyn

sout en varsgemaalde swartpeper
1 – 2 takkies vars roosmaryn
Vir die sous

5 ml elk heelkorrelmosterd en aangemaakte Engelse mosterd, of 10 ml van een

5 ml suiker
15 ml witwynasyn of rooiwynasyn

15 ml olyfolie

Skil en sny aartappels in blokkies van ongeveer 1.5 cm.
Kook vir 10 minute en dreineer.
Hou eenkant.

Plaas ‘n foeliepan op die vuur om alles op die vuur te maak, of kry ‘n oondvaste braaipan uit as jy dit in die oond gaan sit.

Braai die spekstukkies in ‘n bietjie olie tot goudbruin en bros.
Terwyl die spek braai, sny die preie oor die skuinste in dun skyfies.
Gooi in ‘n bak met water en skommel goed om van enige vuiligheid ontslae te raak.
Verwyder die spek van die pan en gooi die preie in.
Gooi ook 2 – 3 klontjies botter by en nog olie indien nodig.
Gooi ook twee skeute wyn by.
Roer die preie voortdurend en wanneer die wyn wegkook gooi nog bietjie by. Voeg sout en peper by.
Die preie moet so braai-kook totdat dit heeltemal sag is.
Dan verwyder jy die preie en hou dit saam met die spek eenkant.

Gooi nou die aartappels in die pan – en plaas in ‘n voorverhitte oond van 220 °C as jy dit nie op die vuur maak nie.
Voeg olie by om in te braai.
Sprinkel met roosmaryn.

Wanneer die aartappels begin verbruin gooi die spek en preie terug.
Meng die sousbestanddele goed saam en gooi dit oor die aartappels in die pan net voor opdiening.
Bron: Jou Wêreld*Henriette Wessels*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment