Wednesday 8 May 2013

MAYONNAISE TUISGEMAAK

 

HOMEMADE MAYO 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/mayonnaise-tuisgemaak.html
The basic chemistry of mayo
Mayo is basically an emulsion of olive oil and egg yolk.
You drizzle the oil into the egg yolk a little a time and whisk FURIOUSLY, which emulsifies the oil and creates your creamy mayo.
A sprinkle of salt boosts the flavor. Some powdered mustard and lemon juice brighten the whole business up with a little acid and zing.
Voila, homemade mayonnaise. Couldn’t be easier*.



Sharika Botha
Marcel Upfold
1/2 koppie olie,
mosterd en blitzer... en daar is jou eie mayo...
jy kan dan byvoeg na smaak wat jy wil**.




TUISGEMAAKTE VETVRYE MAYONNAISE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/mayonnaise-tuisgemaak.html
Hannalie Kitshoff
.

Bestanddele
375g vetvrye Bulgaarse joghurt

1 eetlepel Dijon-mosterd
1 teelepel bruinasyn
1 teelepel gemengde kruie
sout en peper na smaak


Metode
Meng alles goed saam.
Jy kan dit tot 5 dae in die yskas hou.
Gebruik dit as 'n doopsous of net as gewonde mayonnaise.
Dit is ideaal vir mense wat gewig wil verloor.
Voeg 1g versoeter by as jy dit soet wil hê 4/2/12**.

TUISGEMAAKTE MAYONNAISE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/mayonnaise-tuisgemaak.html

2/3 kop kondensmelk
1/4 kop asyn of suurlemoensap
1/4 kop olie of gesmelte botter
1 eiergeel
1/2 tl sout
'n Klein bietjie rooipeper
1tl droe mosterdpoeier
Plaas alles in mengbak - klits tot mengsel dik word.
Indien 'n dikker mengsel verlang, plaas in die yskas voor opdiening.
Maak 1 1/4 kop mayonaise.
Bron: Hartpaadjies Die vroue aksie - Groblersdal 1980 *

Henriette Wessels

Helena Kruger
YOGURT MAYONNAISE
• 1 tablespoon dry mustard
• 1 tablespoon sugar
• 1 teaspoon salt
• 1/4 teaspoon Dijon mustard
• 3 1/4 cups yogurt
1. Combine all the ingredients in a large bowl and mix gently by hand until just combined
2. Don not over-mix! (Mayonnaise will separate.) Pour into a jar.

2. Cover tightly and refrigerate up to 1 week. *

Tina De Welzim-Wewege
TUISGEMAAKTE MAYONNAISE
2ml mostert,
5ml suiker,
2ml sout,
250ml kookolie.
Meng alles behalwe olie. Sit in voedselverwerker.Gooi olie stadig by,drupsgewys.
Daar is dit jou eie mayonaise
NOTA:  Bietjie suurlemoensap of asyn kan ook bygevoeg word,

Dis mý mayonnaise

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/mayonnaise-tuisgemaak.html
Tuisgemaakte mayonnaise maak ‘n heerlike verskil aan alledaagse kos – en dis glad nie so moeilik om te maak nie – of jy dit nou per hand of met ‘n masjien doen.
Mayonnaise met die hand
Vir ‘n enkele ete kan jy die mayonnaise met net een eiergeel maak. Jy kan egter ook die resep met gemak verdubbel as jy meer as vier persone het wat gaan eet.
Kry ‘n klein mengbak – glas werk die beste – en sit dit op ‘n vadoek neer dat dit nie rondbeweeg terwyl jy klits nie.
Gooi ‘n halfkoppie (125 ml) sonneblomolie in ‘n maatbeker wat maklik gooi.
Gooi dan een eiergeel in jou glasbak. Sprinkel met sout en 1 ml Engelse mosterdpoeier.
Gebruik ‘n draadklitser om dit deeglik te meng. Voeg dan druppel vir druppel die olie by en klits elke keer dat dit ingemeng is.
Gooi geleidelik bietjie meer olie by, maar meng elke keer goed.
Wanneer jy halfpad deur die olie is, voeg ongeveer 5 ml witasyn by die mayonnaise. Nou kan jy die olie vinniger in ‘n ligte straal begin byvoeg, terwyl jy nog heelpad klits.
As al die olie ingeklits is, kan jy net die mayonnaise geur. Gekoopte mayonnaise proe heelwat anders en soeter as die tuisgemaakte soort. Voeg nog bietjie sout, ‘n knippie of twee suiker en nog asyn na smaak by jou mayonnaise.*.
Krisis, dit skif!

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/mayonnaise-tuisgemaak.html
Indien jou mayonnaise skif – jy sal sien dat daar olie begin vorm wat nie wil inmeng nie – moenie begin huil en dit weggooi nie.

Vat eenvoudig nog ‘n eiergeel, plaas dit in ‘n nuwe glasbak en begin dan die geskifde mengsel stadig, baie stadig byvoeg en hou dan aan met die res van jou olie. * .

Vir masjien-mayonnaise
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/mayonnaise-tuisgemaak.html
kan jy sommer ‘n heel eier gebruik.
Gooi die eier in die voedselverwerker of elektriese menger. Voeg ‘n teelepel aangemaakte mosterd by asook ‘n groot knip sout en 5 ml witasyn. Vermeng dit vinnig – onthou die voedselverwerker is baie vinniger as die elektriese menger – net ‘n paar sekondes sal doen.
Gooi dan ‘n koppie (250 ml) olie in ‘n maatbeker. Voeg dan – terwyl die motor stadig loop – die olie slukkie vir slukkie by. Wanneer die helfte van die olie in is kan jy dit in ‘n stadige stroompie verder laat inloop.*
Geur jou mayonnaise>Geur met nog asyn, ‘n knippie suiker, sout en peper na smaak.*Helena Kruger
.

No comments:

Post a Comment