Saturday, 4 May 2013

BURGERPIE




BURGERPIE

Ancoise Strydom
 my eie foto en resep
300 gr maalvleis
1 pakkie royco redwine & garlic
1 teelepel crushed garlic
Meng goed saam. Vorm 4 patties , bak en laat afkoel.

Rol n rol ready puff pastry effe dunner uit Plaas 4 patties aan onderkant eweredig , sit tamatie, mushrooms gebraai en kaas op. smeer water al om die rant van deeg tussen patties.Vou die boonste helfte deug oor patties. Druk met jou hand se sykante dit vas tussen die patties. Sny deur . Druk rant met vurk vas en Steek gaatjies met vurk en bak in 200 C oond tot mooi uitgepof en goudbruin. Min of meer 20 min 5/5/13> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/burgerpie.html




Henriette Wessels
Hier is die foto van die Hamburger pasteie wat Ancoise Strydom vir ons die idee opgesit het. Ek het gekoopte deeg gebruik, dan het ek patties vooraf gaargemaak en laat afkoel. Deeg in blokke gesny . Pak dan pattie, lekker sousie met mayonnaise, chutney en mosterd gemeng - smeer op pattie, dan 2 skywe tamatie, sout en swartpeper oor tamatie, uieringe, processed kaas blokkies. Sit jou boonste deeg blokkie oor en druk kante met die vurk toe. Bak by 200°C vir 20-25 min tot mooi goudbruin - ek gooi dan 'n barbeque spesery oor die deg as dit warm is en so bietjie Pietersielie - dis heerlik met 'n mengelslaai! My kind wil nou geen meer ander "pies" eet nie!17/5/13> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/burgerpie.html

No comments:

Post a Comment