Thursday 16 May 2013

GEMMER KOEKIES



GEMMER KOEKIES

3 x 500g Bruismeel
2 eetlepels Kremetart
2 eetlepels Koeksoda
2 eetlepels Gemmer (ek gebruik 3)
1 teelepel Sout
500g Stork Bake
500g Stroop
1kg Sagte Bruin suiker
6 Eiers.


Sif droe bestanddele. Vryf Botter in droe bestanddele. Verhit stroop en voeg bruin suiker by. Laat afkoel en voeg eiers by. Meng met droe bestanddele. Maak bolletjies en bak.
N.S> Jy maak net bolletjies, maar moenie dit plat druk nie, dit sprei self. Ek bak dit teen 180grade en kyk dan maar dat dit lekker bruin word. Party panne word bietjie bruiner gebak, want van die mense by die kerk wil graag donker koekies he. So ek kan nie vir julle 'n baktyd gee nie. My oog moet maar se wanneer dit reg is.
* Nellie Fourie

N.S>>
Bron>Huisgenoot 4 maart 1999 ingestuur deur Martha van Deventer van Witsand <Mare Nieuwoudt.  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/gemmer-koekies.html



Marinda Cilliers Nel

Moet bietjie spog :) Het vandag gemmerkoekies gebak!...>>Nellie Fourie se resep bo**









Lekker Maklike Gemmerkoekies .
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/gemmer-koekies.html
200 ml botter of margarien
250 ml stroop
5 k ongesifte koekmeel
20 ml koeksoda
20 ml kremetart
5 ml sout
50 ml fyn gemmer
625 ml bruin suiker (nie sag of growwe witsuiker nie)
3 eiers

Smelt botter en stroop in groterige kastrol oor lae hitte. Laat afkoel tot lou.
Sit meel, koeksoda, kremetart, gemmer en sout saam.
Voeg eiers by stroopmengsel en roer tot gemeng.
Gooi suiker oor en meng tot suiker net nat is. (Moenie smelt nie).
Gooi gesifte bestanddele by. Meng goed. Laat staat ± 2 uur. Maak bolletjies. Druk effens plat. Bak 10-12 min by 180°C.
Geskryf deur Nannie Theron – Maklike resepte



 



Chane Marais.
 
Het nou die Bobaas Gemmer koekie resep wat ek op die blad gesien het gemaak. Dis n baie lekker resep.*09/08/2015

(Die persoon wat die resep vir gemmerkoekies destyds ingestuur het na Huisgenoot, sê dis soos sy dié koekies onthou van haar kleintyd. Lekker bros met so effense taaierigheid in die middel. Hier is die resep, ek halveer gewoontlik, maar dit raak so gou opge-eet dat mens liewers maar aanmaak soos in resep. -


BOBAAS-GEMMERKOEKIES
3 pakke (500g elk) bruismeel
30 ml (2e) kremetart
30 ml (2e) koeksoda
30 ml (2e) fyn gemmer
5 ml (1t) sout
500g botter of margarine
500 g gouestroop
1 Kg sagte bruinsuiker
6 eiers, geklits


METODE:
Voorverhit die oond tot 180°C en bespuit n aantal bakplate met kleefwerende kossproei of smeer liggies met botter. Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter in die meelmengsel in. Verhit die gouestroop tot loperig en roer die bruinsuiker in. Roer tot effens opgelos en laat effens afkoel. Klits die eiers by en voeg by die droë bestanddele. Meng baie goed en vorm okkerneutgrootte bolletjies. Plaas op die bakplate en druk effens plat met die vingers. (‘n Garetolletjie werk ook baie goed.)
Bak ongeveer 12-15 minute tot goudbruin. Laat effens op die bakplate afkoel, verwyder en laat verder op ‘n draadrakkie afkoel tot koud. Voer koekblikke met waspapier uit en bêre koekies daarin. Maak dig toe en bêre op n koel plek.
Lewer ongeveer 300 koekies.
Huisgenoot 4 Maart 1999

Geplaas deur: (Maré Nieuwoudt)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/gemmer-koekies.html


GEMMERKOEKIES

500 g margarien
1 kg geelsuiker
5 eiers
500 g goue stroop
1,5 kg koekmeel
15-20 g koeksoda
15-20 g kremetart
50 ml fyn gemmer
5 ml sout
Metode:
1. Room margarien en suiker.
2. Voeg eiers een vir een by.
3. Voeg stroop by.
4. Meng droë bestandele saam.
5. Voeg droë bestandele by margarien mengsel.
6. Los oornag in yskas.
7. Maak balletjies - druk met vurk plat.
8. Bak 180-200 *C>> maak barsies waar gedruk is met vurk.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/gemmer-koekies.html


Helena Kruger
GEMMERKOEKIE RESEP
Bestanddele
8 k (1kg) meelblom
250 g botter
1 k suiker
1 eier
500 g goue stroop
4 t fyn gemmer
3/4 e koeksoda [ 3kwart]
1/2 k melk
1/2 t sout
Metode
1. Klop die botter en saam tot dit goed gemeng is. Voeg die eier en die melk by en meng deeglik
2. Voeg die goue stroop by
3. Sif die meelblom, die koeksoda en gemmer saam. Voeg dit om die beurt met die melk by die bottermengsel
4. Meng alles goed saam en knie tot dit 'n gladdy stywe deeg vorm
5. Vorm balletjies so groot soos okkerneute en druk hulle met die duim effens plat op 'n gesmeerde bakplaat
6. Bak 8 tot 10 minute in 'n matige oond 180 grade C (350 grade F)
Hierdie resep is voldoende vir omtrent 10 dosyn koekies

Marieta van Bladeren 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/gemmer-koekies.html



Baie lekker Gingernuts
1kg meel
500g stroop
500g suiker
500g margarien
250g pinhead oatmeal
1 blik kondensmelk
1 eetlepel koeksoda
1 eetlepel gemengde speserye
1 eetlepel gemmer
Meng alles.
Rol in bolletjies.
Bak by 180 grade vir 12-15 minute.
Familie resep
 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/gemmer-koekies.html




GEMMERKOEKIES
Ena Erasmus
 (sowat 40 koekies)
280 g (500 ml) koekmeel
420 g (250 ml) strooisuiker
2,5 ml koeksoda
5 ml kaneel
knippie sout
10 ml fyn gemmer
125 g (135 ml) botter (by kamertemperatuur)
1 eier
5 ml gouestroop
Verhit oond tot 180 °C en sit die oondrak op die middelste rak. Sif meel, strooisuiker, koeksoda, kaneel, sout en gemmer saam. Vryf botter in met jou hande tot dit soos broodkrummels lyk. Klits eier en gouestroop saam. Meng met droë bestanddele tot dit 'n deeg vorm. Dit gaan vir jou lyk of dit nooit 'n deeg gaan vorm nie, maar dit sál. Vorm klein balletjies en pak op 'n bakplaat wat uitgevoer en gesmeer is. Plaas die koekies 'n entjie uit mekaar, want hulle gaan plat rys. Bak vir sowat 15 minute. Haal uit die oond en maak die koekies los van die bakplaat. Laat op die
bakplaat afkoel.
.Wenk: As jou oond geneig is om koekies onder te laat aanbrand, sit 'n tweede bakplaat onder die een met die koekies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/gemmer-koekies.html







KLAPPER GEMMERKOEKIES 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/gemmer-koekies.html

Oond 180°C.                           

Klits saam:
driekwart k botter,
1 en halwe k suiker en
1 groot eier.
Voeg by: 2 E fyn appelkooskonfyt en
1 E asyn, klits deur,
roer vlg by: 

3 k bruismeel,
1/4 tlp sout,
1 t koeksoda,
1 t kremetart,
1 E fyn gemmer en
1 k klapper.

Maak deeg aan en laat rus vir ‘n uur. Smeer plat oond-bakplaat en rol deeg in balletjies, pak in bakplaat en druk effe platter met die dik deel van jou handpalm, onder jou duim. Bak vir 20-25 min tot goudbruin en gaar. Koel af op draadrakkie en pak in lugdigte houer.
Bron: Radio Namakwaland
Plasing: Henriette Wessels 


GEMMERBROODMANNETJIES
Deur ARINA DU PLESSIS
Landbouweekblad
125 g botter
125 ml (½ k) gouestroop
1 eier
875 ml (3¼ k) koekmeel
180 ml (3/4 k) suiker
5 ml (1 t) bakpoeier
3 ml (½ t) koeksoda
5 ml (1 t) gemengde speserye
10 ml (2 t) fyn gemmer
30 ml (2 E) melk
Smelt botter en stroop saam. Verwyder van hitte en klits eier by. Voeg dit by die droë bestanddele saam met die melk. Maak aan tot ’n ferm deeg. Verkoel vir sowat 20 minute. Voorverhit oond tot 180 °C en voer bakplate met bakpapier uit.
Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en druk mannetjies uit. Bak vir 10-15 minute tot goudbruin en gaar. Laat ’n paar minute lank op die bakplaat afkoel en sit dan op ’n draadrak om verder af te koel. Versier en bêre in ’n lugdigte houer.
Lewer 50 mannetjies. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/gemmer-koekies.html

VERSIERSEL
Om die mannnetjies te versier het jy 
1 eierwit, 
375ml versiersuiker en 
 voedselkleursel nodig. 

Klop die eierwit ligweg en voeg die versiersuiker bietjie vir bietjie by. Meng goed.Voeg die voedselkleursel vir versiering by. Versier die beskuitjies met versiersuiker, rosyntjies, Smarties, kersies en sjokoladekorrels *
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/gemmer-koekies.html

No comments:

Post a Comment