Wednesday 15 May 2013

GROENTE POFFERTJIES





GROENTE POFFERTJIES
 crumpets of muffins
Ancoise Strydom


Met die nuwe green juice storm waarin ek my bevind het ek die volgende resep ontwikkel om met die groente pulp te maak!
4 koppies groentepulp
3 koppies bruismeel
Halwe koppie olyf olie
2 koppies melk
15 ml bakpoeier
3 eiers
2 pakkies sour cream and chives patatobake
Klits eiers en melk
Meng meel en bakpoeier en 2 pakkies patato bake voeg die pulp en meel bymekaar meng goed en voeg die melk mengsel by alles roer deur en skep in muffin panne . Bak 35 min by 180C . Of bak lepelsvol in kookolie. Gooi aromat oor..jy kan selfs griente crumpets daarmee bak op jou elektriese braaipan. Dis sommer heerlik anders.

GROENTEPOFFERTJIES

(17 poffertjies)
Kan by enige maaltyd of as ligte versnapering voorgesit word.
375ml meelblom
10ml bakpoeier
5ml sout
2 ekstra groot eiers
125ml melk
500g bevrore groenboontjies, ontdooi en net sag gekook
6 stingeluie in ringe of 1 klein ui gekap
1 tamatie in blokkies gesny
Basiliekruid
Rooipeper
Olie om n te braai
Metode:
Sif die droë bestandele saam.
Klits die eiers en melk saam en voeg by die droe bestandele en meng goed.
Voeg die boontjies, uie en tamatie by en geur na smaak met basiliekruid en rooipeper.
Meng goed.
Giet genoeg olie in ‘n kastrol om die poffertjies in diep olie te braai. Skep lepelsvol van die beslag in die warm olie en braai tot bruin buite en gaar binne.
Pasop dat olie nie te warm word nie, dan gaan jou poffers rou wees binne in en te donket buite.
Dreineer op handdoekpapier.
VARIASIE: Jy kan enige ander groente gebruik*Wenresepte 2*Henriette Wessels

No comments:

Post a Comment