Wednesday, 15 May 2013
SLAPPAP POFFERTJIES
SLAPPAP POFFERTJIES
Alet Erasmus
100 ml mieliemeel
500 ml water
Meng en kook vir 15 – 20 minute oor lae hitte. Roer gereeld.
Laat afkoel
Voeg nou 1 geklitste eier by die afgekoelde slap mieliepap.
Sif 250 ml bruismeel,
2 ml mostertpoeier,
2 ml sout
Knippie rooipeper saam en voeg by die afgekoelde papbeslag.
Roer nou 125 ml gerasperde cheddarkaas by die beslag.
Skep nou versigtig desertlepel vol deegbeslag in die warm olie en braai die poffertjies sodat dit aan beide kante mooi bruin is.
Skep uit op kombuispapier en bestrooi terwyl nog louwarm met bekende geelsout.
Die poffertjies is ‘n heerlike versnapering vir ‘n soutbord en baie maklik om te maak.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment