Wednesday 15 May 2013

RYSPOEDINGS



LEMOEN RYSPOEDING 
skil van 1 lemoen
500 ml (2 k) water

15 ml (1 e) botter
250 ml (1 k) Arborio-rys
250 ml (1 k) melk
125 ml (½ k) strooisuiker

2 kaneelstokke
125 ml (½ k) mascarpone-kaas

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
fyn kaneel vir garnering

Meng die lemoenskil, water en botter in ’n pot en bring tot kookpunt.
Voeg die rys by en bring weer tot kookpunt.
Verminder die hitte en laat prut 15
minute tot die water ingetrek het.

Bring die melk, suiker en kaneelstokke in ’n ander pot tot kookpunt.
Voeg die gekookte rys by en laat prut 15 minute oor lae hitte terwyl jy roer of tot die vloeistof geabsorbeer is.

Roer die mascarpone-kaas en die vanielje-ekstrak in.

Laat die poeding afkoel, bedek en verkoel ’n uur.
Bestrooi met fyn kaneel voor jy dit voorsit.

Bron: Hope Malau
Plasing: Henriette Wessels
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/ryspoedings.html


 

                                                              Foto>Google

Outydse Ryspoeding

Elda Lombard 
500ml gaar rys, baie sag gekook
700ml melk
125ml suiker
2 eiers, geskei
5ml vanillageursel
125ml pitlose rosyne
30ml strooisuiker


Metode
Voorverhit die oond tot 180°C.
Verhit die rys, melk en suiker saam tot kookpunt en kook totdat die mengsel verdik.
Klits die eiergele en vanillageursel liggies saam.
Voeg 30 – 45ml van die warm rysmengsel by die eiergeelmengsel terwyl goed geroer word. Die eiermengsel moet nie te vinnig verhit word nie.
Voeg nou die eiermengsel by die rys en laat dit ‘n minuut lank kook.
Verwyder van die stoof en voeg die rosyne by.
Skep dit in ‘n gesmeerde oondskottel.
Klits die eierwitte styf.
Klits die strooisuiker geleidelik by totdat die eierwitmengsel stywe punte vorm.
Bedek die rysmengsel met die eierwitmengsel.
Bak ongeveer 20 minute of tot die eierwit
**http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/ryspoedings.html

No comments:

Post a Comment