Tuesday 7 May 2013

KAAS EN HAMTERT




KAAS EN HAMTERT

Bron- Die Besige Huisvrou
30 ml botter
30 ml koekmeel

10 ml gegeurde seesout

'n knippie rooipeper

5 ml droë mosterd
375 ml karringmelk 250 g ham, of weense worsies in dun repies
250 ml cheddar kaas,grof gerasper

30 ml fyn gekapte pietersielie
3 eiers, geklits
Pasteideeg

Bak die pasteideeg 10 minute sonder vulsel by 220 C.
Verhit die oond tot 180 C.
Meng die botter, meel, sout, rooipeper en mosterd oor lae hitte.
Roer die karringmelk by en meng glad.
Roer en kook 2 minute, verwyder van die hitte.
Laat effens afkoel.
Roer die ander bestanddele by.
Skep die vulsel in die vooraf gebakte pasteikors.
Bak 45 minute tot mooi bruin en pofferig*
Linda Venter* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/kaas-en-hamtert.html

No comments:

Post a Comment