Saturday 4 May 2013

KLUITJIES OP VLEISGEREGTE / DUMPLINGS






BOERE DUMPLINGS                         

2 t Kitsgis
3 tlp Suiker
1 ½ tlp Sout
± 250 - 300ml Water.
Meng die bestanddele (as jy 'n menger het sommer daarmee), maak toe met plastiek en laat rys terwyl jou vleis gaar word.
Die laaste 20min, sit jou klein bolletjies op die vleis en maak die pot toe. MOENIE die pot oopmaak voor die tyd om is nie. En daar's hy!! 
OF GERBUIK GEKOOPTE BROODDEEG!
Geplaas deur: Dalene Brits



DUMPLINGS
60ml botter,
7ml bakpoeier,
2ml sout,
2ml kruie enige gemengde kruie of pietersielie,
60ml melk,

Gooi al die droee bestanddele in 'n bak, sit die botter by en vryf dit in met jou vingerpunte, wanneer als mooi gemeng is gooi die melk by, vou die bestanddele saam tot deeg vorm, moet dit nie oormeng nie, rol in balletjies van jou keuse, sit die balletjies in jou stew, sit deksel op en laat prut vir 15min, moenie die deksel oplig tot die 15min verby is nie, en siedaar heerlike dumplings Leonie Havenga 
N.S>
STEW
Hi Valerie, semi gaar want die dumpling kook 15min, anders gaan jou aartapples en groente te pap wees  ek braai my uie en vleis vinnig tot effe gaar dan sit ek my groente en aartappels by, kook dit dan als op die vinnigste hitte vir 5min, gooi al my souse sout en so aan by, sit die dumplings in en maak toe vir 15min, dan is al my goedjies gaar en sag, ek skep dan my dumplings uit en maak die sous dik as dit te loperig is, hoop dit help




Helena Kruger
KLUITJIES OP POTJIES
5 ml sout,
30 ml botter,
10 ml gekapte pietersielie,
water om te meng.
Sif meel en sout, vryf botter in, voeg pietersielie by en maak aan met water om sagte deeg te maak wat jy kan skep. Skep lepelsvol op potjiekos, sit deksel op en prut 30 min sonder om deksel te lig.  Lena 14/03/10





*************************************************************************


Hier het ek die resep gemaak heerlik**in my Slow Cooker vir 20min.Helena Kruger >19/05/2015

DUMPLINGS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/kluitjies-op-vleisgeregte.html
So so maklik!
2kop. koekmeel.
4 tl bakpoeier.
Bietjie sout.
Meng mt water tot stywerige slap deeg.
Skep lepels vol op kokende gaar bredie.
Bedek al die sous bo op.....maak seker daar is lekker baie sous...
Bedek en kook medium 15min met deksel op.
Moeni eoopmaak ni! Whallah....geniet ...lekker eet.
**Lock AndreAmanda
*




En so lyk die DUMPLINGS **Lekker Fluffy**>Helena




************************************************************************

DUMPLINGS

Petra Vorster en almal wat dumplings op vleis resep soek. Hierdie resep word gereeld deur my gebruik en dit is so lig en maklik.
250ml koekmeel
10ml Bakpoeier
1ml Sout
12,5ml botter (margarine)
175ml melk
1. Sif droë bestandele saam, vryf die smeer in en sny vloeistof in met 'n slaplemmes. (Ek meng dit sommer met 'n gewone lepel)
2. Jy kan vloeistof byvoeg indien die beslag te styf is. (Beslag kan eerder te slap wees as te styf.)
3. Doop 'n lepel in die vleissous of sommer net enige water en skep lepels vol op jou sop of vleis.
4. Sit die deksel op en laat 10 na 15 min lank stadig kook. Moenie oopmaak voor daar nie ten minste 10 min verstreke is nie. (Ek laat dit altyd 15min kook.)Pulane Alcock IN EN OM DIE HUIS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/kluitjies-op-vleisgeregte.html

KLUITJIES

250 ml (1 k) koekmeel
7 ml (1½ t) bakpoeier
2 ml (½ t)sout
60 g STORK BAKE, in blokkies gesny
10 ml (2 t) droë pietersielie
60-80 ml (¼-1⁄3 k) melk
Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Vryf die STORK BAKE met die vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk.
Voeg die pietersielie by en net genoeg melk om ’n sagte deeg te vorm.
Skep eetlepels vol deeg in die potjie en bedek.
Laat minstens 15 minute prut sonder om die deksel op te lig tot die kluitjies gaar is. (’n Mes moet skoon uit die middel kom.)
Bron: Huisgenoot Resepte* 
Henriette Wessels 




Elsabe Gresse
Ek vat net n 500g selfraising en 1k water en 1t sout. Meng dit en skep oor jou vleis. Baiiiieee lekker


Moira Botha Dyer


Ek maak my vleis, speserye en sls wat jy wil insit so amper gaar dan vast ek van die sous uit sit dit in 'n pyrex bak en vat dan ,souspoeier van jou keuse meng dit met vleissous en maak solank warm in oond terwyl jy jou kluitjies aanmaak. Kluitjies:1Kop meel, 7ml bakpoeier,2ml sout,60g botter &125ml water. Meng alles baie goed en plaas lepelsvol versigtig in die bak (haal bak eers uit oond) stel oond so 200g sodat dit in die sous kook-bak. Toets of gaar en bedien saam met vleisgereg.

No comments:

Post a Comment