Friday 3 May 2013

ONDERSTEBO PYNAPPELKOEK



ONDERSTEBO PYNAPPEL KOEK
Lewer 1 Groot Koek
Bolaag:
60 g Botter
125 g Bruinsuiker
1 blik (440g) Pynappelringe gedreineer maar behou stroop
7 Rooi Glanskersies
Koek:
500ml Bruismeel
500 ml Suiker
knippie sout
125g botter
4 eiers
15ml Vanieljegeursel
Voorverhit die oond tot 180°C.
Smeer 'n koekpan van 24cm of spuit met kossproei.
Voer uit met 'n lagie tinfoil.
Bolaag
Metode -
Sny die botter in klein stukkies en plaas in die koekpan.
Plaas in die oond en smelt die botter
Verwyder uit die oond en sprinkel die bruinsuiker oor die gesmelte botter.
Roer tot goed gemeng.
Rangskik die pynappelringe bo-oop die bottermengsel.Pak die kersies binne-in elk van die pynappelgaatjies.
Hou eenkant
Koek Metode-
Sif die bruismeel en voeg die suiker en sout by.
Smelt die botter en klits die eier en vanieljegeursel by.
Voeg die bruismeel mengsel by die botter mengsel en meng goed.
Giet die pynappelstroop wat in die blikkie oorgebly het by en meng deur.
Giet die beslag versigtig in die koekpan en bak sowat 55 minute of tot gaar.
Laat 5 minute afkoel. Keer om op 'n dienbord en trek die foelie af.
Sit louwarm voor.
Bron: Debbie van Zyl vir Huisgenoot 100 beste Resepte**Henriette Wessels

No comments:

Post a Comment