Friday 3 May 2013

SJOKOLADE LASAGANE




SJOKOLADE LASAGNE

[SUSAN SE]
2 pakkies Oreo-koekies, sonder die vulsel
2 pakkies kits sjokolade poeding 1 koppie room 1 teelepel suiker 1 bakkie gladde maaskaas ¼ koppie melk 6 eetlepels botter sjokoladesplinters METODE Maak die koekes fyn deur dit in die plastieksak te sit en met 'n koekroller daaroor te rol. Smelt die botter en meng met die krummels. Maak 'n kors daarmee in 'n tertbak. Meng die maaskaas met die melk sodat dit sagter word en sit bo-op kors in tertbak. Maak die sjokoladepoeding aan volgens die aanwysings, maar sit 50ml minder melk of water by. Plaas bo-op maaskaas. Klits room en suiker tot styf. Bedek die sjokolade daarmee en sprinkel die sjokoladesplinters oor. Plaas in yskas vir 'n uur, en smul! Bron: RSG Resepte Plasing: Henriette Wessels

No comments:

Post a Comment