Friday, 10 May 2013

PASTA EN MAALVLEIS GEREG





PASTA en MAALVLEIS GEREG
Hier het ek sommer n PASTA en MAALVLEIS GEREG gemaak in die Slow-Cooker..Maalvleis lekker gebraai met uie en tamatiepaste...Pasta eenkant klaar gekook...Blikkie Chicpeas oopgemaak en dit in lae gepak [sout en peper]
Pasta Maalvleis Tamatieskywe Gerasperde Kaas Chicpeas Laaste kaas en n lekker dun witsous gemaak en 2 eiers ingeklits en dadelik oor alles gegooi en op High gesit vir so 1h en afgestel na Med. vir nog 1h ..dit was Heerlik..Vinnig en n lekker potvol..Net n slaai daarby was genoeg Helena Kruger*9/5/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/pasta-en-maalvleis-gereg.html





MAALVLEIS EN PASTA GEREG
Braai maalvleis lekkerbruin met uie [hier kan jy enige gevriesde groente byvoeg]
Kook macaroni sag
Meng 1 hoenderblokkie en 1 pakkie Tomato Pasta met 2k warm water
Smeer Slow Cooker pot met lekker botter en pak lae van vleis, macaroni sout en peper
Gooi warmwater mengsel bo-oor en drizzel n bietjie Sweer-chilli sous bo-oor en stel op High vir 1h..
N.S.>Na 1h stel op Low vir nog 30min.en voeg nog n bietjie water oor net vir n lekker sousie[ as hy reg lyk los dan uit}*Helena Kruger27/6/13

.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/pasta-en-maalvleis-gereg.html


No comments:

Post a Comment