Saturday, 18 May 2013

WEETBIX POEDING

WEETBIX-POEDING
Maré Nieuwoudt
6 weetbix-koekies, in lengte deurgesny
60 ml (1/4) fyn appelkooskonfyt
250 ml (1k) piesangmoes of enige ander dik vrugtemoes
125 ml (1/2k) fyn gekapte neute
3 ekstra-groot eiers, geskei
30 ml (2e) witsuiker
1 liter verhitte melk
1 ml (1/4t) sout
60 ml (4e) strooisuiker
METODE:
Voorverhit oond tot 180°C en smeer n langwerpige oondbak met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Smeer elke deurgesnyde Weet-bixkoekie met appelkooskonfyt.
Pak in voorbereide bak. Smeer piesangmoes oor en sprinkle neute bo-op.
Klits eiergele goed met suiker en sout tot lig en giet warm melk geleidelik by.
Giet mengsel oor en laat staan 10 minute. Bak 30-45 minute lank. Klits eierwitte tot stywe punte vorm en klits strooisuiker lepels-gewys by.
Skep op warm poeding en bak nog 15 minute tot ligbruin.
Bedien warm met vla.
Genoeg vir 6-8 mense.
Huisgenoot wenresepte(eetsaam) 30 AUGUSTUS 2001.
* Marlene Niemann

No comments:

Post a Comment