Saturday 29 June 2013

HELENA SE FRIKKADELLE



HELENA SE FRIKKADELLE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/06/helena-se-frikkadelle.html


Baie lekker resep!!Jy kan n aartappel ook grof rasper en dit by sit of n
handvol gaar rys dit rek die vleisie so bietjie.
FRIKKADELLE
1 kg maalvleis.
1 ui fyngerasper.
1 aartappel, fyngerasper [as jy wil]
1/2 k  Koekmeel [miskien bietjie meer kyk net ]
2 eiers.
2 eetl. tamatiesous.
2 eet. worcestersous.
2 eetl. bladjang.
1 tl. sout.[na smaak]
bietjie peper
bietjie tiemie

Metode:
Meng alles goed. .
Ek kook myne op die stoof in n bietjie water met 1 hoenderblokkie in opgelos[so die helfte teen jou balletjie op] dan maak dit n baie lekker sousie pasop dit brand stadig kook>15min...maak elke balletjie los met n lepel van jou kastrol se bodem sodra jou sousie begin kook dan sit dit nie vas nie
N.S.Rol eers jou balletjies in skoon koekmeel voor jy dit in die kastrol of pan op die stoof plaas dan is dit baie lekker] O ja en moenie die balletjies te styf rol nie lekker groot losserige balle is baie lekker..  Helena Kruger*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*29/6/13

N.S>Jy kan 1 pakkie tomato paste inroer in jou watermengsel*

 



 




 






No comments:

Post a Comment