Thursday 6 June 2013

HOENDERLEWER PATEE


HOENDERLEWER PATEE

Lunette Van Zyl {foto}
 Helena, ek het die tiemie met roosmaryn vervang, die room uit gelaat en ook so 2 skeute balsamiek asyn bygevoeg. Heerlik! En natuurlik vries patees mos lekker so ek het nog oor vir n ander dag!5/6/13

Hoenderlewerpatee
Deur Barbara Joubert
Kap 1 ui baie fyn. Smelt 30 ml botter in ’n pan en voeg gekapte ui en 2 fyngekapte knoffelhuisies by. Braai oor lae hitte tot sag en deurskynend. Voeg 500 g hoenderlewertjies, blaartjies van 2 vars tiemietakkies by, geur met sout en peper en braai vir nog sowat 10 minute tot die lewertjies nog effe pienk in die middel is. Voeg 25 ml brandewyn by en braai vir nog 1 minuut. Laat vir so 10 minute afkoel en kap baie fyn in voedselverwerker. Voeg 250 ml room by en meng goed. Geur weer indien nodig. Skep uit in bakkies of een bak. Smelt 100 g botter, gooi bo-op en verkoel in yskas tot hard. Die geur verbeter oornag. Garneer met tiemietakkies.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/hoenderlewer-patee.html 


HOENDERLEWERSMEER  
(ongeveer 200ml)GLUTEN VRY
50ml margarine
1 klein ui, gerasper
250g hoenderlewers, gewas en in stukkies gesny
1 lourierblaar
10ml witasyn
Sout en peper na smaak
Verhit die margarine, roer braai die ui tot deurskynend. Voeg die hoenderlewerstukkies en lourierblaar by en roer braai oor lae hitte tot net gaar. Verwyder die lourierblaar en verwerk die gaar mengsel in die voedselverwerker. Voeg die asyn, sout en peper na smaak by. Skep die lewersmeer in ‘n bakkie, bedek en verkoel voor gebruik..http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/hoenderlewer-patee.html

     

Hoenderlewerpatee
.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/hoenderlewer-patee.html

Hierdie patee is ryk en vullend en ideaal vir ingepakte middagetes en pieknieks. Sorg dat jy vars lewer gebruik – dit moet glansend wees – en week dit in melk om van enige bitter smaak ontslae te raak.

500 g hoenderlewer, skoongemaak
200 ml (¾ k) melk
125 ml (½ k) olyfolie
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
3 repe spekvleis, gekap
15 ml (1 e) vars tiemieblare
30 ml (2 e) brandewyn (opsioneel)
15 ml (1 e) water
sout en peper
7,5 ml (½ e) balsemieke asyn
200 g ongesoute botter, gekap
60 g ongesoute botter, gesmelt
ekstra tiemie vir garneer
  1. Plaas die hoenderlewer in ’n bak, bedek met die melk en verkoel terwyl jy die oorblywende bestanddele voorberei.
  2. Verhit 15 ml (1 e) van die olyfolie in ’n groot braaipan oor matige hitte. Voeg die uie, knoffel en spekvleis by en braai terwyl jy dikwels roer 12 minute of tot die uie gekarameliseer het.
  3. Meng die tiemie in, en dan die brandewyn (indien gebruik) en water, terwyl jy roer om die pan los te kook. Verplaas die mengsel na ’n bak.
  4. Vee die pan skoon, voeg die oorblywende olie in en verhit oor hoë hitte. Dreineer die lewer en tik dit met papierhanddoeke droog. Braai dit dan in die verhitte olie 5 minute aan ’n kant tot bruin en effens bros, maar nog pienk binne.
  5. Voeg by die bak met die uiemengsel en geur goed met sout en peper.
  6. Plaas die pan terug op die hitte, voeg die asyn by, gee dit ’n draai om die pan los te kook, en skraap dan die sappe in die bak.
  7. Puree die mengsel in ’n verwerker tot fyn. Voeg die gekapte botter by en puree tot goed ingemeng.
  8. Skep in 4 ramekins en giet dan ’n dun laag gesmelte botter bo-oor om te verseël.
  9. Bedek en verkoel. Dit sal tot 5 dae in die yskas hou. Sit voor met vars tiemie oor gestrooi as garneersel.

HOENDERLEWER PATEE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/hoenderlewer-patee.html
500g hoenderlewers.
Teelepel knoffel,
1 medium fyn gekapte ui.
1/4 koppie witwyn,
1 tot brandewyn,
1 houer room,
knippie roosmaryn.
1 eetlepel gelatine gemeng met 1/4 koppie warm water.
Braai uie en knoffel in pan in botter of olie.
Voeg lewers, sout en peper en roosmaryn by en braai ook.
Sodra lewers begin styf en gaar word, voeg witwyn en brandewyn by en prut vir so 2 minute.
Haal van stoof af en laat bietjie afkoel.
Plaas lewers in liquidiser, voeg roomby.
Nou ja ... hierso gooi ek weer n splash (2 eetlepels) wyn ook weer by (as ek dit nie gedink het terwyl ek kook nie lol).
Gooi ook gesmelte gelatine by.
Liquidise goed.
Plaas in gesmeerde mould.
Plaas in yskas om te stol.
Bitter lekker. Sorry woolworths ... Die een is beter. . Cannot flop !
**Sandra Riley Hattingh
**

Nouja hier was my KERSETE SE VOORGEREG**Die boonste resep...25/12/2014
HOENDERLEWER PATEE

  


No comments:

Post a Comment