Tuesday 23 July 2013

STOKBROOD



                                                             

STOKBROOD MET GEBRAAIDE WORS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/07/stokbrood.html

[Deur Barbara Joubert & Herman Lensing,
SARIE KOS
Dié een is lekker kampvuurkos, en die kinders sal dit ook geniet om te maak.
(6 PORSIES)
1 kg winkeldeeg
1 hand vol koekmeel vir uitrol
6 dik stokke van sowat 1 m lank (kyk by ysterwarewinkels vir lekker stokke)
500 g boerewors
tamatiesous van jou keuse vir voorsit
Verdeel deeg in 6 groot stukke. Sprinkel ’n dun lagie meel oor die werkoppervlak en rol elke bal met jou handpalms in ’n lang wors van sowat 30 cm lank uit. Rol elke stok ook in koekmeel. Draai deeg in ’n spiraal rondom die punt van elke stok en maak seker jy druk die punt goed vas. Braai die stokbrood sowat 30 cm van jou warm kole tot dit goudbruin en gaar is – sowat 25 minute. Terwyl die brood braai, plaas jy die wors in ’n toeklaprooster en braai tot gaar – sowat 10 minute. Trek gaar brood van die stokke af en plaas wors binne-in elke brood. Sit voor met tamatiesous.Berie*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*  >Foto>Weg Sleep>


No comments:

Post a Comment