Thursday 4 July 2013

TUNA EN GEROOKTE MOSSEL PIE




TUNA EN GEROOKTE MOSSEL PIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/tuna-en-gerookte-mossel-pie.html
*My verwerking *
2 Blikkies tuna[gedreineer]
3 eiers
¼ k Vars Pietersielie gekerf[of 1e droe]
½ k Uie gekerf
1Blikkie Gerookte Mossels[ of 2]
1/3 k Mayonaise [80ml]
2 Hotdog buns[of 3 snye wit brood]
375 ml Melk
1 Russian worsie baie fyn gekerf
30 ml Meelblom
80 ml Mayonnaise

sout en peper na smaak
botter
Knippie rooipeper
2k gerasperde kaas

Klits eier, meel en melk en meng al die
bestandelle behalwe die botter
Gooi uit in gemeerde bak en stip met so 4 klontjies botter ..nie te veel nie
Bak by 180-200*C vir +- 45 min tot mooi gaar en gestol
Bedien met n lekker groenslaai*Helena Kruger*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*5/7/13



VJs Guest House
 Helena wat van verskillende kleure peppers en cherries tomaties vooraf gebraai in 'n pan in olyf olie met Ina Paarman se olyf kruie gegeur. voeg bo - oor vir kleur en smaak!! Net 'n voorstel!


Maak aartappel voor die tyd gaar, skil af, sny in skywe, sprei die pan met spray and cook. plaas aartappel skywe, dan tuna+ en mossels, dan die gebraaide peppers en cherrie tomato's. Kliks die 3 eiers, voeg bakpoeier by en klits! gooi nou bo - oor- bak teen 180 grade, na 5 - 7 min, verander die hitte na grill, hou nou dop tot goed uitgerys en begin verkleur!! vat die pannetjies druk 'n bord teenaan, keurom na jy dit los gesny het. vat 'n 2de bord hou teenaan en keerom na die oorspronklike jy kan self besluit watter kruie jy wil by voeg ! >Bron: >dus ons uniekheid VJ"S Restro en gasthuis – Uitenhage*

No comments:

Post a Comment