Friday 2 August 2013

GALJOEN


GALJOEN
Stefaans Blaauw
Vang n Galjoen soooo, maak hom daar teen die see skoon, sny hom van die rugkant af oop en haal die binnegoed uit, sonder om die skubbe af te skraap. Pluk n paar swart mossels, pak die koelkas, en vat die pad terug binneland toe. Ek ry so 200Km weg van die see af, soek n lekker hoe plek uit waar ek die son kan sien ondergaan, maak lekker vuur,
Dan smeer ek die galoen in met suurlemoensap
Gooi suurlemoen peper oor en vis speserye, knyp in die rooster toe en laat hang so halfuur. Nou knype ek die Galjoen en swartmossels op die rooster toe.
Dan braai ek die vissie op stadige kole vleiskant ondertoe vir so 5 minute, draai die vel kant onder toe en smeer knoffel botter op die warm vleiskant. weer so 5 minute later draai ek die vleiskant ondertoe tot dit lekker donker bruin is en dan terug velkant onder.
Nou smeer ek lekker bruin brood met botter en dik APPELKOOS JAM,
Wanneer ek die rooster afhaal, gooi ek sout en peper op die mossels en bietjie knoffel botter, en geniet dit saam met die Galjoen en die brood...
Ons kyk hoe die son gaan slaap, en hoe die laaste vlammetjies doodgaan, DAN EERS pak ons op vir die laaste 150Km huis toe....*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*





No comments:

Post a Comment