Friday 2 August 2013

YSTERVARK




Stefaans Blaauw

Hier is die eerste resep wat ek met julle wil deel op versoek van een van die lede hier.

YSTERVARK RUGVEL RESEP...
vir die wat een kan kry..

Trek al die penne op die rug uit, sny die rugvel af tot op sy ribbekas aan weerskante, sit dit in kookwater vir 10 secondes, haal uit en skraap dit skoon tot dit spierwit is...Laat staan dit in bietjie soutwater oornag, en kook hom sommer in die stoompot.
Vir elke 1 Kg Rugvel gooi die volgende in..
16g sout,
2g swart peper,
2g suurlemoen peper,
en 4 g koljander.
Ek sprinkel nog so bietjie Italian herbs ook oor...en dan kook tot dit lekker sag is.
Bak hom nou in die oond tot lekker goudbruin en eet dit warm saam met n rysie en die sous wat in die pot agtergebly het met bietjie room...OF KOUD, dis die lekkerste vleisie as dit koud geeet word ook.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag 2/8/13



No comments:

Post a Comment