Monday 7 October 2013

MELKTERT MUFFINS


                                                               Foto>Lizelle de Jager
MELKTERT MUFFINS
Rene Wessels
210 g (310 ml) meel
2 t (10 ml) bakpoeier
½ t (2.5 ml) koeksoda
75 g (90 ml) suiker
5 ml kaneel
1 eier
45 g margarien, gesmelt
250 ml karringmelk of 175 g jogurt & 75 ml melk
METODE:
Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer 12 muffinhouers of –holtes met kleefwerende sproei.
Meng al die droë bestanddele in ‘n mengbak.
Klits dan die eier, gesmelte margarien en karringmelk saam in ‘n mengbak en voeg dit by die droë bestanddele. Roer net tot gemeng.
Skep eetlepelsvol deeg in elke holte. Skep ‘n hoogvol teelepel melktertvulsel in die middel van elkeen. Druk dit effens in die deeg in.
Verdeel die res van die deeg tussen die muffins om die melktertvulsel te bedek.
Bak vir 15 minute.
Vir die melktertvulsel:
250 ml melk
25 ml margarien
1 eier
60 ml suiker
25 ml meel
25 ml mielieblom
5 ml vlapoeier
2.5 ml vanieljegeursel
METODE:
Verhit die melk en margarien in ‘n klein kastrol oor lae hitte.
Klits die eier en suiker saam met ‘n vurk.
Meng die meel, mielieblom en vlapoeier saam en voeg dit by die eier-suikermengsel.
Gooi stadig die warm melk by hierdie mengsel terwyl jy voortdurend roer. Gooi dit terug in die kastrol en bring tot kookpunt. Prut vir 2 minute terwyl jy roer.
Plaas dan die kastrol se deksel op, skakel die hitte af en laat dit vir een minuut staan.
Gooi dan die vanieljegeursel by*Rene Wessels* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/melktert-muffins.html

No comments:

Post a Comment