Friday 8 November 2013

NEDERIGE WORSPOT



NEDERIGE WORSPOT:
[BOEREKOS KOOK EN GENIET]
My gesin se gunsteling pot, die is ‘n baie nederige pot.. trooskos
Bietjie kookolie vir braai
2 el botter
1 kg boerewors
500 g varkworsies
1 blikkie botterbone
3 tl koekmeelblom
3 kop aftreksel van jou keuse
 halwe kop rooi wyn
2 el tamatiepuree
1 tl mosterdpoeier
1 el worcestersous
1 tl tiemie
3 groot uie grof gekap
6 knoffelhuisies , mooi gekneus
 paar geelwortels skil af en lang “stir-fry” repies gesny
vars gemaalde swartpeper
MAAK DAN SO:
Maak bietjie kookolie in ‘n groot pot warm, braai wors aan albei kante tot mooi bruin.
 Plaas 2 el botter by, gooi uie, knoffel en wortels by.
 Potbraai vir vyf minute alles saam oor matige hitte
Maak pasta met water en koekmeelblom en gooi by worspot saam aftreksel ,
 gooi nou botterbone by, die res van die bestanddele by,
bring tot kookpunt en prut stadig vir so 5 minute.
Skep op saam kapokaartappels of lekker vars brood om al daai sousies op te skep.
By: Kos vir kampeerders met idees vir kampering* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/nederige-worspot.html

No comments:

Post a Comment