Friday 27 December 2013

GEBRUIKE VIR OORSKIET KOSSE


ALIDA SE BABELASPASTEI

BESTANDDELE
1 ui, fyngekap
oorskiet braaivleis, insluitend wors
spek (opsioneel)
oorskiet knoffelbrood
1 eier
½ - ¾ koppie melk of room (of mengsel van die twee)
Cheddarkaas
METODE
Braai die ui in botter of olyfolie.
Sny oorskietbraaivleis fyn en voeg saam met spek in pan en braai tot spek gaar is.
Sit die mengsel in 'n oondbak en plaas die snytjies knoffelbrood bo-op.
Klits die eier en voeg melk/ room by.
Giet bo-oor brood.
Rasper kaas bo-oor.
Bak teen 180 grade vir 15 tot 20 minute.
RSG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/gebruike-vir-oorskiet-kosse.html

OORSKIET BRAAIVLEIS GEVULDE AARTAPPELS   
 Oorskiet braaivleis in blokkies gesny
1 uie gekap
Gerasperde kaas
Bietjie olyfolie
Botter
Paar stukkies gebraaide spek snippers (opsioneel)
Gemengde groente – gaar gestoom (bv Country veg mix) of sommer net kool of broccoli of wortels – die keuse is joune
Sout en peper
Aartappels gaar gekook tot sag (skil aan)
Metode:
Sny vleis bv hoender, stukkies steak, stukkies skaap tjops ens in blokkies
Braai vleis stukkies en uie in olie
Gooi gaar gemengde groente in en meng deur
Sny aartappels oop
Sit bietjie botter in, sout en peper en skep die vleis en groente mengsel in aartappels
Sprinkel die kaas oor en gebraaide spek bo-op
Sprinkel net klein bietjie olyfolie bo-oor
Sit in oond tot kaas gesmelt is
DIEN DADELIK OP

Die gereg kan ook ‘n eenbak gereg wees. Kook aartappels tot gaar. Sny in helfte en pak in bakplaat – platkant na bo. Stip met botter, sout en peper. Gooi groente en vleismengsel bo-op, gerasperde kaas en spek stukkies bo-op en in die oond tot kaas gesmelt is.
Kreatiewekosidees
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/gebruike-vir-oorskiet-kosse.html

No comments:

Post a Comment